Deur : Skriba  /  January 24th, 2016

ONS PREDIKANTE

Ds. NJ is op 26 en 27 Januarie by `n Ringvoorsittersvergadering in die Strand!

 

 

GELEENTHEDE OM TE GROEI

 WEEK VAN VERNUWING 31 JANUARIE – 3 FEBRUARIE:

Ons fokus op gebed en die prediker is ds Breda Ludik van Helderberg gemeente. Die gedeeltes wat behandel gaan word, is as volg:

Sondagoggend 31 Jan: Die moeilikste ding om te glo – Luk 7:36-50

Sondagaand 31 Jan: Bid soos jy kan en nie soos jy nie kan nie – Ps 63

Maandagaand 1 Feb: Bid met die Bybel – die kop en die hart

Dinsdagaand 2 Feb: Bid met eenvoud en stilte

Woensdagaand 3 Feb: Aktiewe gebed

 

ALPHA HUWELIKSKURSUS 27 JAN – 16MRT 2016

Hierdie kursus vind plaas oor 8 weke, elke Woensdagaand 19H00 by NG Wellington Noord se onthaalsentrum – bevestig asb u bywoning met Johan Crous (072 289 0842) – meer inligting hieroor sal op ons webwerf aangebring word.

 

LIDMAATPREDIKERKURSUS

Hierdie kursus vind plaas van 5 -6 Februarie 2016 by NG Kerk Brackenfell-Wes en is relevant vir kerkraadslede, kleingroepleiers of enige gemeentelid wat op enige manier by woordverkondiging gemoeid is. Vir verdere inligting, kontak Guillaume Smit (ghsmit@telkomsa.net of 0833061561)

 

TRANSFORMASIE BEWEGING PAARL

Werner Swart `n Internasionale Stad en Nasie Transformasie deskundige van die Internasionale Gemeente in Buenos Aires besoek die Paarl die naweek van 28 – 30 Januarie 2016. Vir verdere inligting kontak Gawie Hugo by 0723413946.

 

INSPIRERENDE GETUIENIS

Dr Peter Hammond wat evangilisasie doen in vervolgde lande, lewer `n getuienis op Saterdag 27 Februarie 2016 by die Gereformeerde Kerk in Stirlingstr. Paarl. Vir verdere inligting, kontak Anneke Strauss (082 901 8284 / anneke@annekestrauss.co.za)

 

 

WOEKER PROJEKTE

SOSATIES, QUICHE & SKAAPSTERTJIES:

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak v 5, vars gebakte en skaapstertjies @ R50/pak van 10 tbv die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor. Die volgende datum vir gebraaide sosaties@ R15 elk & vars gebakte spek & kaas quiche @ R20 elk, is op 29 Januarie 2016 van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.

 

JAGKOMPETISIE:

Wellington-Oos tesame met Middelburg gemeente bied `n jagkompetisie aan met wonderlike pryse. Kaartjies is beskikbaar teen R200 by Tinus Broodryk (0829202290) of Herman Le Roux (0834419455).

 

AMOS STRAATMARK

Die Amos bediening bied `n straatmark aan op Saterdag, 6 Februarie 2016 op die sypaadjie onder die Spur in die Strand. Hul missie is om die landbougemeenskap in Afrika te transformeer deur die herstel en bou van verhoudings met God.

 

KLERE EN WIT OLIFANT VERKOPING

Groep 6 hou `n verkoping 6 Februarie 2016 by NG Moedergemeente se saal. Hul benodig asb donasies van ou klere en wit olifante. Dit kan afgegee word by Veronica Basson, Proteastr 15 of by u diaken. Vir verdere inligting kontak Veronica by 084 664 3895/021 864 3895.

 

JEUG PRET

 YSSKAATS (NB! – verandering van datum) – 5 FEBRUARIE 2016

Alle tieners is welkom – kaartjies kan teen R70 p/p by die kerkkantoor gekoop word, Ma – Vry 08:00 – 13:00 en Woensdae 18:00 – 19:00 tot en met 3 Februarie 2016. Ons vertrek om 17H00 vanaf die Sentrum. Julle moet gou spring, daar is slegs plek vir 35. Vir verdere navrae, kontak Ds. NJ (084 584 1331) of Marnus (061 661 1005).

 

KATEGESE UITSTAPPIE

Kategese word genooi na `n piekniek en swem in die dam op 7 Februarie 2016. Ons vertrek Sondagoggend @ 08:45 vanaf die kerk en sal om 13H30 terug wees by die kerk. Volledige inligting by Adell (082 925 7190), kategete of kerkkantoor.

 

ONS HOU `N BOSKAMP

Graad 4 – 7 kategese is welkom! 19, 20 & 21 Februarie 2016 @ R240 per kind. Ons gaan GOD as SKEPPER leer ken. Volledige inligting by Adell (082 925 7190), kategete of kerkkantoor.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 22 tot 26 Februarie 2016 Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00. Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104. Baie dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

ALTA DU TOIT SKOOL

Die deuroffer vandag gaan na Alta du Toit skool in Kuilsrivier. Hierdie instansie is vir mense wat intellektueel erg gestremd is.

 

NG DROOGTEHULP PROJEK

Die Kerk loods verskillende pogings om droogte gebiede by te staan – vir meer inligting kontak die kerkkantoor of kyk op ons webwerf.

 

In die Nuus