Deur : Skriba  /  November 30th, 2015

VERLOF PREDIKANTE:

Ds NJ is met verlof v/a 7 – 26 Des en ds Jan v/a 26 Des – 13 Jan.

 

KERKKANTOOR GESLUIT:

Die kerkkantoor sal gesluit wees v/a 18 Des en heropen weer 4 Jan 2016.

 

SKRIBA 2016:

Karin Smit is aangestel as skriba. Sy begin 4 Jan 2016. Ons sê baie welkom aan haar en wens haar sterkte toe.

 

PROP MARNUS HAVENGA:

Baie geluk aan Marnus. Hy is Woensdagaand gelegitimeer en is nou ‘n beroepbare proponent. Hy gaan egter eers vlg jaar sy doktorsgraad doen. Gelukkig is hy nog by ons tot ten minste einde Maart.

 

WEEK VAN VERNUWING 31 JANUARIE – 3 FEBRUARIE:

Die fokus is op gebed en die prediker is ds Breda Ludik van Helderberg gemeente.

 

BAIE DANKIE:

Dankie vir elkeen se hulp, ondersteuning, meelewing en entoesiasme gedurende 2015! Fil 1:3 – 5 Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. ”

WELLINGTON INTERKERKLIKE GEBEDSBYEENKOMS:

Maandag 30 Nov v/a 19:00 – 20:00. Prayerwalk v/a Moederkerk.

 

OPROEP TOT GEBED:

‘n Uitnodiging aan gemeentes om deel te neem. Kerke word gevra om almal die kerkklokke op Vrydag, 4 Des (eerste Vrydag in Des.) om 06:00 te lui. ‘n Beroep word op gelowiges gedoen om dan te bid vir:

  • Kinders: Skole sluit en albei ouers werk, geen toesig en ledige ure. Bid dat gees- telike waardes oral eerste gestel sal word, ook op vakansieplekke.
  • Motoriste:         Rustigheid en verdraagsaamheid, respek teenoor mekaar.
  • Verjaardagmaand: Dra Desembermaand aan Hom op oor wie dit gaan – die lewe, die feesgety, die alles.

 

DIE SENTRUM:  

Die jongmense groei en raak meer en ons sitplekke raak minder. Indien u ‘n leunstoel of tweesitplekbank het wat nie gebruik kan word nie, vra ons dat u dit asb aan Die Sentrum sal skenk. Kontak Adell 082 925 7190.

 

VERLORE SLEUTEL:  

Ons is op soek na die sleutel van een van Die Sentrum se skuif- deure. Indien u dit dalk geleen of per abuis geneem het, sal ons dit waardeer indien u dit dringend by die kerkkantoor sal inhandig.

 

WILDSPATTIES:  

Word te koop aangebied by die kerkkantoor daagliks v/a 08:00 – 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 – 19:00. Die wildsbraaiwors is ongelukkig alles uitverkoop.

 

BASAAR:

Daar is nog uitstaande finansiële beloftes. Ons sal dit waardeer indien u dit so gou as moontlik kan betaal. Sal ouderlinge wie se basaarlyste nog nie ingegee is by Carien nie, dit asb ook so gou moontlik na die kerkkantoor bring.

 

NOODKAS:

Tans is ons noodkas baie leeg en Kersfees lê om die draai. Enige bydrae en/of kontant sal dus nou baie welkom wees.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING:

Wil graag weer soos verlede jaar toiletware skenk aan inwoners van Silwerkruin en Huis Lizelle wat dit nie self kan bekostig nie.   Daar is 20 vrouens en 7 mans.   Enige bydrae sal baie welkom wees.

 

“OU” 40 DAE MATERIAAL:

Daar is nog van die afgelope 3 jaar se materiaal oor en kleingroepe of individue wat daarvan gebruik wil maak, kan dit by die kerkkantoor afhaal. Dit is gratis beskikbaar.

 

LIG & KERKBODE:

Indien u sou belangstel om vir 2016 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 25 November. Onthou asb dat die Lig tydskrifte goedkoper raak hoe meer ons bestel.

 

SOSATIES & SKAAPSTERTJIES:

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties en skaapstertjies tbv die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor tot die skole sluit op 9 Des

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES:

Baie baie dankie aan almal wat Kerskaartjies gemaak het! Indien u egter nie ‘n kans gehad het om te help met die Kerskaartjies nie, sal dit waardeer word as u dalk kan help deur koeverte en/of posseëls te skenk.   Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039.

 

MURRAY KERSMARK: Moedergemeente hou weer hul jaarlikse Kersmark v/a 1 – 5 Des. Dins – Vry v/a 09:00 tot 17:00 en Sater v/a 09:00 tot 14:00.

 

Verkose kerkraadslede 2015 – 2016

Dienswerker – Hertzog – Jaco Laubscher

 

Makhathini-Nuus:      

Tans is daar elf sorgwerkers in die gemeente. Agt van hierdie sorgwerkers het die opleiding as “Community Volunteer” by ACAT (Howick) voltooi. Hierdie werkers doen uiters waardevolle werk om siek mense tuis te versorg, die gemeenskap deur basiese gesondheidsorg, traumaberading, sterwensbegeleiding en meer te dien. Bid dat die Here die fondse sal voorsien om hierdie sorgwerkers na behore te vergoed en vra ook dat daar ryke seën op hulle werk sal rus.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 72: Is die uitwendige, waterbad self dan die afwassing van die sonde?

Antwoord: Nee (a), want alleen die bloed van Jesus Christus en die Heilige Gees reinig ons van alle sondes (b). (a) Matt 3:11; 1 Pet 3:21; Ef 5:26. (b) 1 Joh 1:7; 1 Kor 6:11.

 

 

In die Nuus