Deur : Skriba  /  April 15th, 2016

PREDIKANTE NUUS

Ds. Jan Grobbelaar sal vanaf 8 Mei tot 15 Mei 2016 die Pinkster by NG Kerk Barkly-Wes waarneem.

 

PINKSTER 2016

 

Pinksterdienste word gelei deur Ds. NJ van As en vind plaas vanaf 5 Mei tot 15 Mei 2016.  Die tema wat behandel word is “Ons volg Jesus”.

 

Kinderpinkster vind plaas vanaf 9 Mei tot 12 Mei 2016 in die Sentrum en word gelei deur Adell Erasmus.  Die tema wat behandel word is “Soldaat vir Christus”.

 

 

JEUG AKTIWITEITE

 

TIENERS

“Movie Night” op 27 April om 18:30 by NG Kerk Wellington-Noord.  Hoop ons sien almal daar!

 

BELYDENISKLAS 2015

Julle word hartlik uitgenooi om na vanoggend se erediens by Ds. NJ op sy stoep ietsie lekker te geniet.

 

KOFFIEKROEG

Daar sal geen koffiekroeg Vrydagaande meer wees, tot verdere kennisgewing.

 

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie tot 9 Julie 2016.  Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

DUVETPROJEK

Jammer dat ons al weer LASTIG is. Ja, ons moet weer las en daarom soek ons  rywilligers om 6 bane (klaar geknip ) aanmekaar te stik vir die bokant van ‘n duvetsloop. Skakel asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853 as jy kan help.

 

SNOEKFEES – MIDDELBURG 2016

Die jaarlikse Snoekfees te Middelburg vind plaas tydens die naweek van 10 – 12 Junie 2016.  Soos gewoonlik neem ons n aantal gaste saam, bo en behalwe die werkers, om bande te bou en te verstewig tussen die twee gemeentes.  Gemeentelede wat graag wil saamgaan moet asb hulle name deurgee aan

Danie Theart 084 517 2610 voor of op Maandag 16 Mei 2016.

 

BUSSIE PROJEK

 

SOSATIES &  QUICHE

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties @ R15 elk & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op Vrydag 29 April van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.  Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word.

 

BERGFIETS RIT MET ONTBYT

Hierdie is vir oud en jonk,lank en kort, fiks en onfiks !!!  die hele Familie !!  Daar word beoog om een Saterdag oggend per maand n roete te ry waarna almal terugkeer na die Sentrum by die kerk vir n ligte ontbyt of koffie en beskuit.  Die rit sal so vanaf 6.30 begin en 7.30-8.00 klaar wees by die sentrum  Jou hele dag is daarna nog oop! Dit is n wonderlike geleentheid vir samesyn onder gemeentelede, asook waar n familie kan saamry en gesellig kan verkeer tydens die rit en daarna. Kontak persoon – Andre Gilliland – 0825777466 SMS my asb sodat ek jou nommer en naam  het en op die  Whatts- Up / SMS groep kan byvoeg .

 

VROUEDAG

Bussie projek beplan ‘n vrouedag gedurende die tweede kwartaal, waartydens daar ‘n gasspreker sal wees wat die vroue sal toespreek.  Die geleenheid sal ook toelaat dat vroue hulself kan bemark met van hul produkte. Belangstellendes wat graag betrokke wil raak moet asb kontak maak met Marlize van Schalkwyk – 0833794060

 

VROUEDIENS PRET

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar plaas vanaf 5 – 7 Augustus.  Hou die afkondigings dop vir verdure inligting.

 

ALGEMEEN

 

SAFARI WATERPUNT – 2 MEI

Indien iemand sou belangstel om by die waterpunt te help, kontak vir Marius Mostert by 0824986688.

 

FAMILIENUUS

Indien u enige bydraes het vir die familienuus, stuur dit asb na die kerkkantoor.

 

STUDIEBEURS

Indien enigiemand belangstel om Teologie te studeer – daar is beurse beskikbaar.  Vir navrae, kontak Ds. NJ of Ds. Jan.

 

DEPRESSIE- EN ANGSONDERSTEUNINGSGROEP

Vind plaas 20 April 2016 om 19H15 – spreker Dr ST Potgieter – Tema “The Bucket List”

 

 

In die Nuus