Deur : Skriba  /  May 20th, 2016

JEUG AKTIWITEITE

 

MIDWEEK BEDIENING!

Woensdae:

16:00 – 17:00 KIX

17:30 – 18:30  TEKKIES

17:30 – 18:30  GR 7’S

 

BYBELVASVRAE

Kom toets jou bybelkennis teen ander op 25 Mei 2016. Kom skryf n groep van 5 in. Daar is 3 plekke vir inskrywings. Dit is GRATIS!
Plek: Hugenote Hoërskool Skoolsaal
Datum: 25 Mei
Tyd: 16:30 vir 16:45
Toeskouers ook welkom! Wengroep kry n prys. Gaan groot pret wees!

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

BREIPROJEK

Indien u belangstel om te help met die brei van truitjies, musse, serpe, bedsokkies of blokke vir komberse, kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf

25 Junie tot 9 Julie 2016. Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

 DUVETPROJEK

Ons is opsoek na vrywilligers om 6 bane (klaar geknip) aanmekaar te stik vir die bokant van ‘n duvetsloop.  Ons kan ook oorskietlap en gebruikte beddegoed soos ‘inners’, lakens, ens. goed gebruik.  Om te las is mos nie `n las nie – skakel asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853 as jy kan help.

 

STUDIEBEURS

Indien enigiemand belangstel om Teologie te studeer – daar is beurse beskikbaar.  Vir navrae, kontak Ds. NJ of Ds. Jan.

 

G-VOUCHER

Indien u sou belangstel om namens ons gemeente as verteenwoordiger by die G-Voucher projek betrokke te raak, kontak NJ by 021 873 5222/084 584 1331.

Daar bestaan die volgende behoeftes t.o.v die G-Voucher projek:

  1. Ou Naaimasjien
  2. Enige vorm van laai/pakkassies, selfs ou staal-lêerkabinette of staalkaste.
  3. Ou skadunet of seil om `n deel van ons stoep toe te maak.

Indien u kan help met enige van bogenoemde, kontak Esmari vd Merwe by 021 864 2465.

 

SOSATIES &  QUICHE

Jeugbediening verkoop rou bees\hoender sosaties @ R75 /pak t.b.v die aankoop van ‘n minibus. Dit kan deurlopend gekoop word by die kerkkantoor.  Die volgende datum vir gebraaide sosaties @ R15 elk & vars gebakte spek & kaas quiche @ R25 elk, is op Vrydag 27 Mei van 18:00 – 19:00 by die Sentrum beskikbaar.  Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word.

 

GEDENKMUUR

Daar is ekstra sleutels vir die hek te koop by die kerkkantoor. 

 

VENNOOTSKAPSVERGADERING

Daar vind `n Makathini  vennootskaps-vergadering plaas té Riversdal op Saterdag, 4 Junie 2016 om 09:00.  Indien daar enige belangstellendes is wat wil saamgaan, kontak Ds. Jan by 084 585 3531.

 

IDOLS SANGKOMPETISIE

Wellington-Oos gemeente bied vanjaar `n “Idols” sangkompetisie op Donderdag, 25 Augustus aan – sien ons webwerf en facebook blad.  Vir enige navrae, kontak gerus vir:  Anton – 083 270 2722 of Leana 083 545 8581. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Wellington-Oos kerkkantoor.

 

AFKONDIGINGS

Alle versoeke wat in die afkondigings van Sondae geplaas moet word, moet asseblief die kerkkantoor teen Dinsdae bereik.

 

ALGEMEEN

 

SNOEKBRAAI

Wellington-Oos hou `n snoekbraai op 28 Mei om 18:00, ten bate van die getuienisfonds.    Kaartjies is beskikbaar by Danie Theart (084 517 2610).

 

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar plaas vanaf 5 – 7 Augustus.  Hou die afkondigings dop vir verdere inligting.

 

BUSSIE PROJEK

Sien ons webwerf en facebook blad vir verdere projekte wat aangepak word om `n reuse sukses van ons bussie projek te maak.

In die Nuus