Deur : Skriba  /  December 6th, 2015

KALENDERS EN FAMILIENUUS

Is beskikbaar en die ouderlinge sal dit uitdeel.

 

VERLOF PREDIKANTE

Ds NJ is met verlof v/a 7 – 26 Des en ds Jan v/a 26 Des – 13 Jan.

 

KERKKANTOOR GESLUIT

Die kerkkantoor sal gesluit wees v/a 18 Des en heropen weer 4 Jan 2016.

 

SKRIBA 2016

Karin Smit is aangestel as skriba. Sy begin 4 Jan 2016. Ons sê baie welkom aan haar en wens haar sterkte toe.

 

PROP MARNUS HAVENGA

Baie geluk aan Marnus. Hy is Woensdagaand gelegitimeer en is nou ‘n beroepbare proponent. Hy gaan egter eers vlg jaar sy doktorsgraad doen. Gelukkig is hy nog by ons tot ten minste einde Maart.

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 21 – 25 Desember Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104. Baie dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

WEEK VAN VERNUWING 31 JANUARIE – 3 FEBRUARIE

Die fokus is op gebed en die prediker is ds Breda Ludik van Helderberg gemeente.

 

BUSSIE PROJEK

Wil volgende jaar drie aktiwiteite aanbied om fondse in te samel vir die aankoop van die bussie. Ons wil graag eers die gemeente toets om ons te vergewis of die belangstelling voldoende sal wees. Hiermee die drie aktiwiteite met kontakpersone. Dit sal waardeer word as u net die betrokke persoon kan kontak waarna hy u meer inligting sal verskaf aangaande die aktiwiteit en u belangstelling aanteken:

Valentyns Golfdag – Leroy Le Riche 082 555 7481

Bergfietsritte          – André Gilliland 082 577 7466

Kleiduifskiet            – Tinus Broodryk 082 920 2290 

 

VERLORE SLEUTEL

Ons is op soek na die sleutel van een van Die Sentrum se skuifdeure. Indien u dit dalk geleen of per abuis geneem het, sal ons dit waardeer indien u dit dringend by die kerkkantoor sal inhandig.

 

WILDSPATTIES

Word te koop aangebied by die kerkkantoor daagliks v/a 08:00 – 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 – 19:00. Die wildsbraaiwors is ongelukkig alles uitverkoop.

 

BASAAR

Daar is nog uitstaande finansiële beloftes. Ons sal dit waardeer indien u dit so gou as moontlik kan betaal. Sal ouderlinge wie se basaarlyste nog nie ingegee is by Carien nie, dit asb ook so gou moontlik na die kerkkantoor bring.

 

NOODKAS

Tans is ons noodkas baie leeg en Kersfees lê om die draai. Enige bydrae en/of kontant sal dus nou baie welkom wees.

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

Wil graag weer soos verlede jaar toiletware skenk aan inwoners van Silwerkruin en Huis Lizelle wat dit nie self kan bekostig nie. Daar is 20 vrouens en 7 mans. Enige bydrae sal baie welkom wees.

 

“OU” 40 DAE MATERIAAL

Daar is nog van die afgelope 3 jaar se materiaal oor en kleingroepe of individue wat daarvan gebruik wil maak, kan dit by die kerkkantoor afhaal. Dit is gratis beskikbaar.

 

DEUROFFER – RADIOKANSEL

Radiokansel is ‘n onafhanklike, transkerklike en transkulturele Christelike multimedia organisasie met die Goddelike opdrag om die evangelie van Jesus Christus hoofsaaklik aan alle Suid-Afrikaners te verkondig by wyse van hoë kwaliteit radio- en televisieprogramme, publikasies, die elektroniese media en uitreikaksies, met die doel om ongelowiges vir Christus te wen en gelowiges in hul Christelike geloof op te bou.

 

Makhathini-Nuus:

Landbouprojek

Die gemeente beskik oor ’n stuk grond van 10 hektaar naby KwaNgwanase, waarop ’n bloekom-plantasie in September 2008 gevestig is. Die gemeente neem self verantwoordelikheid vir die instandhouding en bestuur van hierdie projek. Die verwagting is dat die eerste oes in 2015 sal realiseer. Dank die Here vir die moontlikhede wat ’n projek van hierdie aard vir die gemeente bied en bid dat die oes ’n goeie wins sal oplewer.

Klerebank

Met die ondersteuning vanuit gemeentes word ’n voorraad tweede- handse klere altyd in voorraad gehou en vervul sodoende ’n belangrike behoefte in die gemeente. Bid dat skenkers ruim hiervoor sal bydra en dat die klerebank ook baie geleenthede vir die uitdra van die evangelie sal skep.

 

In die Nuus