Deur : Skriba  /  June 10th, 2016

PREDIKANTE NUUS

 

Ds. Jan Grobbelaar is vanaf 25 – 30 Junie saam met die Malawi uitreik.  In tye van nood kan u die kerkkantoor (021 873 2690) of Ds George Conradie (0836625126) kontak .

 

Ds. NJ van As is vanaf  1 – 30 Junie met Sabbatsverlof – dit vervang die ou langverlof.  Predikante kry een maand na 3 jaar. Indien hy dit nie vat nie, verval dit.

JEUG AKTIWITEITE

 

BYBELSKOOL 2016 VANAF 27 JUNIE TOT 1 JULIE – ONS VRA ASSEBLIEF VOORBIDDING!

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

MALAWI UITREIK – 25 Junie tot 9 Julie 2016.   Ons vra asseblief voorbidding!

 

SWEETPAKKIES

Ons benodig dringend hulp met die maak van sweetpakkies – materiaal word voorsien.  Indien u van hulp kan wees, kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

 DUVETPROJEK

Ons is opsoek na vrywilligers om 6 bane (klaar geknip) aanmekaar te stik vir die bokant van ‘n duvetsloop.  Ons kan ook oorskietlap en gebruikte beddegoed soos ‘inners’, lakens, ens. goed gebruik.  Om te las is mos nie `n las nie – skakel asseblief vir Elsa Giliomee by 021 8730110 of 0823735853 as jy kan help.   INTERKERKLIKE GEBEDSGROEPDaar vind `n interkerklike gebedsgroep elke laaste Maandag van die maand plaas.  Indien u sou belangstel, die skakelpersoon is Anette de Kock (0835545747).

 

ALGEMEEN

 

KLANKOPERATEUR

Ons benodig dringend hulp as klankoperateur tydens ons dienste op `n Sondag.  Gee u naam deur aan die kerkkantoor, indien u belangstel om te help.

 

VROUEKAMP

Die vrouekamp vind hierdie jaar  vanaf 5 – 7 Augustus plaas. Die tema is Op reis met God:  Kom nes jy is….ontdek wie jy is…..word wie jy kan wees! Ons gaan weer Strand toe en sal woonagtig wees in die Zikomo woonstelle.  Kostes beloop R400 p/p.  Inskrywings is beskikbaar by die kerkkantoor en moet plaasvind voor of op 22 Julie 2016.

 

40 DAE VIR KLEINGROEPE

Vind plaas vanaf 14 Augustus – 22 September.  Die reeks handel vanjaar oor die Bergpredekasie (Mat 5:3-11).  Boekies kan van volgende kwartaal by die kerkkantoor gekoop word.

 

FAMILIENUUS

Familienuus is beskikbaar en sal deur u Ouderling uitgedeel word.

 

BREIPROJEK

Indien u belangstel om te help met die brei van truitjies, musse, serpe, bedsokkies of blokke vir komberse, kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

GROEP 6:

(WYKE 16+ 17+ 18+ PATATSKLOOF)

“Early bird catches the worm”  Ons samel betyds produkte in vir  Wildsfees & Basaar verkope.  Ons benodig kondensmelk, versiersuiker, klapper, mariebeskuitjies, margarine en melk.  Gee asb alle bestandele af by kerkkantoor (merk groep 6) of by jou Diaken / Ouderling.

In die Nuus