Deur : Skriba  /  May 27th, 2016

PREDIKANTE NUUS

 

Ds. NJ van As is vanaf  1 – 30 Junie met Sabbatsverlof!

 

JEUG AKTIWITEITE

 

PEUTERKERKNUUS:

Alle ouers van kinders 0 to 5 word hartlik uitgenooi na ‘n Sop & broodaand in die Sentrum.

Ons gaan informeel kuier, mekaar leer ken en behoeftes identifiseer.

Die kinders kom kuier natuurlik saam!

Maandagaand, 30 Mei van 18:00 tot 19:00.

 

TIENERSEL SONDAGAAND 17:30

Ons leer en gesels saam oor waarom ons GOD die Enigste, Lewende Almagtige God is. ‘n Kuiergas wat bekend is met die Moslemlande kom deel en beantwoord ons vrae. (Kom leer sommer ‘n paar Arabiese woorde).  Alle tieners welkom – al was jy nog nie voorheen by die selgroep nie.

 

GROOT NUUS!! BYBELSKOOL 2016

Jy is ‘n geskenk en het ‘n talent!

Kom leer uit die Woord, speel, kuier en sing saam vanaf 27 Mei tot 1 Julie.

R180 per kind. Graad R tot graad 6. Inskrywingsvorms by die Kerkkantoor, Adell Erasmus en op die webwerf.

Stof solank die partytjie klere af…want hier kom ‘n groooot ding.

 

 

MUFFIN UITREIK

Dankie kategete en gades vir julle moeite om te help bak aan al die muffins vir ons uitreik van vandag.  Julle hulp word baie waardeer.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

DIENSWERKERS

Baie geluk aan Mariska Pool (wyk 26), Susan Botha & Barbara Cornelissen (beide van Krommerivier) wat as dienswerkers in die onderskeie wyke aangestel is.

 

INTERKERKLIKE GEBEDSBYEENKOMS

Vind plaas op 30 Mei vanaf 18:30 – 19:30 op die Shoprite parkeerarea onder die groot boom. Navrae kan gerig word aan Carina Theron 021 864259 / 084 2884259

 

BREIPROJEK

Indien u belangstel om te help met die brei van truitjies, musse, serpe, bedsokkies of blokke vir komberse, kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

MALAWI UITREIK

Die Malawi uitreik vind plaas vanaf

25 Junie tot 9 Julie 2016. Alle belangstellendes kan vir Ds. Jan kontak by 084 585 3531.

 

DUVETPROJEK

Ons is opsoek na vrywilligers om 6 bane (klaar geknip) aanmekaar te stik vir die bokant van ‘n duvetsloop.  Ons kan ook oorskietlap en gebruikte beddegoed soos ‘inners’, lakens, ens. goed gebruik.  Om te las is mos nie `n las nie – skakel asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853 as jy kan help.   PRAYER WALKOp 2 Junie vind daar weer `n prayer walk by Polsmoor gevangenis plaas – belangstellendes kan hul name, asook ID nommers aan Ds. Jan deurgee by (084 585 3531)

 

G-VOUCHER

06 Junie tot 10 Junie 2016 is dit Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos smiddae v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Jack de Jager by 021 873 2616/ 0726092507. Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek.

 

ALGEMEEN

 

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar plaas vanaf 5 – 7 Augustus.  Hou die afkondigings dop vir verdere inligting.

 

VIERING VAN BELYDENIS VAN BELHAR:  30 JAAR

Die VGK Kaapland nooi u na ‘n erediens op 12 Junie om 09:00 by die VGKSA Bellville-gemeente (Goeie Hoopstraat, Bellville-Suid), waartydens die aanvaarding van die Belydenis van Belhar in 1986, herdenk word.  Laat weet asb of u die diens kan bywoon deur te e-pos aan Sanet Gunter by skriba@kaapkerk.co.za.

 

40 DAE VIR KLEINGROEPE

Vind plaas vanaf 14 Augustus – 22 September.  Die reeks handel vanjaar oor die Bergpredekasie (Mat 5:3-11).  Boekies kan van volgende kwartaal by die kerkkantoor gekoop word.

 

FAMILIENUUS

Familienuus is beskikbaar en sal deur u Ouderling uitgedeel word.

 

GROEP 6:

(WYKE 16+ 17+ 18+ PATATSKLOOF)

“Early bird catches the worm”  Ons samel betyds produkte in vir  Wildsfees & Basaar verkope.  Ons benodig kondensmelk, versiersuiker, klapper, mariebeskuitjies, margarine en melk.  Gee asb alle bestandele af by kerkkantoor (merk groep 6) of by jou Diaken / Ouderling.

 

VENNOOTSKAPSVERGADERING

Daar vind `n Makathini  vennootskaps-vergadering plaas té Riversdal op Saterdag, 4 Junie 2016 om 09:00.  Indien daar enige belangstellendes is wat wil saamgaan, kontak Ds. Jan by 084 585 3531.

In die Nuus