Deur : Skriba  /  February 19th, 2016

GELEENTHEDE OM TE GROEI

 

GESINSKAMP

Ons hou weer `n gesinskamp die naweek van 11 – 13 Maart saam met Ds. George Conradie by Jamaka in die Cederberge.  Hou die spasie dop vir verdere inligting.

 

MANNE ONTBYT

Op 5 Maart om 07:00 in die Wimpy kom deel Mnr. Wicus Naudé sy getuienis met ons en ons bid vir die wêreld.  Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor teen R50 elk.

 

DOOPKURSUS

Daar word `n doopkursus vir voornemende doopouers aangebied vanaf 23 Fbruarie – 15 Maart 2016 vanaf 18:00 – 19:00, elke Dinsdag in die Sentrum.  Kontak die kerkkantoor indien u sou belangstel.

 

BUSSIE PROJEK

SOSATIES, QUICHE & SKAAPSTERTJIES:

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak v 5 en rou skaapstertjies @ R50/pak van 10 t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties@ R15 elk  & vars gebakte spek & kaas quiche @ R20 elk, is op 26 Februarie 2016 van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.

 

GOLFDAG – MANNE\VROUE

Bussie projek beplan n golfdag op ‘n Vrydag namiddag wat ongeveer 3 uur sal duur, datum sal later aangekondig word.  Daar is plek vir 36 paartjies om te speel. Dit is ‘n  heerlike namiddag van samesyn waar die mans speel tot op die setperk en die vrouens putt. ‘n Mandjie met padkos mag saamgedra word. Die dag sal afgesluit word met ‘n ete en prysuitdeling.  Jy hoef nie n golfer te wees nie, daar sal wel n golfer in elke span wees om die span tot by die setperk te bring. Kontak asb vir Leroy Le Riche en gee u naam op vir deelname – 0825557481

VROUEDAG

Bussie projek beplan n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Bussie projek beplan om een keer per maand op n Saterdag oggend n roete te ry in ons area wat by die kerk sal eindig met n oggend ontbyt. Die roete sal beplan word nagelang van belangstelling deur oud en jonk.  Kontak asb vir Andre Glliland – 082577746

 

INLIGTINGSKAARTJIE

Indien u nuut is of iets onder ons aandag wil bring, gebruik asseblief die kaartjie wat voorsien is in die bank.

 

SAFARI WATERPUNT – 2 MEI

Indien iemand sou belangstel om die waterpunt te behartig, kontak vir NJ of Jan.

 

WEEK VAN VERNUWING PREKE

Indien u sou belangstel – die preke is elektronies beskikbaar by die kerkkantoor.

 

KERK KONTAKBESONDERHEDE

Daar is nagelaat om die kerk se kontakbesonderhede op die almanak te plaas.  Daar is plakkers met die besonderhede beskikbaar by u Ouderling, Kerkkantoor en by die ingangsportaal.

 

OU CHRISTELIKE TYDSKRIFTE

Indien u ou christelike tydskrifte, bv. Lig, Leef of Juig het wat u nie meer gebruik nie, sal ons waardeer as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

 

PURITY POTJIES

Indien u leë purity potjies het wat u vir ons kan skenk vir die basaar, sal dit waardeer word as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

NG DROOGTEHULP PROJEK

Ons hou op 4 Maart 2016 `n fondsinsameling wat `n fliekaand behels en waarvan die opbrengs ten bate van die droogtehulp projek is. Indien dit op u hart geplaas word om `n bydrae te lewer vir die projek, kan u die volgende rekening gebruik:

Absa bank, Tjekrekening

Rekeningnaam: NG Kerk in SA

Rekeningnommer: 407 842 5238

Takkode: 632 005, Verwysing: Droogtehulp

Vir meer inligting rakende die projek, kan u op die volgende facebook “link” gaan https://www.facebook.com/NG-Droogtehulp-1076997645664351/?fref=ts of op hul webwerf http://ngdroogtehulp.co.za/

 

WOEKER PROJEKTE

 

SILWERKRUIN

Hou basaar op Saterdag 5 Maart 2016 om 08:00.  Kaartjies is vooraf te koop by Silwerkruin. Hulle benodig asb ook nog skenkings vir die gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone ‘n bydrae wil maak kan hul dit asb teen 1 Maart 2016 by Silwerkruin afgee.

 

JAGKOMPETISIE

Wellington-Oos tesame met Middelburg gemeente bied `n jagkompetisie aan met wonderlike pryse.  Kaartjies is beskikbaar teen R200 by Tinus Broodryk (0829202290) of Herman Le Roux (0834419455).

 

WASGOEDPENNETJIES

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies @ R30 per pakkie.  Kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 of 072 244 3931, asook die Kerkkantoor indien u belangstel.

 

ALGEMEEN

 

FAMILIENUUS

Stuur asb u bydraes vir die familienuus voor 23 Februarie na die kerkkantoor.

 

NUUS VAN MIRRIAM

Sien asb. ons facebook blad en webtuiste.

 

G-VOUCHER PROJEK

22 tot 26 Februarie 2016 is dit Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos smiddae v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.  Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning.

 

JEUG PRET

 

IMAGINE

1 – 3 APRIL 2016

Aandag alle tieners – dit is weer sulke tyd.  Hou die datum oop en die spasie dop vir verdere inligting.

 

KUIER GELEENTHEDE

 

GEMEENTE VROUE KENMEKAAR

Woensdag 24 Februarie  om 19h00

Hou die datum asb oop !!!! Ons byeenkoms is op ‘n geheime plek . Ry met jou voertuig na Dwergiebos en volg dan die ballonne al langs die pad tot by die bestemming. Ons sal dit waardeer indien u `n R5 muntstuk kan saambring. Sien uit om jou daar te hê!! Mans ook welkom.

 

GEMEENTE ETE : 13 MAART

Vanjaar word die gemeente ete vervang met  heerlike koek, soet en sout!!! Dit vind plaas direk na kerk, terwyl u vir die katagese wag. Daar is geen kaartjie verkope nie, u kan net ‘n donasie gee. Kom net en geniet die teetyd saam met ons .

In die Nuus