Deur : Skriba  /  November 22nd, 2015

2DE TOL KATEGESE UITSTAPPIE

Die uitstappie wat Son 29 Nov sou plaasvind, word uitgestel tot vlg jaar.  Die hoërskool se leerders skryf eksamen tot 1 Des en dit het “botsing” veroorsaak.

 

DIE SENTRUM

Die jongmense groei en raak meer en ons sitplekke raak minder.  Indien u ‘n leunstoel of tweesitplekbank het wat nie gebruik kan word nie, vra ons dat u dit asb aan Die Sentrum sal skenk.  Kontak Adell 082 925 7190.

 

VERLORE SLEUTEL

Ons is op soek na die sleutel van een van Die Sentrum se skuif- deure.  Indien u dit dalk geleen of per abuis geneem het, sal ons dit waardeer indien u dit dringend by die kerkkantoor sal inhandig.

 

VROUEDIENSAFSLUITING VERSKUIF NA MAANDAG 23 NOV 19:00

Mans en dames ……. moet dit nie misloop nie!  Ons spreker is ds Bennie van Rensburg wat met ons kom deel “Wat maak Kersfees 2015 anders”.  Ons wil graag ook die Ma’s-vir-Wellington se vakansiekosprojek ondersteun, daarom sal daar geleentheid wees vir ‘n “gelddonasie “.  Sien daarna uit om saam met u te kuier.

 

G-VOUCHER AFSLUITINGSFUNKSIE

Op Maandag 23 Nov v/a 17:00 – 18:00 gesels ons saam by die Voucher terrein oor  ‘n afsluitingsfunksie vir ons straatvriende.  Ons het almal se insette, ondersteuning (van enige aard), belangstelling en bydraes nodig om dit goed te kan beplan sodat dit suksesvol en sonder groot moeite en koste kan plaasvind.   Ons beplan ‘n gesellige, informele, prettige geleentheid vir ± 60 mense op Maandag 21 Desember v/a 10:00 – 13:00.  Kom help ons asb nou met die beplanning al gaan julle daardie tyd met vakansie.  Kontakpersoon Steenkamp Claassen 021 873 3163.

 

WILDSPATTIES

Word te koop aangebied by die kerkkantoor daagliks v/a 08:00 – 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 – 19:00.  Die wildsbraaiwors is ongelukkig alles uitverkoop.

 

BASAAR

Daar is nog uitstaande finansiële beloftes.  Ons sal dit waardeer indien u dit so gou as moontlik kan betaal. Sal ouderlinge wie se basaarlyste nog nie ingegee is by Carien nie, dit asb ook so gou moontlik na die kerkkantoor bring.

 

NOODKAS

Tans is ons noodkas baie leeg en Kersfees lê om die draai.  Enige bydrae en/of kontant sal dus nou baie welkom wees.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

Wil graag weer soos verlede jaar toiletware skenk aan inwoners van Silwerkruin en Huis Lizelle wat dit nie self kan bekostig nie.  Daar is 20 vrouens en 7 mans.  Enige bydrae sal baie welkom wees.

 

“OU” 40 DAE MATERIAAL

Daar is nog van die afgelope 3 jaar se materiaal oor en kleingroepe of individue wat daarvan gebruik wil maak, kan dit by die kerkkantoor afhaal.  Dit is gratis beskikbaar.

 

VERBLYF VIR CPUT STUDENTE

Baie dankie vir almal wat gewillig was om verblyf aan studente te bied.   Indien nodig sal ons u skakel, maar tans bied Huguenote Kollege voldoende verblyf aan hulle.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2016 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November.  Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

 

MARNUS & ANGELIQUE HAVENGA

Hulle het verblyf gekry, baie dankie.

 

SOSATIES & QUICHE

Jeugbediening verkoop elke maand gebraaide of rou bees\hoender sosaties @ R15.00\sosatie en vars gebakte spek & kaas quiche @ R20.00/quiche tbv die aankoop van ‘n minibus.  Die vlg datum vir verkope is Dinsdag 8 Des. Rou sosaties kan deurlopend gekoop word slegs in vakuumverpakte pakke van vyf (5) sosaties @ R75-00 / pak.  Vooraf bestellings moet voor of op Maandag 7 Des by die kerkkantoor 021 873 2690 of Tinus Broodryk 082 920 2290 \ 021 873 0565 geplaas word.

 

KERSKAARTJIES  VIR GEVANGENES

Baie baie dankie aan almal wat Kerskaartjies gemaak het!  Indien u egter nie ‘n kans gehad het om te help met die Kerskaartjies nie, sal dit waardeer word as u dalk kan help deur koeverte en/of posseëls te skenk.  Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039.

 

MURRAY KERSMARK

Moedergemeente hou weer hul jaarlikse Kersmark v/a 1 – 5 Des.  Dins – Vry v/a 09:00 tot 17:00 en Sater v/a 09:00 tot 14:00.

 

Makhathini-Nuus:  Voedingsprojek: Sowat 140 weeskinders wat geen toelaes ontvang nie, is geïdentifiseer en word met kospakkies bedien wat saamgestel word uit dit wat die Here voorsien.  Behalwe vir die aanspreek van hulle materiële nood word daar ook omgesien na die totale welstand en geestelike versorging van hierdie kinders. Sonder die ruimhartige bydraes van “Container Ministries” sou hierdie projek nie kon funksioneer nie. Bid vir arm en honger mense in daardie omgewing. Vra ook dat die voedingsprojek harte sal oopmaak om die evangelie te ontvang.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 70: Wat beteken dit om met die bloed en Gees van Christus gewas te wees?

Antwoord: Dit beteken om van God vergewing van sonde uit genade te ontvang ter wille van die bloed van Christus wat Hy in sy offer aan die kruis vir ons gestort het (a). Verder, om deur die Heilige Gees vernuwe en as lede van Christus geheilig te wees sodat ons die sonde hoe langer hoe meer afsterwe en godvresend en onbesproke lewe (b).

(a) Heb 12:24;  1 Pet 1:2;  Op 1:5; 7:14;  Sag 13:1;  Eseg 36:25. (b) Joh 1:33;  3:5;  1 Kor 6:11;  12:13;  Rom 6:4;  Kol 2:12.

 

Voorsitters van Bedieninge 2016

Aktuelesakebediening          –  Gert Boerssen

Barmhartigheidsbediening  –  Suzanne Fabricius

Diensteverhoudinge             –  Nical Sauerman

Eiendomme                            –  Johan Labuschagne

Finansies                                –  Albert Nel

Gemeentebediening            –  Lennox Ochse

Getuienisbediening              –  dr Ryk van Velden

Jeugbediening                       –  Adell Erasmus

 

Dagbestuur 2016

Ds NJ van As            –  Leraar

Ds Jan Grobbelaar  –  Leraar

Danie Theart             –  Leierouderling

Chris Olivier              –  Leierdiaken

Herman le Roux       –  Onderleierouderling

Manie Hugo              –   Onderleierdiaken

 

In die Nuus