Deur : Skriba  /  August 26th, 2016

UIT DIE KANTOOR

PREDIKANTE

NJ is 29 Aug’16 by `n Ringleiersvergadering.

NJ en Jan is 30 & 31 Aug’16 by `n Moderatum vergadering.

NJ is met verlof van 6 tot 26 Sept’16.

 

RINGSITTING 4 – 5 SEPT’16

Die afgevaardigdes is Jan Grobbelaar, NJ v As, Ryk v Velden en Hennie v Deventer.  Die Primarielede is Danie Theart, Herman Le Roux, Louise Grobler en Daan Spamer.

 

VERKOSE KERKRAADSLEDE

OUDERLINGE:

Wyk 1 Noord         Tinnie Broodryk

Wyk 1 Suid             Devi Lategan

Wyk 5                     Alet Berry (herkies)

Wyk 6                     Hannes Cooper (herkies)

Wyk 8                    Vakant

Wyk 11                    Lampies Lambrechts

Wyk 12                    Vakant

Wyk 15                    Dries vd Merwe (herkies)

Wyk 17                    Bertie Mostert

Wyk 22                   Willem Lucas

Wyk 23                   Hannes de Kock

Wyk 25                   Philip de Villiers (herkies)

Wyk 26                   Suzanne Fabricius (herkies)

Wyk 27                   Daan Spamer (herkies)

Wyk 32                   Mercia Ritter (herkies)

Wyk 33                   Joos van Zyl

Les Hugenot A      Pieter Jacobs

Albatros                 Bekker van Niekerk (Jnr)

O B&D                    Nella Brümmer

Hertzog                 Rudolph Venter (herkies)

Patatskloof            Mariana vd Merwe

Groenberg             Stefan Viljoen

DIAKENS / DIENSWERKERS:

Wyk 2                     Charl van Rooyen

Wyk 3                     Chris Olivier

Wyk 4                     Sonja Prins

Wyk 5                     Heleen van Zyl  (DW)

Wyk 6                     Vakant

Wyk 8                     Vakant

Wyk 10                   Pierré Stemmet

Wyk 11                    Jaco Breedt

Wyk 12                    Henk Moolman

Wyk 16                   Renie Matthee (herkies)

Wyk 19                   Carien Le Grange (DW)

Wyk 23                   Paul Stemmet (herkies)

Wyk 24                   Frans de Jonge

Wyk 25                   Estelle Stadler

Wyk 29                   Henry Jonker

Wyk 31                    Johan v Wielligh (DW)

Wyk 32                   Estie Cronjé  (DW  h.k.)

Wyk 34                   Pierré Smit

Spruitrivier            Fienie Buys (herkies)

Richelieu                Duan Rossouw

Albatros                André Smit

O B & D                 Christiaan Bester

Hertzog                 Herman Dreyer

Patatskloof            Corné Mellet (Herkies)

 

JEUG AKTIWITEITE

 

TEKKIES EN KIX

Woensdag 31 Augustus 2016

KIX           16:00 – 17:00

TEKKIES  17:30 – 18:30

(Gebed saam die dorp)

GR 7’S       17:30 – 18:30

 

FIETSTOER 30 SEPT – 2 OKT 2016

Ons ry vanjaar van Gansbaai tot by L’Agulhas.  Indien jy belangstel om deel te neem – Ds. NJ sal na die erediens inskrywingsvorms beskikbaar hê voor die preekstoel – daar is ook inskrywingsvorms by die 3 kerkkantore en hoërskool beskikbaar.

 

RE-IMAGINE MATRIEKFEES

Vind plaas vanaf 30 Nov – 7 Des te Noordhoek.  Vir hierdie ongelooflike wegbreek na die matriekeksamen, sluit aan by die Facebook groep   https://www.facebook.com/groups/noordhoek2016 of epos faani.engelbrecht@gmail.com/083 856 1951.

