Deur : Skriba  /  April 11th, 2016

PREDIKANTE NUUS

Ds. NJ van As is by Malgas gemeente vanoggend.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

JEUGPROGRAM VIR DIE WEEK

Woensdag:    

16:00 – 17:00  – Kix

17:30 – 18:30 – Tekkies  (Gr 4 – 6)

17:30 – 18:30 – Twitters  (Gr 7)

 

HUIS MOPANIE

Op Vrydag 15 April neem ons die 14 seuns en hulle huismamma, Charmaine op ‘n bederf uitstappie na Paarl Mall.  Ouerpare uit ons gemeente vergesel die kinders.  Elke kind sal ‘n koevertjie met kontant ontvang waarmee hulle self (met volwasse leiding) inkopies gaan doen.  Op die behoefte lyste is daar skoolskoene, tasse, sweetpakkies en onderklere.  Winter is voor die deur en die behoeftes is groot.  Indien u graag ‘n kontant bydrae wil maak of dalk as ouerpaar hulle wil vergesel, is u welkom om vir Adell Erasmus te kontak (082 925 7190). Kontant bydraes kan ook by die kerkkantoor in ‘n gemerkte koevert afgegee word.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

G-VOUCHER PROJEK

G-Voucher Gebedsuur –  Dinsdag 12 April – 17H00-18H00 op terrein langs Moederkerk.

Almal uitgenooi- bidders, boodskappers, ondersteuners, belangstellendes!  Om die Here deur Woord, gebed en sang te verheerlik en te fokus  op Jesus en Sy opdrag –

‘Gaan na die strate, gangetjies, lanings, en bring hulle in vir die Koninkryk.’

Kom deel enige Skrifwoord, gedagte of beeld wat die Here op jou hart lê.

.

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie tot 9 Julie 2016.  Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

DUVETPROJEK

Jammer dat ons al weer LASTIG is. Ja, ons moet weer las en daarom soek ons  rywilligers om 6 bane (klaar geknip ) aanmekaar te stik vir die bokant van ‘n duvetsloop. Skakel asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853 as jy kan help.

 

SNOEKFEES – MIDDELBURG 2016

Die jaarlikse Snoekfees te Middelburg vind plaas tydens die naweek van 10 – 12 Junie 2016.  Soos gewoonlik neem ons n aantal gaste saam, bo en behalwe die werkers, om bande te bou en te verstewig tussen die twee gemeentes.  Gemeentelede wat graag wil saamgaan moet asb hulle name deurgee aan

Danie Theart 084 517 2610 voor of op Maandag 16 Mei 2016.

 

BUSSIE PROJEK

SOSATIES &  QUICHE

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties @ R15 elk & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op Vrydag 29 April van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.  Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word.

 

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Hierdie is vir oud en jonk,lank en kort, fiks en onfiks !!!  die hele Familie !!  Daar word beoog om een Saterdag oggend per maand n roete te ry waarna almal terugkeer na die Sentrum by die kerk vir n ligte ontbyt of koffie en beskuit.  Die rit sal so vanaf 6.30 begin en 7.30-8.00 klaar wees by die sentrum  Jou hele dag is daarna nog oop! Dit is n wonderlike geleentheid vir samesyn onder gemeentelede, asook waar n familie kan saamry en gesellig kan verkeer tydens die rit en daarna. Kontak persoon – Andre Gilliland – 0825777466 SMS my asb sodat ek jou nommer en naam  het en op die  Whatts- Up / SMS groep kan byvoeg .

 

VROUEDAG

Bussie projek beplan ‘n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

ALGEMEEN

NOODKAS

Voorraad is tans baie min.  Enige bydrae sal baie waardeer word.

 

G-VOUCHER KLEREBANK

Daar is `n dringende versoek vir mansklere.  Die groottes wat gesoek word is 30/40 en skoene (baie groot nood) no. 6 – 9.  Klere kan by die terrein afgelewer word.  Vir navrae kontak Clifford by 078 866 2439.

 

DRINGENDE BEHOEFTE

Daar is `n behoefte aan klere vir `n 16 jarige seun, skoengrootte 7, Medium top en 32 broek.  Indien u kan help, gee dit by die kerkkantoor af.

 

ROLSTOEL PROJEK

Ons samel steeds koeldrank doppies en broodknypertjies in vir die rolstoelprojek, wat u by die kerkkantoor kan afgee.

 

BERGFIETSRIT

NG Kerk Merweville bied `n 20km en 50km prettrap aan tydens hul Dankfees op 30 April om 09:00.  Belangstellendes kan hul kerkkantoor kontak by 023 501 4061 / ngkerkmerweville@gmail.com kontak.

 

WOEKER PROJEKTE

AKKERS 2016

Akkers is weer aan die val en dis tyd om te begin optel.  Ons loods weer vanjaar ‘n aksie om akkers bymekaar te maak vir ‘n fonds insameling.  Aflaai punte by Bainstr 98 of agter die kerkkantoor.  Kontak Chris Olivier vir verdere inligting (0824674386 of OlivierC@Vodamail.co.za )

 

FONDSINSAMELINGS-ETE

Die Moslembediening-projekspan bied ‘n FONDSINSAMELINGS-ETE aan vir Wessel en Lome Cronje, ter stuiwing van hulle BOUFONDS. Dit vind plaas op Sondag 17 April by Drakenstein Kerksaal.  Kaartjies is R80 per persoon en daar is wegneem-etes en aansit-etes beskikbaar. Kontak vir Lona Liebenberg by 082-3820625 of Drakenstein Kerkkantoor by 021-8728242 vir kaartjies.  Baie dankie vir jou ondersteuning.

 

KERRIE EN RYS VERKOPE

Vreugdediens maak kerrie en rys wegneem etes op 22 April 2016 teen R25 en kan afgehaal word by die kerksaal tussen 12H00 en 14H00 (niks later).  Kaartjies is te koop by die kerkkantoor of by die komiteelede.  Vir verdere navrae, kontak Hetta Cloete by 021 873 3158.

 

KERKBODE

Indien u sou belangstel, die kerkbode is nou elektronies beskikbaar en staan bekend as die e-kerkbode – u kan die vge skakel volg:  http://kerkbode.christians.co.za

 

VROUEDIENS PRET

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar plaas vanaf 5 – 7 Augustus.  Hou die afkondigings dop vir verdure inligting.

 

 

In die Nuus