Deur : Skriba  /  March 11th, 2016

WELLINGTON-OOS SE VISIE EN MISSIE

VISIE: Wellington-Oos is `n Geesvervulde
Gemeente wat, saam met ander, vir Jesus in die wêreld volg.

MISSIE:
Om mense aan Jesus te bind, deur…
• hulle aan Jesus bekend te stel; en
• te help om Jesus lief te hê, te vertrou en te gehoorsaam.

Ons mense aan mekaar te bind, deur….
• gasvryheid,
• warm interaksie,
• onderlinge versorging en hulp.

Om onder leiding van die Gees `n verskil in die wêreld te maak, deur…
• lidmate te help om God se wil te ken,
• lidmate te bemagtig, begelei en te ondersteun.

BELANGRIKE INLIGTING
Neem asseblief kennis dat die oggenddienste se tye verander vanaf 3 April 2016 na 09:30!

SPESIALE GELEENTHEDE
KURSUS
Ds. Bennie van Moedergemeente bied Maandag en Dinsdag aande van 19H00 – 20H30 in die Marthasaal `n kursus aan oor Openbaring vir vandag. Indien u belangstel kontak Moedergemeente se kerkkantoor.

MALAWI UITREIK
Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie – 9 Julie 2016. Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

DEPRESSIE EN ANGS-ONDERSTEUNINGSGROEPE
Luc Scheepers ‘n kliniese sielkundige van die Paarl bied `n praatjie aan oor “Selfdood – is dit `n oplossing”, op Woensdag, 16 Maart om 19H15 in die kerksaal in Kerkstraat. Vir meer inligting kontak Petro by 072 709 8000 of 021 873 4688

BUSSIE PROJEK

SOSATIES &  QUICHE

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties@ R15 elk  & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op Woensdag, 23 Maart 2016 van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.

 

GOLFDAG – MANNE\VROUE

Bussie projek se golfdag vind plaas op 9 September 2016 om 14H00.  Daar is plek vir 36 paartjies om te speel. Dit is ‘n  heerlike namiddag van samesyn waar die mans speel tot op die setperk en die vrouens putt. ‘n Mandjie met padkos mag saamgedra word. Die dag sal afgesluit word met ‘n ete en prysuitdeling.  Jy hoef nie n golfer te wees nie, daar sal wel n golfer in elke span wees om die span tot by die setperk te bring. Kontak asb vir Leroy Le Riche en gee u naam op vir deelname – 0825557481

 

VROUEDAG

Bussie projek beplan n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Hierdie is vir oud en jonk,lank en kort, fiks en onfiks !!!  die hele Familie !!  Daar word beoog om een Saterdag oggend per maand n roete te ry waarna almal terugkeer na die Sentrum by die kerk vir n ligte ontbyt of koffie en beskuit.  Die rit sal so vanaf 6.30 begin en 7.30-8.00 klaar wees by die sentrum  Jou hele dag is daarna nog oop! Dit is n wonderlike geleentheid vir samesyn onder gemeentelede, asook waar n familie kan saamry en gesellig kan verkeer tydens die rit en daarna. Kontak persoon – Andre Gilliland – 0825777466 SMS my asb sodat ek jou nommer en naam  het en op die  Whatts- Up / SMS groep kan byvoeg .

JEUG PRET

IMAGINE TIENER SAAMTREK 1 – 3 APRIL  Vind plaas by Mega Park in Bredasdorp. Inskrywings word by Hugenote Hoërskool gedoen. Navrae kan gerig word aan Theo van Zyl 071 363 9446 /jtvanzyl@gmail.com

 

GESAMENTLIKE BRAAI

Alle Tekkies, Smarties, Twitters en Chomps

braai saam (Gr4 – 11), Woensdag om 17:30 by die Sentrum.  Bring `n worsie of vleisie saam.

 

SENIOR KAPPERJOLLE

Die Herfsvreugdekoor braai Maandag, 17H30 by die Dienssentrum – jul gades is ook welkom!

 

ALGEMEEN

3-IN-1 BYBELS TE KOOP

Bybels wat die Bybel (Nuwe Vertaling), die volledige Liedboek van die kerk (grootdruk), asook die Drie Formuliere van Eenheid en Die Ekumeniese Belydenisse bevat, is te koop teen R100 elk.  Kontak die kerkkantoor indien u belangstel.

 

G-VOUCHER KLEREBANK

Daar is `n dringende versoek vir mansklere.  Die groottes wat gesoek word is 30/40 en skoene (baie groot nood) no. 6 – 9.  Klere kan by die terrein afgelewer word.  Vir navrae kontak Clifford by 078 866 2439.

 

GELOOFSOFFERBELOFTE

Ons herinner julle om asb. julle voltooide geloofsoffervorms in die kollektebord te plaas. Onthou ook om die koeverte vir die vorms voor in die portaal af te haal.

 

FLIEKAAND

Baie dankie vir almal wat `n bydrae gelewer het, donasies ingesluit.  Die bedrag van R6 750 is aan SA Droogtehulp Fonds oorbetaal.

 

NOODKAS

Voorraad is tans baie min.  Enige bydrae sal baie waardeer word.

 

PURITY POTJIES

Indien u leë purity potjies het wat u vir ons kan skenk vir die basaar, sal dit waardeer word as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

 

WIL JY HIER BETROKKE RAAK?

As jy graag ’n bediening onder Moslems wil ondersteun, is hier ’n besondere geleentheid. Die Getuienisbediening het onderneem om die besonderhede van die volgende gesin aan die gemeente bekend te maak vir gebeds- en finansiële ondersteuning. Fouad  is ’n gebore Moslem en Marokaan wat die Here leer ken het. Hy is met n Afrikaner meisie getroud wat jare by kinderwerk betrokke is. Die Here het hulle geroep om onder leiding van ’n erkende sendingorganisasie in die Marokaanse gemeenskap van Brussels die evangelie te verkondig. 50% van al die Moslems in België (6% van die bevolking) woon in Brussels en van die groep is 60% Marokane. Julle kan hulle kontak by fjmoushine@swissmail.com. Bankbesonderhede: Johnnetta Mouhsine, FNB, Tjek rekening : 62383872499, Takkode: 250655

 

LYS VAN BEDIENINGE

’n Lys van baie verskillende soorte bedieninge en kontakbesonderhede van leiers is in die voorportaal beskikbaar. Neem asb. en word betrokke by ’n bediening waar jou gawes en tyd ’n verskil kan maak.

 

KRUISSTASIES

Wellington Moederkerk se kerkgebou sal oop wees in Groot Lydensweek  van Dinsdag 22 Maart- Donderdag 24 Maart tussen 10:00-12:00 en 17:00-20:00.  Twaalf stasies word ingeruim vir mense om met al hul sintuie, nadenkend en stil die lydensweg van Jesus na te loop.

 

OU CHRISTELIKE TYDSKRIFTE

Indien u ou christelike tydskrifte, bv. Lig, Leef of Juig het wat u nie meer gebruik nie, sal ons waardeer as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

 

 

PREDIKANTE NUUS

Ds. NJ van As sal met verlof wees vanaf 19 – 28 Maart 2016.

 

Ds. Jan Grobbelaar sal met verlof wees vanaf 28 Maart – 4 April 2016.

In die Nuus