Deur : Skriba  /  February 26th, 2016

GELEENTHEDE OM TE GROEI

 

GESINSKAMP

Ons kamp saam as gesinne van 11 – 13 Maart onder leiding van Ds. George Conradie by Jamaka in die Cederberge.  Die tema is “Ek en my huis”.  Kostes beloop R40 p/p per nag – betaling geskied met aankoms.  Elkeen verskaf sy eie kos en drinkgoed.  Daar is baie te doen – stap, swem, draf, rus… Indien u belangstel, kontak vir Ansa Oosthuizen by 082 562 3604.

 

WÊRELDBIDDAG VIR MANS

MANNE ONTBYT

Op 5 Maart om 07:00 in die Wimpy kom deel Mnr. Wicus Naudé sy getuienis met ons en ons bid vir die wêreld.  Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor teen R50 elk.

 

DOOPKURSUS

Daar word `n doopkursus vir voornemende doopouers aangebied vanaf 23 Fbruarie – 15 Maart 2016 vanaf 18:00 – 19:00, elke Dinsdag in die Sentrum.  Kontak die kerkkantoor indien u sou belangstel.

 

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE

Donderdagaand 3 Maart om 19:00 in NGKerk Wellington-Noord. TEMA: “Laat die kindertjies na my toe kom”.  Saamgestel deur die Christen Vroue van Kuba.  SPREKER: Janine Coetzee van There4 Bediening.  Sagte kollekte sal by deure opgeneem word. Verversings in saal na die tyd.

 

Daar is ook geleentheid om saam te bid Vrydagoggend, 4 Maart om 09:00 in die konsistorie.

 

PASSIESPEL

Op 13 Maart om 19H00 word `n passiespel opgevoer in die Moederkerk o.l.v. Mariëtte v Velden.  Ons het geen aanddiens en woon dan die passiespel by.

 

BUSSIE PROJEK

SOSATIES, QUICHE & SKAAPSTERTJIES:

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak v 5 en rou skaapstertjies @ R50/pak van 10 t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.

GOLFDAG – MANNE\VROUE

Bussie projek beplan n golfdag op ‘n Vrydag namiddag wat ongeveer 3 uur sal duur, datum sal later aangekondig word.  Daar is plek vir 36 paartjies om te speel. Dit is ‘n  heerlike namiddag van samesyn waar die mans speel tot op die setperk en die vrouens putt. ‘n Mandjie met padkos mag saamgedra word. Die dag sal afgesluit word met ‘n ete en prysuitdeling.  Jy hoef nie n golfer te wees nie, daar sal wel n golfer in elke span wees om die span tot by die setperk te bring. Kontak asb vir Leroy Le Riche en gee u naam op vir deelname – 0825557481

 

VROUEDAG

Bussie projek beplan n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Bussie projek beplan om een keer per maand op n Saterdag oggend n roete te ry in ons area wat by die kerk sal eindig met n oggend ontbyt. Die roete sal beplan word nagelang van belangstelling deur oud en jonk.  Kontak asb vir Andre Glliland – 082577746

 

WOEKER PROJEKTE

SILWERKRUIN

Hou basaar op Saterdag 5 Maart 2016 om 08:00.  Kaartjies is vooraf te koop by Silwerkruin. Hulle benodig asb ook nog skenkings vir die gebak tafel nl. Kleinkoekies en Beskuit. Indien enige persone ‘n bydrae wil maak kan hul dit asb teen 1 Maart 2016 by Silwerkruin afgee.

 

BYBELSTAP

Die jaarlikse ATKV Bybelstap vind vanjaar op 9 Maart plaas. Ons begin 17:30 regoor die Hoërskool in Gen. Hertzog vir 3 en 5 km. Die donasie is vanjaar R25 per persoon en elkeen ontvang ’n madalje. Alle fondse word aan die Bybelgenootskap oorbetaal. Verlede jaar was dit meer as R4 000! Kom stap saam! Kontak Danie 084 5172610.

 

WASGOEDPENNETJIES

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies @ R30 per pakkie.  Kontak die Kerkkantoor indien u belangstel.

 

FLIEKAAND

Ons hou op 4 Maart 2016 @ 19:00`n  fliekaand ten bate van die droogtehulp projek. Die fliek is “The Ultimate Gift”.  R50 volw. en R20 kinders – popcorn ing.  Bring eie piekniekmandjies.  Sap en spookasem sal te koop wees.  Kaartjies is beskikbaar by La Papillon 021 873 7393 of Kerkkantoor, asook die fliekaand.

 

ALGEMEEN

3-IN-1 BYBELS TE KOOP

Bybels wat die Bybel (Nuwe Vertaling), die volledige Liedboek van die kerk (grootdruk), asook die Drie Formuliere van Eenheid en Die Ekumeniese Belydenisse bevat, is te koop teen R100 elk.  Kontak die kerkkantoor indien u belangstel.

 

OU CHRISTELIKE TYDSKRIFTE

Indien u ou christelike tydskrifte, bv. Lig, Leef of Juig het wat u nie meer gebruik nie, sal ons waardeer as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

PURITY POTJIES

Indien u leë purity potjies het wat u vir ons kan skenk vir die basaar, sal dit waardeer word as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

 

BAIE GELUK AAN ONS GEMEENTESEUN

Bevestiging van Erick du Toit, seun van Pieter en Susna du Toit vind die naweek plaas by NG Kerk Mellville Kruiskerk in Johannesburg.

 

VERWELKOMING

Indien dit vir u lekker is om mense welkom te laat  voel, maak nie saak of u oud, jonk, kind of gesin is  nie, gee u naam deur vir die kerkkantoor.

 

JEUG PRET

IMAGINE TIENER SAAMTREK 1 – 3 APRIL  Vind plaas by Mega Park in Bredasdorp. Inskrywings word by Hugenote Hoërskool gedoen. Navrae kan gerig word aan Theo van Zyl 071 363 9446 /jtvanzyl@gmail.com

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

NG DROOGTEHULP PROJEK

Indien dit op u hart geplaas word om `n bydrae te lewer vir die projek, kan u die volgende rekening gebruik:

Absa bank, Tjekrekening

Rekeningnaam: NG Kerk in SA

Rekeningnommer: 407 842 5238

Takkode: 632 005, Verwysing: Droogtehulp

Vir meer inligting rakende die projek, kan u op die volgende facebook “link” gaan https://www.facebook.com/NG-Droogtehulp-1076997645664351/?fref=ts of op hul webwerf http://ngdroogtehulp.co.za/

In die Nuus