Deur : Skriba  /  February 2nd, 2016

GELEENTHEDE OM TE GROEI

 

GESINSKAMP

Ons hou weer `n gesinskamp die naweek van 11 – 13 Maart saam met Ds. George Conradie by Jamaka in die Cederberge. Hou die spasie dop vir verdere inligting.

 

 MANNE ONTBYT

Op 5 Maart om 07:00 in die Wimpy kom deel Mnr. Wicus Naudé sy getuienis met ons en ons bid vir die wêreld. Kaartjies sal binnekort beskikbaar wees.

 

DOOPKURSUS

Daar word `n doopkursus vir voornemende doopouers aangebied vanaf 23 Fbruarie – 15 Maart 2016 vanaf 18:00 – 19:00, elke Dinsdag in die Sentrum. Kontak die kerkkantoor indien u sou belangstel.

 

 WOEKER PROJEKTE

 

 SOSATIES, QUICHE & SKAAPSTERTJIES:

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak v 5, vars gebakte quiche @ R20 elk en rou skaapstertjies @ R50/pak van 10 t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.

 

 JAGKOMPETISIE:

Wellington-Oos tesame met Middelburg gemeente bied `n jagkompetisie aan met wonderlike pryse. Kaartjies is beskikbaar teen R200 by Tinus Broodryk (0829202290) of Herman Le Roux (0834419455).

 

 FYNGOUD DIENSSENTRUM

Hou basaar op DV 4 Maart om 08:00 in NG Moedergemeente se saal in kerkstraat.

Skenking van bestanddele sal waardeer word. Vir verdere inligting skakel vir Janet by 021-8734682 of 0828501197.

 

AMOS STRAATMARK

Die Amos bediening bied `n straatmark aan op Saterdag, 6 Februarie 2016 op die sypaadjie onder die Spur in die Strand. Hul missie is om die landbougemeenskap in Afrika te transformeer deur die herstel en bou van verhoudings met God.

 

KLERE EN WIT OLIFANT VERKOPING

Groep 6 hou `n verkoping op 6 Februarie 2016 by NG Moedergemeente se saal.  Hul benodig asb donasies van ou klere en wit olifante.  Dit kan afgegee word by Veronica Basson, Proteastr 15 of by u diaken. Vir verdere inligting kontak Veronica by 084 664 3895/021 864 3895.

 

ALGEMEEN

 

VERWELKOMING

Indien dit vir u lekker is om mense welkom te laat voel, maak nie saak of u oud, jonk, kind of gesin is nie. Kom help ons om by die deure vir mense welkom te heet.  Belangstellende ontmoet vir Lennox in die voorportaal.

 

KLEINGROEPE

Indien u by `n kleingroep wil aansluit, skakel met Pieter du Toit selnr. 0836389823 of u kan hom vanoggend voor die preekstoel ontmoet.

 

FAMILIENUUS

Stuur asb u bydraes vir die familienuus voor 23 Februarie na die kerkkantoor.

 

INLIGTINGSKAARTJIE

Indien u nuut is of iets onder ons aandag wil bring, gebruik asseblief die kaartjie wat voorsien is in die bank.

 

SAFARI WATERPUNT – 2 MEI

Indien iemand sou belangstel om die waterpunt te behartig, kontak vir NJ of Jan.

 

JEUG PRET

 

 YSSKAATS (NB! – verandering van datum) – 5 FEBRUARIE 2016

Alle tieners is welkom – kaartjies kan teen R55 p/p by die kerkkantoor gekoop word, Ma – Vry 08:00 – 13:00 en Woensdae 18:00 – 19:00 tot en met 3 Februarie 2016. Ons vertrek om 17H00 vanaf die Sentrum.  Julle moet gou spring, daar is slegs plek vir 35.  Vir verdere navrae, kontak Ds. NJ (084 584 1331) of Marnus (061 661 1005).

 

KATEGESE UITSTAPPIE

Kategese word genooi na `n piekniek en swem in die dam op 7 Februarie 2016. Ons vertrek Sondagoggend @ 08:45  vanaf die kerk en sal om 13H30 terug wees by die kerk. R20 per kind – bring jou inskrywingsvorm saam.  Vervoer sal gereël word.

 

ONS HOU `N BOSKAMP

Graad 4 – 7 kategese is welkom! 19, 20 & 21 Februarie 2016 @ R240 per kind.  Ons gaan GOD as SKEPPER leer ken.  Volledige inligting by Adell (082 925 7190), kategete of kerkkantoor.

 

IMAGINE

1 – 3 APRIL 2016

Aandag alle tieners – dit is weer sulke tyd. Hou die datum oop en die spasie dop vir verdere inligting.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

G-VOUCHER PROJEK

Dit is v/a 22 tot 26 Februarie 2016 Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos elke middag v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.  Baie dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

GEMEENTEBEDIENING (DEURKOLLEKTE)

Die kommissie se opdrag is die normale opbou en toerusting van die gemeente in sy verkillende ampte en bedieninge, opbou van die gemeente tot ‘n feesvierende gemeente, sowel as die opbou van die huweliks- en gesinslewe en aandag aan kerkvervreemdes.

 

NG DROOGTEHULP PROJEK

Ons hou op 4 Maart 2016 `n fondsinsameling wat `n fliekaand behels en waarvan die opbrengs ten bate van die droogtehulp projek is. Indien dit op u hart geplaas word om `n bydrae te lewer vir die projek, kan u die volgende rekening gebruik:

Absa bank, Tjekrekening,

Rekeningnaam: NG Kerk in SA

Rekeningnommer: 407 842 5238

Takkode: 632 005

Verwysing: Droogtehulp

Vir meer inligting rakende die projek, kan u op die volgende facebook “link” gaan https://www.facebook.com/NG-Droogtehulp-1076997645664351/?fref=ts of op hul webwerf http://ngdroogtehulp.co.za/

 

In die Nuus