Deur : Skriba  /  May 6th, 2016

PREDIKANTE NUUS

Ds. Jan Grobbelaar sal vanaf 8 Mei tot 15 Mei 2016 die Pinkster by NG Kerk Barkly-Wes waarneem.

 

PINKSTER 2016

 

V/a  Donderdag 5 Mei tot Sondag 15 Mei 2016 hanteer ds. NJ die tema “Ons volg Jesus”.  Bring die gesin en vriende saam en geniet elke aand sop en broodjies na die tyd. Die eerste gemeente het ook hul kos met blydskap en alle eenvoud geëet (Hand 2:46).  Geestelike boeke sal te koop wees.  Ons benodig dringend nie-bederfbare produkte vir die noodkas, wat u dan tydens die dienste kan saambring en in die winkeltrollie in die voorportaal plaas.

Die deuroffer v/a Maandag tot Donderdag gaan vir Bybelverspreiding.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

KINDERPINKSTER 9 – 13 MEI

Alle Graad R tot Graad 7 kinders word hartlik uitgenooi na Kinderpinkster.  Kom stap saam as soldaat vir Christus – trek jou wapenrusting aan en leer om te veg soos Jesus beveel.

Plek:  Die Sentrum

Tyd:  19:00 – 20:00

Wat bring ek saam?  Jou swaard! (Die Bybel), entoesiasme en `n vriend.  Seniors kom meld aan as groepleiers by tannie Adell.

 

KOFFIEKROEG

Daar sal geen koffiekroeg Vrydagaande meer wees, tot verdere kennisgewing.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

HAM OPVOEDERSPOS BESKIKBAAR

Vir verdere inligting, sien ons webtuiste en Facebook blad.

 

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf 25 Junie tot 9 Julie 2016.  Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

DUVETPROJEK

Ons is opsoek na vrywilligers om 6 bane (klaar geknip) aanmekaar te stik vir die bokant van ‘n duvetsloop.  Ons kan ook oorskietlap en gebruikte beddegoed soos ‘inners’, lakens, ens. goed gebruik.  Om te las is mos nie `n las nie – skakel asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853 as jy kan help.

 

ALGEMEEN

 

VENNOOTSKAPSVERGADERING

Daar vind `n Makathini vennootskapsverga-dering plaas té Riversdal op Saterdag, 4 Junie 2016 om 09:00.  Indien daar enige belangstel-lendes is wat wil saamgaan, kontak Ds. Jan by 084 585 3531.

 

SAFARI WATERPUNT

Baie dankie vir almal se hulp en entoesiasme by die waterpunt.

 

IDOLS SANGKOMPETISIE

Wellington-Oos gemeente bied vanjaar `n “Idols” sangkompetisie op Donderdag, 25 Augustus aan – sien ons webwerf en facebook blad.  Vir enige navrae, kontak gerus vir:

Anton – 083 270 2722 of Leana 083 545 8581

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Wellington-Oos kerkkantoor.

 

BUSSIE PROJEK

Sien ons webwerf en facebook blad vir verdere projekte wat aangepak word, om `n reuse sukses van ons bussie projek te maak.

 

 

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar plaas vanaf 5 – 7 Augustus.  Hou die afkondigings dop vir verdere inligting.

 

SNOEKBRAAI

Wellington-Oos hou `n snoekbraai op 28 Mei om 18:00, ten bate van die getuienisfonds.    Kaartjies is beskikbaar by Danie Theart (084 517 2610).

 

SNOEKFEES – MIDDELBURG 2016

Die jaarlikse Snoekfees te Middelburg vind plaas tydens die naweek van 10 – 12 Junie 2016.  Soos gewoonlik neem ons n aantal gaste saam, bo en behalwe die werkers, om bande te bou en te verstewig tussen die twee gemeentes.  Gemeentelede wat graag wil saamgaan moet asb hulle name deurgee aan

Danie Theart 084 517 2610 voor of op Maandag 16 Mei 2016.

 

G-VOUCHER

Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

AFKONDIGINGS

Alle versoeke wat in die afkondigings van Sondae geplaas moet word, moet asseblief die kerkkantoor teen Dinsdae bereik.

 

FAMILIENUUS

Indien u enige bydraes het vir die familienuus, stuur dit asb na die kerkkantoor voor of op 13 Mei 2016.

 

SOSATIES &  QUICHE

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties @ R15 elk & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op Vrydag 27 Mei van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.  Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word.

 

 

In die Nuus