Deur : Skriba  /  April 3rd, 2016

WELLINGTON-OOS SE VISIE EN MISSIE

 

VISIE:    Wellington-Oos is `n Geesvervulde

Gemeente wat, saam met ander, vir      Jesus  in die wêreld volg.

 

MISSIE:

Om mense aan Jesus te bind, deur…

  • hulle aan Jesus bekend te stel; en
  • te help om Jesus lief te hê, te vertrou en te gehoorsaam.

 

Ons mense aan mekaar te bind, deur….

  • gasvryheid,
  • warm interaksie,
  • onderlinge versorging en hulp.

 

Om onder leiding van die Gees `n verskil in die wêreld te maak, deur…

  • lidmate te help om God se wil te ken,
  • lidmate te bemagtig, begelei en te ondersteun.

 

BELANGRIKE INLIGTING

VREUGDEDIENS

Vreugdediens vergader Woensdag, 6 April 2016 om 10H00 by Hetta Cloete se huis.

 

INLIGTINGSKAARTJIE

Indien u nuut is of iets onder ons aandag wil bring, gebruik asseblief die kaartjie wat voorsien is in die bank.

 

 

SPESIALE GELEENTHEDE

KURSUS

Ds.  Bennie van Moedergemeente bied Maandag en Dinsdag aande van 19H00 – 20H30 in die Marthasaal `n kursus aan oor Openbaring vir vandag.  Indien u belangstel kontak Moedergemeente se kerkkantoor.

 

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie tot 9 Julie 2016.  Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

BUSSIE PROJEK

SOSATIES &  QUICHE

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.

 

GOLFDAG – MANNE\VROUE

Bussie projek se golfdag vind plaas op 9 September 2016 om 14H00.  Daar is plek vir 36 paartjies om te speel. Dit is ‘n  heerlike namiddag van samesyn waar die mans speel tot op die setperk en die vrouens putt. ‘n Mandjie met padkos mag saamgedra word. Die dag sal afgesluit word met ‘n ete en prysuitdeling.  Jy hoef nie n golfer te wees nie, daar sal wel n golfer in elke span wees om die span tot by die setperk te bring. Kontak asb vir Leroy Le Riche en gee u naam op vir deelname – 0825557481

 

VROUEDAG

Bussie projek beplan ‘n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Hierdie is vir oud en jonk,lank en kort, fiks en onfiks !!!  die hele Familie !!  Daar word beoog om een Saterdag oggend per maand n roete te ry waarna almal terugkeer na die Sentrum by die kerk vir n ligte ontbyt of koffie en beskuit.  Die rit sal so vanaf 6.30 begin en 7.30-8.00 klaar wees by die sentrum  Jou hele dag is daarna nog oop! Dit is n wonderlike geleentheid vir samesyn onder gemeentelede, asook waar n familie kan saamry en gesellig kan verkeer tydens die rit en daarna. Kontak persoon – Andre Gilliland – 0825777466 SMS my asb sodat ek jou nommer en naam  het en op die  Whatts- Up / SMS groep kan byvoeg .

 

ALGEMEEN

NOODKAS

Voorraad is tans baie min.  Enige bydrae sal baie waardeer word.

 

LIG TYDSKRIF

Indien u sou belangstel om in te teken op die Lig tydskrif teen `n verlaagde tarief, kontak die Kerkkantoor voor 30 April 2016.

 

 

OU CHRISTELIKE TYDSKRIFTE

Indien u ou christelike tydskrifte, bv. Lig, Leef of Juig het wat u nie meer gebruik nie, sal ons waardeer as u dit by die Kerkkantoor kan afgee.

 

G-VOUCHER KLEREBANK

Daar is `n dringende versoek vir mansklere.  Die groottes wat gesoek word is 30/40 en skoene (baie groot nood) no. 6 – 9.  Klere kan by die terrein afgelewer word.  Vir navrae kontak Clifford by 078 866 2439.

 

DRINGENDE BEHOEFTE

Daar is `n behoefte aan klere vir `n 16 jarige seun, skoengrootte 7, Medium top en 32 broek.  Indien u kan help, gee dit by die kerkkantoor af.

 

PURITY POTJIES

Indien u leë purity potjies het wat u vir ons kan skenk vir die basaar, sal dit waardeer word as u dit by die kerkkantoor kan afgee.

 

Rolstoelprojek

Ons samel steeds koeldrank doppies en broodknypertjies in vir die rolstoelprojek, wat u by die kerkkantoor kan afgee.

 

WOEKER PROJEKTE

AKKERS 2016

Akkers is weer aan die val en dis tyd om te begin optel.  Ons loods weer vanjaar ‘n aksie om akkers bymekaar te maak vir ‘n fonds insameling.  Aflaai punte by Bainstr 98 of agter die kerkkantoor.  Kontak Chris Olivier vir verdere inligting (0824674386 of OlivierC@Vodamail.co.za )

 

KERRIE EN RYS VERKOPE

Vreugdediens maak kerrie en rys wegneem etes op 22 April 2016 teen R25 en kan afgehaal word by die kerksaal tussen 12H00 en 14H00 (niks later).  Kaartjies is te koop by die kerkkantoor of by die komiteelede.  Vir verdere navrae, kontak Hetta Cloete by 021 873 3158.

In die Nuus