Deur : Skriba  /  January 18th, 2016

KALENDERS EN FAMILIENUUS

2016 se kalenders is deur die ouderlinge in hulle wyke uitgedeel.  Indien u nog nie een ontvang het nie, kontak asb u ouderling.

 

GEBEDSBULLETIN

Indien daar iemand is wat graag ’n bydrae tot die gebedsbulletin wil lewer vir 7, 14, 21 & 28 Februarie, skakel asb die kerkkantoor by 021 873 2690.

 

WEEK VAN VERNUWING 31 JANUARIE – 3 FEBRUARIE

Ons fokus op gebed en die prediker is ds Breda Ludik van Helderberg gemeente.  Die gedeeltes wat behandel gaan word, is as volg:  Sondagoggend 31 Jan:  Die moeilikste ding om te glo – Luk 7:36-50

Sondagaand 31 Jan:  Bid soos jy kan en nie soos jy nie kan nie – Ps 63

Maandagaand 1 Feb:  Bid met die Bybel – die kop en die hart

Dinsdagaand 2 Feb:  Bid met eenvoud en stilte

Woensdagaand 3 Feb:  Aktiewe gebed

 

PA EN KIND KAMP 22 – 24 JAN 2016

Ons gaan weer lekker kamp en kuier saam met ons kinders, net wat jy nodig het om die jaar mee te begin en kwaliteit tyd saam met jou kind te spandeer!  Ons kamp by Jamaka in die Cederberge.  Kostes is R40 p/p per nag.  Alle Pa’s met kinders is welkom – ontmoet vir Lennox voor die kerk na vandag se diens vir meer inligting en bespreking.  

 

KATEGESE KAMP 2016 (Gr. 4 – 6)

Ons hou ‘n boskamp!  19 – 21  Februarie 2016 by die Scoutskamp terrein – hou hierdie spasie oop vir volledige inligting!

 

YSSKAATS 29 JANUARIE 2016:  Alle tieners is welkom

Kaartjies kan teen R70 p/p by die kerkkantoor gekoop word, Ma – Vry 08:00 – 13:00 en Woensdae 18:00 – 19:00 tot en met 27 Januarie 2016.  Ons vertrek om 17H00 vanaf die Sentrum.  Julle moet gou spring, daar is slegs plek vir 35.  Vir verdere navrae, kontak Ds. NJ (084 584 1331) of Marnus (061 661 1005).

 

ALPHA HUWELIKSKURSUS 27 JAN – 16MRT 2016

Hierdie kursus vind plaas oor 8 weke, elke Woensdagaand 19H00 by NG Wellington Noord se onthaalsentrum – bevestig asb u bywoning met Johan Crous (072 289 0842) – meer inligting hieroor sal op ons webwerf aangebring word.

 

HULP BY KINDER-EN JEUGBEDIENING

Indien u betrokke wil raak by kinder-, kleuter- of peuterkerk of dalk Woensdae wil help met Midweekbediening, kontak gerus vir Adell Erasmus (082 925 719).

 

BUSSIE PROJEK

Ons wil hierdie jaar drie aktiwiteite aanbied om fondse in te samel vir die aankoop van die bussie.  Ons wil graag eers die gemeente toets om ons te vergewis of die belangstelling voldoende sal wees.  Hiermee die drie aktiwiteite met kontakpersone. Dit sal waardeer word as u net die betrokke persoon kan kontak waarna hy u meer inligting sal verskaf aangaande die aktiwiteit en u belangstelling aanteken:

Valentyns Golfdag – Leroy Le Riche 082 555 7481

Bergfietsritte           – André Gilliland 082 577 7466

 

SOSATIES, QUICHE & SKAAPSTERTJIES

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak v 5, vars gebakte en skaapstertjies @ R50/pak van 10 tbv die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties@ R15 elk  & vars gebakte spek & kaas quiche @ R20 elk, is op 29 Januarie 2016 van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.

 

JAGKOMPETISIE

Wellington-Oos tesame met Middelburg gemeente bied `n jagkompetisie aan met wonderlike pryse.  Kaartjies is beskikbaar teen R200 by Tinus Broodryk (0829202290) of Herman Le Roux (0834419455).

 

DEUROFFER – GEMEENTE ONTWIKKELING

Die doel van GKS:  Om gemeenteleiers te begelei om by God se sending na die wêreld betrokke te raak deur, saam as familie van  kerke, nuwe geloofsgemeenskappe te ontwikkel.

 

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Vraag 27: Wat verstaan jy onder die voorsienigheid van God?

Antwoord: Die almagtige en oralteenwoordige krag van God (a) waardeur Hy hemel en aarde en al die skepsels asof met sy hand nog onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e) en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy Vaderhand toekom (f).

(a) Hand 17:25-28;  Jer 23:23, 24;  Jes 29:15, 16;  Eseg 8:12. (b) Heb 1:3. (c) Jer 5:24;  Hand 14:17. (d) Joh 9:3. (e) Spr 22:2. (f) Matt 10:29;  Spr 16:33

In die Nuus