Deur : Skriba  /  October 19th, 2015

BASAAR
Indien u ouderling nog nie met basaarlys by u was nie, sal u so gaaf wees om u kontant- bydrae vir basaar elektronies oor te betaal. Bestanddele/kontant vir tafels kan by kerkkan- toor of sameroeper afgelewer word. Ons benodig die vlg (kan by die kerkkantoor afgee)
Kindertafel (Lekkers & Speelgoed): Leë tunablikkies & leë groot 1 kg Mayonnaise bottels
Ons gaan Dins 20 Okt by Die Sentrum bymekaar kom v/a 15:00 – 18:00 en goedjies maak
(voltooi) vir die basaar – almal (kinders ook) is welkom al is jy nie in ons groepie nie. Kontak gerus vir Veronica: 084 664 3895 vir meer besonderhede.
Kindertafel (Speletjies): Klein/sagte speelgoed, legkaarte en storieboeke.
Poedingtafel: Baie roomysbakke (2L).
Mannetafel: Indien u iets het wat bruikbaar is, maar wat jy self nie meer gebruik nie, skakel Nico van Zyl 084 619 5507 of gee dit by die kerkkantoor af.
Grootkoektafel: Benodig nog hande om grootkoeke te help bak – bestandele is beskikbaar indien u dit nie self kan voorsien nie. Skakel asb Tina Erasmus 0863 978 4138.

GROOTSKERM RUGBY 24 OKT: Kom kyk saam rugby op die grootskerm in Sentrum.

HOENDERBRAAI KAARTJIES: Kaartjies kan vanoggend na die erediens tot 10:30 afgehaal word by die kerkkantoor (elektronies oorbetaal) asook gedurende die week.

NIEU-BETHESDA UITREIK: Ons wil namens die uitreikspan en ds Charl en sy gesin elkeen bedank vir die bydraes, skenkings en gebede. Ons het baie seën ervaar.

SKRIBA: Elize het bedank as skriba en is nog tot 31 Des by ons. As gemeente wil ons haar bedank vir haar diens die afgelope 5 jaar in die kantoor. Aansoeke vir skriba word ingewag tot einde Okt. Navra aan Margaux Reitsma 083 444 1926. Sien ook ons webwerf.

JAARLIKSE SNR BURGER KOORFEES: Woens 21 Okt v/a 09:00 in die kerk. Toegang gratis. Kom luister na 7 kore van hele Wes-Kaap. Vir inligting – Hetta Cloete 021 873 3158.

FAMILIENUUS: Indien u ‘n bydrae vir die Familienuus wil stuur moet die artikels en foto’s asb die kerkkantoor bereik voor 23 Oktober.

NOODKAS: Tans is ons noodkas baie leeg en enige bydrae en/of kontant sal baie welkom wees. Barmhartigheidsbediening verkoop weer baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies @ R30/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

VERBLYF: Marnus & Angelique Havenga soek verblyf vanaf Des/Jan 2016. Skakel hom asb by 061 661 1005 indien u kan help.

HAM MATRIEKS: Daar is twee matrieks by Huis Andrew Murray, Erika Ferreira en Christopher Peck. Ons wil hulle graag ondersteun tydens die matriekeksamen. Wil u nie oorweeg om een “aan te neem” vir die duur van die eksamen vir ’n bietjie bederf nie? Skakel Regardo 021 873 3834 of Danie Theart 084 5172610

GESAMENTLIKE KERSSANGDIENS 2015: Die drie NG Kerke van Wellington gaan hierdie jaar een gesamentlike Kerssangdiens aanbied op Son 29 Nov by Moeder- gemeente. Johan Enslin rig die koor af en oefeninge vind plaas op Maandae (19 & 26 Okt en 2, 9, 16, & 23 Nov) v/a 18:30 – 20:00 by Hugenote Hoërskool. Almal moet Maan 19 Okt aanmeld vir die eerste oefening en elkeen moet ‘n pen saambring. Die kleedrepitisie is op Sat 28 Nov v/a 09:00.

FREE 2 SERVE (SENDINGWERK IN THAILAND): Op 23 Okt om 19:00 vier Free 2 Serve hulle 21ste verjaarsdag in Somerwet-Wes. Dr Ryk van Velden gaan dit namens ons gemeente bywoon. Indien enigeen wil saamgaan, kontak hom by 082 857 4368.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES: Ons wil baie graag weer vanjaar Kerskaartjies vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee om oor Kerstyd kontak te kan maak met hul families. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar is en hulle nie. Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk en daarvoor is ons dankbaar teenoor almal wat gehelp het. Ons hoop dat dit weer vanjaar moontlik sal wees met u hulp. Vir navrae kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039.

AFSLUITING MOEDERGEMEENTE FEESJAAR: ‘n Multimediaproduksie in WOORD, BEELD EN KLANK saam met die Libertaskoor. Sondag 25 Okt 19:00. Vir meer inligting kontak Liezl Williams 021 873 1561.

WELLINGTON SE GEBEDSIMFONIE: Ontmoet weer vandag om 15:30 by Eerstelaan 22. Ons kerk en ons sendelinge het baie gebed nodig. Vars nuus uit die sendingveld. Vir meer inligting: Attie van Wijk 082 557 9796.

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP: Op 21 Okt om 07:15 by Moedergemeente se kerksaal kom Marlene Booyens met ons gesels oor “Verslawing”. Sy is ‘n finansiële bestuurder, het haar in die sielkunde bekwaam en het ook haar eie leefstyl prak- tyk. Koffie en tee sal bedien word. Vir inligting skakel Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

GOSPELFEES VIR PLAASWERKERS: Sat 7 Nov v/a 11:30 op die Kanonkop Sportveld. ‘n Fees van eet, kuier, sports, kunstenaars wat optree en lofsange. Bring jou eie vleis, braaitang, koeldrank, eetgerei en kombers vir die gras en/of stoele. Navrae Kanonkop plaas 021 884 4656 of epos aan vanh1herman@gmail.com

RE#IMAGINE MATRIEKFEES HEROLDSBAAI:  Alle Skoolverlaters kom deel in die vakansie-avontuur en wegbreek ná die Groot Eksamen! V/a 29 Nov tot 6 Des by die kampterrein van die NG Kerk George-Suid op Heroldsbaai.  R1000 pp vir die hele week, kos, verblyf en aktiwiteite ingesluit!  Jy moet self daar kom, maar kan by die bushalte of George-lughawe opgetel word.  Sluitingsdatum 22 Nov.  Vir inligting kontak  Albé Theunnissen by 082 928 3561 / albetheunissen@gmail.com of Johan Engelbrecht by 082 372 6729 /   johan@ngkhartenbos.co.za

POTCHEFSTROOM EERSTEJAARSKAMP:  V/a 5 – 8 Jan 2016.  Koste R650-00.  Vir inligting en inskrywing besoek www.ngpukkandelaar.co.za

In die Nuus