Deur : Skriba  /  November 14th, 2015

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING:  Sondagoggend 22 Nov direk na die oggend- diens in die konsistorie.  Verkiesing van KR en aanstelling van skriba.

SANG- EN MUSIEKBEDIENING VERGADER:  Dinsdag 24 Nov om 19:00 in die konsistorie.  Let asb daarop dat die datum verskuif het v/a 25 na 24 Nov. 

G-VOUCHER PROJEK:  Dit is v/a 16 – 20 November Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.  Baie dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

KATEGESE AFSLUITINGSFUNKSIE:  Sondag 29 Nov hou ons piekniek by Tweede Tol.  Ons vertrek 08:45 v/a die kerk en sal weer om ± 14:00 terug wees. Kostes is R20-00 per kind.  Volledige inligting sal vandag deur kategete uitgedeel word.

VROUEDIENSAFSLUITING VERSKUIF NA MAANdag 23 NOV 19:00:  Mans en dames ……. moet dit nie misloop nie!  Ons spreker is ds Bennie van Rensburg wat met ons kom deel “Wat maak Kersfees 2015 anders”.  Ons wil graag ook die Ma’s-vir-Wellington se vakansiekosprojek ondersteun, daarom sal daar geleentheid wees vir ‘n “gelddonasie “.  Sien daarna uit om saam met u te kuier.

WILDSFEESVERGADERING:  V/a 20 – 22 Nov hou ons gemeente vergadering met Middelburg op Beaufort-Wes.

WILDSBRAAIWORS EN – PATTIES:  Gaan te koop wees v/a Maan – Woens tussen 18:00 – 19:00 by Die Sentrum.

BASAAR:  Daar is nog uitstaande finansiële beloftes.  Ons sal dit waardeer indien u dit so gou as moontlik kan betaal. Sal ouderlinge wie se basaarlyste nog nie ingegee is by Carien nie, dit asb ook so gou moontlik na die kerkkantoor bring.

NOODKAS: Tans is ons noodkas baie leeg en enige bydrae en/of kontant sal baie welkom wees. Barmhartigheidsbediening verkoop nog steeds goeie kwaliteit wasgoedpennetjies @ R30/pak van 20 by kerkkantoor of Suzanne Fabricius  021 864 1122 / 072 244 3931.

“OU” 40 DAE MATERIAAL:  Daar is nog van die afgelope 3 jaar se materiaal oor en kleingroepe of individue wat daarvan gebruik wil maak, kan dit by die kerkkantoor afhaal.  Dit is gratis beskikbaar.

LIG & KERKBODE:  Indien u sou belangstel om vir 2016 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November.  Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

VERBLYF:  Marnus & Angelique Havenga soek verblyf vanaf Des/Jan 2016.  Skakel hom asb by 061 661 1005 indien u kan help.

GESAMENTLIKE KERSSANGDIENS 2015: Die drie NG Kerke van Wellington gaan hierdie jaar een gesamentlike Kerssangdiens aanbied op Son 29 Nov by Moeder- gemeente.  Johan Enslin rig die koor af en oefeninge vind plaas op Maandae (19 & 26 Okt en 2, 9, 16, & 23 Nov) v/a 18:30 – 20:00 by Hugenote Hoërskool.  Almal moet Maan 19 Okt aanmeld vir die eerste oefening en elkeen moet ‘n pen saambring.  Die kleedrepitisie is op Sat 28 Nov v/a 09:00.

SOSATIES & QUICHE:  Jeugbediening verkoop elke maand gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00\sosatie en vars gebakte spek & kaas quiche @ R20.00/quiche tbv die aankoop van ‘n minibus.  Die vlg datum vir verkope is Dinsdag 8 Des. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak.  Vooraf bestellings moet voor of op Maandag 7 Des by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

KERSKAARTJIES  VIR GEVANGENES:  Baie baie dankie aan almal wat Kerskaartjies gemaak het!  Indien u egter nie ‘n kans gehad het om te help met die Kerskaartjies nie, sal dit werklik waardeer word as u dalk kan help deur ‘n paar koeverte en/of posseëls te skenk.  Ons is opreg dankbaar vir elke kaartjie en bydrae, en waardeer regtig u hulp. (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)

MURRAY KERSMARK:  Moedergemeente hou weer hul jaarlikse Kersmark v/a 1 – 5 Des.  Dins – Vry v/a 09:00 tot 17:00 en Sater v/a 09:00 tot 14:00.

POTCHEFSTROOM EERSTEJAARSKAMP:  V/a 5 – 8 Jan 2016.  Koste R650-00.  Vir inligting en inskrywing besoek www.ngpukkandelaar.co.za

DEPRESSIE EN ANGSONDERSTEUNINIGSGROEP:  Op 18 Nov om 19:15 in die kerksaal in Kerkstraat kom gesels Karien Schoeman oor ‘n onderwerp wat haar na aan die hart lê – “Kinders en Depressie”.   Sy kén kinders en hanteer dus die moeilike onderwerp met groot deernis.   Kom geniet ‘n koppie koffie/tee en ‘n eetdingetjie,  alles met liefde aangebied!  Kontak my indien meer inligting nodig is.  Petro 021 873 4688 / 072 709 8000.

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE:  Kom weer op Son 15 Nov om 15:30 bymekaar by Eerstelaan 22. In hierdie kritiese tye het ons kerke en die wêreld bidders soos jy nodig. Bring ook jou eie gebedsake saam.  Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

BLOUVLEI SKOOL:  Koos Smith (082 456 8238) bestuur die skool in die “Perdeskoen” as privaatskool vir die kinders van die omgewing.  Hy het ons gemeente genader om te help met ‘n ete per dag vir die kinders.  Bereidwilligers kontak asb ds NJ / ds Jan of Adell.  

Makhathini-Nuus:  ’n Groepie jongmense (ons noem hulle die Transformers) is opgelei om met die leerstof van “Scripture Union” op ’n weeklikse basis skolebesoek te doen.  Dit bly moeilik om stabiliteit te kry met hierdie projek, aangesien die jongmense na die stede beweeg sodra hulle werk kry, maar tog gaan dit steeds met groot sukses voort. Bid dat die Here die Transformers met die krag van sy Gees sal vul en vrug op hulle werk sal gee.

Moenie vergeet van die Facebook-blad nie! Kliek hier!

In die Nuus