Deur : Skriba  /  October 25th, 2015

BASAAR:

Baie dankie vir u harde werk, ondersteuning en samewerking om van die basaar ‘n fees tot eer van die Here te kon maak.

 

SKRIBA:

Elize het bedank as skriba en is nog tot 31 Des by ons. As gemeente wil ons haar bedank vir haar besondere diens die afgelope 5 jaar in die kantoor. Aansoeke vir skriba word ingewag tot einde Okt. Navrae aan Margaux Reitsma 083 444 1926. Sien ook ons webwerf.

 

GROOT NUUS: JONA EN DIE VIS – KAMP!

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse kamp vir die gr 1 tot 3 maats.  Ons kamp vanaf Vrydag 6 Nov om 17:00 tot Saterdag 7 Nov om 12:00.  Slaan ‘n tentjie op of slaap in ‘n lokaal.  Kostes: R60 per kind. Navrae:  Adell 082 925 7190

 

NOODKAS:

Tans is ons noodkas baie leeg en enige bydrae en/of kontant sal baie welkom wees. Barmhartigheidsbediening verkoop weer baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies @ R30/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

“OU” 40 DAE MATERIAAL:

Daar is nog van die afgelope 3 jaar se materiaal oor en kleingroepe of individue wat daarvan gebruik wil maak, kan dit by die kerkkantoor afhaal. Dit is gratis beskikbaar.

 

LIG & KERKBODE:

Indien u sou belangstel om vir 2016 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November. Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

 

VERBLYF:

Marnus & Angelique Havenga soek verblyf vanaf Des/Jan 2016. Skakel hom asb by 061 661 1005 indien u kan help.

 

HAM MATRIEKS:

Daar is twee matrieks by Huis Andrew Murray, Erika Ferreira en Christopher Peck. Ons wil hulle graag ondersteun tydens die matriekeksamen. Wil u nie oorweeg om een “aan te neem” vir die duur van die eksamen vir ’n bietjie bederf nie? Skakel Regardo 021 873 3834 of Danie Theart 084 5172610

 

GESAMENTLIKE KERSSANGDIENS 2015:

Die drie NG Kerke van Wellington gaan hierdie jaar een gesamentlike Kerssangdiens aanbied op Son 29 Nov by Moedergemeente. Johan Enslin rig die koor af en oefeninge vind plaas op Maandae (19 & 26 Okt en 2, 9, 16, & 23 Nov) v/a 18:30 – 20:00 by Hugenote Hoërskool.  Almal moet Maan 19 Okt aanmeld vir die eerste oefening en elkeen moet ‘n pen saambring. Die kleedrepitisie is op Sat 28 Nov v/a 09:00.

 

SOSATIES & QUICHE:

Jeugbediening verkoop elke maand gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00\sosatie en vars gebakte spek & kaas quiche @ R20.00/quiche tbv die aankoop van ‘n minibus. Die vlg datum vir verkope is Vry 13 Nov. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Vooraf bestellings moet voor of op Woens 11 Nov by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

 

BLOUVLEI SKOOL:

Koos Smith (082 456 8238) bestuur die skool in die “Perdeskoen” as privaatskool vir die kinders van die omgewing. Hy het ons gemeente genader om te help met ‘n ete per dag vir die kinders. Bereidwilligers kontak asb ds NJ / ds Jan of Adell.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:

Na die basaar se bedrywighede, vra ons weer dat u asb ‘n Kerskaartjie(s) vir die gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse sal maak. Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee sodat hulle dit oor die Kerstyd aan hulle families kan stuur. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd sonder hul familielede. Ons het verlede jaar meer as 1 000 Kerskaartjies geskenk waarvoor ons dankbaar is teenoor almal wat gehelp het. Ons het egter die jaar nog nie baie kaartjies ontvang nie en wil so graag weer uitreik na hulle wat ‘n eensame Kerstyd tegemoet gaan. Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 774 9039 vir navrae. Indien daar dames is wat belangstel om in ‘n groep Kerskaartjies te maak by MC van Zyl se huis (Jacqueslaan 6) op 27, 28, 29 Okt & 10,11,12 Nov, kontak haar asb by 082 373 2935. U het slegs ‘n skêr en Bostik Clear Glue nodig.

 

AFSLUITING MOEDERGEMEENTE FEESJAAR:

‘n Multimediaproduksie in WOORD, BEELD EN KLANK saam met die Libertaskoor. Sondag 25 Okt 19:00. Vir meer inligting kontak Liezl Williams 021 873 1561.

 

GOSPELFEES VIR PLAASWERKERS:

Sat 7 Nov v/a 11:30 op die Kanonkop Sportveld. ‘n Fees van eet, kuier, sports, kunstenaars wat optree en lofsange. Bring jou eie vleis, braaitang, koeldrank, eetgerei en kombers vir die gras en/of stoele. Navrae Kanonkop plaas 021 884 4656 of epos aan vanh1herman@gmail.com

 

RE#IMAGINE MATRIEKFEES HEROLDSBAAI:

Alle Skoolverlaters kom deel in die vakansie-avontuur en wegbreek ná die Groot Eksamen! V/a 29 Nov tot 6 Des by die kampterrein van die NG Kerk George-Suid op Heroldsbaai. R1000 pp vir die hele week, kos, verblyf en aktiwiteite ingesluit! Jy moet self daar kom, maar kan by die bushalte of George-lughawe opgetel word. Sluitingsdatum 22 Nov. Vir inligting kontak Albé Theunnissen by 082 928 3561 / albetheunissen@gmail.com of Johan Engelbrecht by 082 372 6729 / johan@ngkhartenbos.co.za

 

POTCHEFSTROOM EERSTEJAARSKAMP:

Vanaf 5 – 8 Jan 2016. Koste R650-00. Vir inligting en inskrywing besoek www.ngpukkandelaar.co.za

 

Makhathini-Nuus:

Veldtogte in verskillende omgewings is belangrike geleenthede om die evangelie uit te dra. Hierdie dienste fokus altyd op die breëre gemeenskap met al sy behoeftes, soos mense in materiële nood. Die belangstelling en bywoning is gewoonlik goed en baie mense word deur die evangelie aangeraak. Die oggend-bybelstudies dien ook altyd as ’n ideale toerustingsgeleentheid met die leiers. Kinderbediening is ’n hoë prioriteit en daarom word daar tydens die veldtogte baie moeite gedoen met die kinders. Veldtogte bied ook ideale geleentheid vir lektuurverspreiding. Bid dat die volgende veldtog groot vrug sal meebring.

 

Verkose kerkraadslede 2015 – 2016

Ouderlinge

Wyk 12 – Attie Olivier

Wyk 14 – Kobus Oosthuizen (herkies)

Wyk 29 – Wouter Visser

Wyk 34 – Cobus Smit (herkies)

Dienswerkers

Wyk 1 Suid – Pieter du Toit

Wyk 1 Noord – Susna du Toit

Wyk 18 – Esther Burger

Wyk 27 – Anjoh Spamer

 

In die Nuus