Deur : Skriba  /  November 7th, 2015

KATEGESE AFSLUITINGSFUNKSIE

Sondag 29 Nov hou ons piekniek by Tweede Tol. Ons vertrek 08:45 v/a die kerk en sal weer om ± 14:00 terug wees. Kostes is R20-00 per kind. Volledige inligting sal vandag deur kategete uitgedeel word.

 

VROUEDIENSAFSLUITING VERSKUIF NA MAAN 23 NOV 19:00

Mans en dames ……. moet dit nie misloop nie! Ons spreker is ds Bennie van Rensburg wat met ons kom deel “Wat maak Kersfees 2015 anders”. Ons wil graag ook die Ma’s-vir-Wellington se vakansiekosprojek ondersteun, daarom sal daar geleentheid wees vir ‘n “gelddonasie “. Sien daarna uit om saam met u te kuier.

 

HERFSVREUGDEKOOR

Sluit Maandag om 17:30 af vir die jaar.  Ons “koek en tee” in die kerksaal.  Die gades is ook welkom.

 

SELFDEGESLAGVERBINTENIS:

  • Woens 11 Nov om 19:00 gesels ds Nelis van Rensburg (Moderator) by Moedergemeente oor die sinodebesluit ivm selfdegeslagverbintenis.
  • Don 12 Nov v/a 10:00 – 15:00 – ‘n Teologiese gesprek by die Kweekskool, Stellenbosch ivm selfdegeslagverbintenis.

 

SUNFIELD KERSFUNKSIE

Ons herinner u aan Sunfield se Kersfunksie Don 12 Nov om 19:00 in die kerksaal. Gemeentelede is welkom om te kom inloer – u sal ongelukkig nie kan saameet nie, maar kan deel in die vreugde as Kersvader kom kuier.

 

WILDSBRAAIWORS EN – PATTIES

Gaan te koop wees v/a Maan – Woens tussen 18:00 – 19:00 by Die Sentrum.

 

BASAAR

Tans is die basaar opbrengs R293 303-00. Daar is egter nog uitstaande finansiële beloftes. Ons sal dit waardeer indien u dit so gou as moontlik kan betaal.

 

NOODKAS

Tans is ons noodkas baie leeg en enige bydrae en/of kontant sal baie welkom wees. Barmhartigheidsbediening verkoop weer baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies @ R30/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

“OU” 40 DAE MATERIAAL

Daar is nog van die afgelope 3 jaar se materiaal oor en kleingroepe of individue wat daarvan gebruik wil maak, kan dit by die kerkkantoor afhaal. Dit is gratis beskikbaar.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2016 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November. Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

 

VERBLYF

Marnus & Angelique Havenga soek verblyf vanaf Des/Jan 2016. Skakel hom asb by 061 661 1005 indien u kan help.

 

GESAMENTLIKE KERSSANGDIENS 2015

Die drie NG Kerke van Wellington gaan hierdie jaar een gesamentlike Kerssangdiens aanbied op Son 29 Nov by Moedergemeente. Johan Enslin rig die koor af en oefeninge vind plaas op Maandae (19 & 26 Okt en 2, 9, 16, & 23 Nov) v/a 18:30 – 20:00 by Hugenote Hoërskool.  Almal moet Maan 19 Okt aanmeld vir die eerste oefening en elkeen moet ‘n pen saambring. Die kleedrepitisie is op Sat 28 Nov v/a 09:00.

 

SOSATIES & QUICHE

Jeugbediening verkoop elke maand gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00\sosatie en vars gebakte spek & kaas quiche @ R20.00/quiche tbv die aankoop van ‘n minibus. Die vlg datum vir verkope is Vry 13 Nov. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak. Vooraf bestellings moet voor of op Woens 11 Nov by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie baie dankie aan almal wat Kerskaartjies gemaak het! ‘n Baie spesiale dankie ook aan MC van Zyl wat haar huis en al die materiaal beskikbaar gestel het sodat daar weer vanjaar by ‘n duisend Kerskaartjies aan Gevangenes in Hawequa en omliggende gevangenisse gegee kan word.

Die Kerskaartjies word aan die gevangenes gegee sodat hulle dit oor die Kerstyd aan hulle families kan stuur. Hulle voel gewoonlik baie uitgesluit en alleen oor die feestyd as al hul familielede bymekaar kan wees en hulle nie. Indien u nie ‘n kans gehad het om te help met die Kerskaartjies nie, sal dit werklik waardeer word as u dalk kan help deur ‘n paar koeverte en/of posseëls te skenk. Ons is opreg dankbaar vir elke kaartjie en bydrae, en waardeer regtig u hulp. (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)

 

BLOUVLEI SKOOL

Koos Smith (082 456 8238) bestuur die skool in die “Perdeskoen” as privaatskool vir die kinders van die omgewing. Hy het ons gemeente genader om te help met ‘n ete per dag vir die kinders. Bereidwilligers kontak asb ds NJ / ds Jan of Adell.

 

BLACKIEWALK – PERDESKOENSTAP TEN BATE VAN DIE ONTWIKKELINGSFONDS

Dinsdag 10 November. Wegspring vanaf Hugenote Hoërskool om 17:30. R20 volwassenes; R10 hoërskoolkinders en R5 laerskoolkinders. Na die stap sal daar kosstalletjies wees om lekker aandete te koop!

 

ORRELKONSERT – KERSFEES POTPOURRI

Winand Grundling (orrelis) en Johan Nel (voorlesings). NGK Wellington (Moederkerk) vanmiddag 16:15. Toegang R50-00.

 

ACVV NOORDER PAARL

Bied ‘n 5km stap tbv kinderbeskerming op 14 Nov stiptelik om 08:00 v/a Arboretum, Paarl. Koste: R30-00 vir volwassens en R10-00 vir kinders onder 12. Worsbroodjies sal te koop wees. Vir inligting kontak ACVV Noorder Paarl 021 872 3487

 

POTCHEFSTROOM EERSTEJAARSKAMP

V/a 5 – 8 Jan 2016. Koste R650-00. Vir inligting en inskrywing besoek www.ngpukkandelaar.co.za

 

MAKHATHINI-NUUS

Daar is vyf kleuterskole onder beskerming van die gemeente. Hierdie projek lewer ’n groot bydrae tot die ontwikkeling van sovele kinders. Die opleiding van die personeel en die daarstelling van speelapparaat en hulpmiddels geniet voortdurend aandag. Vriende van Wellington-Oos het oor die jare baie gedoen om die personeellede te stimuleer en in meer effektiewe onderrig te begelei. Bid vir die personeel wat elke dag hard moet werk om hierdie werk te laat slaag. Bid ook vir die kleintjies wat op hierdie manier met die evangelie bereik word.

 

In die Nuus