Deur : Skriba  /  March 22nd, 2016

WELLINGTON-OOS SE VISIE EN MISSIE

 

VISIE:    Wellington-Oos is `n Geesvervulde

Gemeente wat, saam met ander, vir      Jesus  in die wêreld volg.

 

MISSIE:

Om mense aan Jesus te bind, deur…

  • hulle aan Jesus bekend te stel; en
  • te help om Jesus lief te hê, te vertrou en te gehoorsaam.

 

Ons mense aan mekaar te bind, deur….

  • gasvryheid,
  • warm interaksie,
  • onderlinge versorging en hulp.

 

Om onder leiding van die Gees `n verskil in die wêreld te maak, deur…

  • lidmate te help om God se wil te ken,
  • lidmate te bemagtig, begelei en te ondersteun.

 

PREDIKANTE NUUS

Ds. NJ van As sal met verlof wees vanaf 19 – 28 Maart 2016.

 

Ds. Jan Grobbelaar sal met verlof wees vanaf 28 Maart – 4 April 2016.

 

BELANGRIKE INLIGTING

Neem asseblief kennis dat die oggenddienste se tye verander vanaf 3 April 2016 na 09:30!

 

SPESIALE GELEENTHEDE

KURSUS

Ds.  Bennie van Moedergemeente bied Maandag en Dinsdag aande van 19H00 – 20H30 in die Marthasaal `n kursus aan oor Openbaring vir vandag.  Indien u belangstel kontak Moedergemeente se kerkkantoor.

 

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie – 9 Julie 2016.  Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

BUSSIE PROJEK

SOSATIES &  QUICHE

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties@ R15 elk  & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op Woensdag, 23 Maart 2016 van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.

 

GOLFDAG – MANNE\VROUE

Bussie projek se golfdag vind plaas op 9 September 2016 om 14H00.  Daar is plek vir 36 paartjies om te speel. Dit is ‘n  heerlike namiddag van samesyn waar die mans speel tot op die setperk en die vrouens putt. ‘n Mandjie met padkos mag saamgedra word. Die dag sal afgesluit word met ‘n ete en prysuitdeling.  Jy hoef nie n golfer te wees nie, daar sal wel n golfer in elke span wees om die span tot by die setperk te bring. Kontak asb vir Leroy Le Riche en gee u naam op vir deelname – 0825557481

 

VROUEDAG

Bussie projek beplan ‘n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Hierdie is vir oud en jonk,lank en kort, fiks en onfiks !!!  die hele Familie !!  Daar word beoog om een Saterdag oggend per maand n roete te ry waarna almal terugkeer na die Sentrum by die kerk vir n ligte ontbyt of koffie en beskuit.  Die rit sal so vanaf 6.30 begin en 7.30-8.00 klaar wees by die sentrum  Jou hele dag is daarna nog oop! Dit is n wonderlike geleentheid vir samesyn onder gemeentelede, asook waar n familie kan saamry en gesellig kan verkeer tydens die rit en daarna. Kontak persoon – Andre Gilliland – 0825777466 SMS my asb sodat ek jou nommer en naam  het en op die  Whatts- Up / SMS groep kan byvoeg .

 

JEUG PRET

IMAGINE TIENER SAAMTREK 1 – 3 APRIL  Vind plaas by Mega Park in Bredasdorp. Inskrywings word by Hugenote Hoërskool gedoen. Navrae kan gerig word aan Theo van Zyl 071 363 9446 /jtvanzyl@gmail.com

 

ALGEMEEN

3-IN-1 BYBELS TE KOOP

Bybels wat die Bybel (Nuwe Vertaling), die volledige Liedboek van die kerk (grootdruk), asook die Drie Formuliere van Eenheid en Die Ekumeniese Belydenisse bevat, is te koop teen R100 elk.  Kontak die kerkkantoor indien u belangstel.

NOODKAS

Voorraad is tans baie min.  Enige bydrae sal baie waardeer word.

 

GEBEDSIMFONIE

Die Wellington Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sending) ontmoet weer op Sondag 20 Maart 2016 by Eerste Laan 22, Wellington om 15:30. Almal welkom! Bring jou eie gebedsonderwerpe ook saam. Vir meer inligting: ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

LIG TYDSKRIF

Indien u sou belangstel om in te teken op die Lig tydskrif teen `n verlaagde tarief, kontak die Kerkkantoor teen 31 Maart 2016.

 

KRUISSTASIES

Wellington Moederkerk se kerkgebou sal oop wees in Groot Lydensweek  van Dinsdag 22 Maart- Donderdag 24 Maart tussen 10:00-12:00 en 17:00-20:00.  Twaalf stasies word ingeruim vir mense om met al hul sintuie, nadenkend en stil die lydensweg van Jesus na te loop.

 

WOEKER PROJEKTE

AKKERS 2016

Akkers is weer aan die val en dis tyd om te begin optel.  Ons loods weer vanjaar ‘n aksie om akkers bymekaar te maak vir ‘n fonds insameling.  Aflaai punte by Bainstr 98 of agter die kerk kantoor.  Kontak Chris Olivier vir verdere inligting (0824674386 of OlivierC@Vodamail.co.za )

 

G-VOUCHER KLEREBANK

Daar is `n dringende versoek vir mansklere.  Die groottes wat gesoek word is 30/40 en skoene (baie groot nood) no. 6 – 9.  Klere kan by die terrein afgelewer word.  Vir navrae kontak Clifford by 078 866 2439.

 

28 Maart tot 01 April 2016 is dit Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos smiddae v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Steenkamp Claassen by 021 873 3163 / 083 650 8104.  Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek

In die Nuus