Deur : Skriba  /  March 6th, 2016

WELLINGTON-OOS SE VISIE EN MISSIE

VISIE:    Wellington-Oos is `n Geesvervulde

Gemeente wat saam met ander in die

wêreld, vir Jesus volg.

 

MISSIE:  Ons bind mense aan Jesus.

Ons bind mense aan mekaar.

Onder leiding van Jesus, maak ons `n

verskil.

 

GELEENTHEDE OM

TE GROEI

 

GESINSKAMP

Ons kamp saam as gesinne van 11 – 13 Maart onder leiding van Ds. George Conradie by Jamaka in die Cederberge.  Die tema is “Ek en my huis”.  Kostes beloop R40 p/p per nag – betaling geskied met aankoms.  Elkeen verskaf sy eie kos en drinkgoed.  Daar is baie te doen – stap, swem, draf, rus… Indien u belangstel, kontak vir Ansa Oosthuizen by 082 562 3604.

 

PASSIESPEL

Op 13 Maart om 19H00 word `n passiespel opgevoer in die Moederkerk o.l.v. Mariëtte v Velden.  Ons het geen aanddiens en woon dan die passiespel by.

Daar word dames benodig wat na afloop van die passiespel kan help met die verskaffing en bediening van ligte verversings aan die passiespel lede.  Indien u kan help, kontak  Susna du Toit by 084 664 1665.

 

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie – 9 Julie 2016.  Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

TRAUMA EN HOOP KURSUS

Vind plaas op 11 – 12 Maart 2016 by Communitas, Stellenbosch – vir verdere inligting sien ons webtuiste en FB blad.

 

DOOPKURSUS

Daar word `n doopkursus vir voornemende doopouers aangebied vanaf 23 Februarie – 15 Maart 2016 vanaf 18:00 – 19:00, elke Dinsdag in die Sentrum.  Kontak die kerkkantoor indien u sou belangstel.

 

BUSSIE PROJEK

SOSATIES, QUICHE & SKAAPSTERTJIES:

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties@ R15 elk  & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op 17 Maart 2016 van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.

GOLFDAG – MANNE\VROUE

Bussie projek se golfdag vind plaas op 9 September 2016 om 14H00.  Daar is plek vir 36 paartjies om te speel. Dit is ‘n  heerlike namiddag van samesyn waar die mans speel tot op die setperk en die vrouens putt. ‘n Mandjie met padkos mag saamgedra word. Die dag sal afgesluit word met ‘n ete en prysuitdeling.  Jy hoef nie n golfer te wees nie, daar sal wel n golfer in elke span wees om die span tot by die setperk te bring. Kontak asb vir Leroy Le Riche en gee u naam op vir deelname – 0825557481

VROUEDAG

Bussie projek beplan n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Bussie projek beplan om een keer per maand op n Saterdag oggend n roete te ry in ons area wat by die kerk sal eindig met n oggend ontbyt. Die roete sal beplan word na gelang van belangstelling deur oud en jonk.  Kontak asb vir Andre Glliland – 082577746

 

WOEKER PROJEKTE

BYBELSTAP

Die jaarlikse ATKV Bybelstap vind vanjaar op 9 Maart plaas. Ons begin 17:30 regoor die Hoërskool in Gen. Hertzog vir 3 en 5 km. Die donasie is vanjaar R25 per persoon en elkeen ontvang ’n madalje. Alle fondse word aan die Bybelgenootskap oorbetaal. Verlede jaar was dit meer as R4 000! Kom stap saam! Kontak Danie 084 5172610.

 

WASGOEDPENNETJIES

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie goeie kwaliteit wasgoedpennetjies @ R30 per pakkie.  Kontak die Kerkkantoor indien u belangstel.

 

ALGEMEEN

3-IN-1 BYBELS TE KOOP

Bybels wat die Bybel (Nuwe Vertaling), die volledige Liedboek van die kerk (grootdruk), asook die Drie Formuliere van Eenheid en Die Ekumeniese Belydenisse bevat, is te koop teen R100 elk.  Kontak die kerkkantoor indien u belangstel.

 

OU CHRISTELIKE TYDSKRIFTE

Indien u ou christelike tydskrifte, bv. Lig, Leef of Juig het wat u nie meer gebruik nie, sal ons waardeer as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

PURITY POTJIES

Indien u leë purity potjies het wat u vir ons kan skenk vir die basaar, sal dit waardeer word as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

 

NB!  PASTORALE BRIEF

Ons het `n brief van die Algemene sinode ontvang en op ons webtuiste geplaas – sal waardeer indien u dit sal lees.

 

VERWELKOMING

Indien dit vir u lekker is om mense welkom te laat  voel, maak nie saak of u oud, jonk, kind of gesin is  nie, gee u naam deur vir die kerkkantoor.

 

JEUG PRET

KIX – Gaan normaal voort op Woensdag vanaf 16:00 – 17:00 by die Sentrum.

 

TEKKIES  (Gr 4 – 6) & TWITTERS  (Gr 7)

Ons neem almal saam deel op Woensdag aan

die Bybelstap.  Ons ontmoet mekaar by die wegspringplek, regoor die Hoërskool in Gen. Hertzog.

 

IMAGINE TIENER SAAMTREK 1 – 3 APRIL  Vind plaas by Mega Park in Bredasdorp. Inskrywings word by Hugenote Hoërskool gedoen. Navrae kan gerig word aan Theo van Zyl 071 363 9446 /jtvanzyl@gmail.com

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

NG DROOGTEHULP PROJEK

Indien dit op u hart geplaas word om `n bydrae te lewer vir die projek, kan u die volgende rekening gebruik:

Absa bank, Tjekrekening

Rekeningnaam: NG Kerk in SA

Rekeningnommer: 407 842 5238

Takkode: 632 005, Verwysing: Droogtehulp

Vir meer inligting rakende die projek, kan u op die volgende facebook “link” gaan https://www.facebook.com/NG-Droogtehulp-1076997645664351/?fref=ts of op hul webwerf http://ngdroogtehulp.co.za/

KUIER GELEENTHEDE

 

GEMEENTE ETE : 13 MAART

Vanjaar word die gemeente ete vervang met  heerlike koek, soet en sout!!! Dit vind plaas direk na kerk, terwyl u vir die katagese wag. Daar is geen kaartjie verkope nie, u kan net ‘n donasie gee. Kom net en geniet die teetyd saam met ons .

 

In die Nuus