 

NIEU-BETHESDA UITREIK 2016

Saterdag, 1 Oktober vertrek ons weer om Bybelskool aan die laerskool kinders van Nieu-Bethesda aan te bied.  Tieners wat in 2013 deel was van die uitreik vergesel ons weer.  Ons benodig asb gebruikte kinderklere en skoene (2 – 14jr), boeke, skryfbehoeftes en hulpmiddels t.o.v. kinderbediening. Vir navrae, kontak Adell by 082 925 7190.

 

ALGEMEEN

FAMILIENUUS

Alle bydraes vir die familienuus moet asseblief die kerkkantoor voor of op 28 Augustus bereik

OUER-KIND BEGELEIDING

Ons gemeente, onder leiding van Adell Erasmus, bied die Immergroen ouerskapkursus aan. Die kursus is oorspronklik deur Hettie Britz ontwikkel en bemagtig ouers om `n pad van dissipelmaking met hulle kinders te stap deur dissipline en vestiging van outoriteit.  8 Sessies van 2 ure gedurende Sept en Okt, Dinsdagoggende of Donderdagaande. Kostes beloop R1100 per ouerpaar of R600 per enkelouer. Sluit kursusmateriaal, ouerskapprofiel e.a. in. Sien webwerf vir volledige inligting en temas. Vir navrae en plekbespreking, kontak Adell by 082 925 7190.

 

INTERKERKLIKE WEEK VAN GEBED

28 Augustus – 4 Sepember 2016

Die week van gebed begin op 28 Aug van 16:00 – 17:30 in Hugenote Laerskoolsaal – daar sal geen aanddiens wees nie.

Ons is verantw. vir die gebedsessie op Di 30 Aug om 19:00 – 20:00 in Moederkerk se saal.  Ryk van Velden gaan dit vir ons lei. Ons is ook verantwoordelik vir weeklikse diensbeurte by die Boiler room in die Marthasaal vanaf Dinsdag 30 Aug om 19:00 – Woensdag 31 Aug om 07:00, asook Sondag 4 Sept van 07:00 – 19:00. Ons doen uurliks beurte waar ons slegs toesig hou in die saal – indien u kan help, ontmoet Anette de Kock na die diens by die preekstoel om u naam teenoor `n tydgleuf in te vul of kontak die kerkkantoor by 021 873 2690.

 

EMBRACE

Dit is `n program wat op vroeë kindontwikkeling fokus, veral die eerste 1000 dae van `n kind se lewe – van bevrugting tot en met ouderdom 2.  In die program beoog ons om `n Omgee-mamma / ouma met `n minderbevoorregte swanger mamma te verbind.  Indien enigeen belangstel om `n Omgee-mamma / ouma te wees, skakel asb Eureka Smit by 021 873 5730 / 084 461 4028.

 

KLEINGROEPOPLEIDING

Daar vind kleingroepopleiding in Melkbosstrand plaas vanaf 17 – 18 Sept.  Vir enige navrae, kontak Barbara Rheeder by 081 354 2914.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

GOSPELKONSERT

Tommy Oliver en Tommy Dell hou `n gospelkonsert met getuienisse op 2 September om 19:00 in die kerksaal.  Koste beloop R50 p/p. Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor (slegs kontant).

 

Tommy Oliver sal ook sing tydens die oggenddiens van 28 Augustus 2016.

 

LOFPRYSINGSDIENS

Sondag, 4 September 2016 om 19:00 sal daar `n lofprysingsdiens plaasvind met Danie Botha.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENIS

Indien u sou belangstel om te help kerskaartjies maak vir die gevangenes, kontak Lounette v Niekerk by 021 864 2175/082 774   9039.

 

DUVETPROJEK

Ons kort hulp met die stikwerk van duvetslope … klaar geknip, klaar gelas. Jy moet net bokante en onderkante aanmekaarstik. Indien jy kan help skakel Elsa Giliomee 021 8730110 of 082 3735853

In die Nuus