Deur : Skriba  /  August 4th, 2016

JEUG AKTIWITEITE

 

JEUGWEEK

Jeugweek vind plaas vanaf 10 – 12 Augustus om 19:00 by Hugenote Hoërskool – Die tema is Kruisankerhart

 

TEKKIES EN KIX

Woensdag 10 Augustus 2016

KIX           16:00 – 17:00

TEKKIES  17:30 – 18:30

(Die geit van gierigheid)

GR 7’S       17:30 – 18:30

 

CSV

Daar word elke Woensdag van 16:45 – 17:45 CSV aangebied by Hugenote Hoërskool.  Alle hoërskool leerlinge is welkom!

 

ALGEMEEN

 

PANNEKOEKVERKOPING

Die Vreugdediens verkoop pannekoek teen `n weggeeprys van R4 op 11 Augustus en kan tussen 11:00 en 13:00 by die kerk se kombuis afgehaal word.  Vooraf bestellings kan geplaas word by Hetta Cloete 021 873 3158 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

FAMILIENUUS

Alle bydraes vir die familienuus moet asseblief die kerkkantoor voor of op 28 Augustus bereik.

 

KOSKAS

Daar word weer dringend voorraad benodig vir die koskas – u bydrae sal opreg waardeer word.

 

SUNFIELD HOMES

Vir vrouedag bied Sunfield Homes `n praatjie aan met die tema “Uit die huis van vrees na die huis van liefde”. Dit vind plaas op Dinsdag, 9 Augustus vanaf 10:00 – 12:00 by Nelsons Creek.  Kaartjies is beskikbaar teen R100 elk.  Vir verdere navrae of indien u sou belangstel om as gasvrou op te tree en `n tafel van 10 vol te maak, kontak Ilse Human by 087 231 7260.

 

INTERKERKLIKE WEEK VAN GEBED

Die week van gebed vind plaas vanaf

28 Augustus – 4 Sepember 2016.  Indien u belangstel om betrokke te raak, kontak Annette de Kock by 083 554 5747 of annette@dkv.co.za.

 

40 DAE VIR KLEINGROEPE

Vind plaas vanaf 14 Augustus tot 22 September.  Tema : Jesus se geheime tot geluk.(Mat 5: 3-11) :  Dit bestaan uit 8 preke, wat 14 Augustus begin, ‘n  boekie  met dagstukkies  wat ook as ‘n handleiding dien vir kleingroepbyeenkomste (wat  15 Aug begin)  @ R30 en ‘n CD  per kleingroep @ R50 is beskikbaar by die kerkkantoor.

 

40 DAE

Almal wat nie deel vorm van `n kleingroep nie, maar die 40 dae saam met ons wil behandel, kan elke Dinsdag om 10:00 vanaf 16 Augustus en elke Donderdag om 19:00 vanaf 18 Augustus in die kerk bymekaar kom.

 

SILWERKRUIN

Silwerkruin hou ‘n vonkelontbyt op 20 Augustus 2016. Vir verdere navrae, kontak Melanie Crozier by 021 873 1040.

 

EMBRACE

Dit is `n program wat op vroeë kindontwikkeling fokus, veral die eerste 1000 dae van `n kind se lewe – van bevrugting tot op ouderdom 2.  In die program beoog ons om `n Omgee-mamma / ouma met `n minderbevoorregte swanger mamma te verbind.  Ons gaan in groepsverband werk, asook een-tot-een.  Indien enigeen belangstel om `n Omgee-mamma / ouma te wees, skakel asb Eureka Smit by 021 873 5730 / 084 461 4028.

 

NUWE LIDMATE

Die lidmaatskap van die volgende persone is ontvang:  Marizanne Rischbieter (Dukes), Leona en Carla Vernooy (Wyk 11), Dirk & Jowilca Matthee & hul kinders Dirk-Johannes & Sujanca (wyk 17), André & Adelé Brink & hul kinders Kalika & Anika (Krommerivier) en Melchior Frick (wyk 13).

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

 

G-VOUCHER

15 tot 19 Augustus 2016 is dit Wellington-Oos gemeente se beurt om te help met die bediening van die Woord en kos smiddae v/a 12:00.  Indien enigeen bereid is om te help, skakel asb vir Jack de Jager by 021 873 2616/ 0726092507 Dankie aan ons lidmate vir hulle getroue ondersteuning vir hierdie projek

 

MOSLEMBEDIENING

Die Moslembediening-projekspan bied ‘n FONDSINSAMELINGS-ETE aan vir Wessel en Lomé Cronjé ter stuiwing van hulle BOUFONDS. Dit vind plaas op Sondag 21 Augustus by Drakenstein Kerksaal.  Kaartjies is R80 per persoon en daar is wegneem-etes en aansit-etes beskikbaar. Kontak vir Lona Liebenberg by 082-3820625 of Drakenstein Kerkkantoor by 021-8728242 vir kaartjies.  Baie dankie vir jou ondersteuning.

In die Nuus