Deur : Skriba  /  September 9th, 2016

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE

NJ is met verlof van 6 tot 26 Sept’16.

 

NUWE OGGENDDIENS TYD

Neem asseblief kennis dat die oggenddiens tyd verander na 09:00 vanaf 2 Oktober 2016.

 

KURSUS

OUER-KIND BEGELEIDING

Ons gemeente, onder leiding van Adell Erasmus, bied die Immergroen ouerskapkursus aan. Die kursus is oorspronklik deur Hettie Britz ontwikkel en bemagtig ouers om `n pad van dissipelmaking met hulle kinders te stap deur dissipline en vestiging van outoriteit.  8 Sessies van 2 ure gedurende Sept en Okt, Dinsdagoggende of Donderdagaande. Kostes beloop R1100 per ouerpaar of R600 per enkelouer. Sluit kursusmateriaal, ouerskapprofiel e.a. in. Sien webwerf vir volledige inligting en temas. Vir navrae en plekbespreking, kontak Adell by 082 925 7190.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

TEKKIES EN KIX

Woensdag 14 September 2016

KIX           16:00 – 17:00 / TEKKIES  17:30 – 18:30 (Vas-ge-ANKER)

GR 7’S       17:30 – 18:30

 

FIETSTOER 30 SEPT – 2 OKT 2016

Ons ry vanjaar van Gansbaai tot by L’Agulhas.  Indien jy belangstel om deel te neem – Ds. NJ sal na die erediens inskrywingsvorms beskikbaar hê voor die preekstoel – daar is ook inskrywingsvorms by die 3 kerkkantore en hoërskool beskikbaar.

 

RE-IMAGINE MATRIEKFEES

Vind plaas vanaf 30 Nov – 7 Des te Noordhoek.  Vir hierdie ongelooflike wegbreek na die matriekeksamen, sluit aan by die Facebook groep   https://www.facebook.com/groups/noordhoek2016 of epos faani.engelbrecht@gmail.com/083 856 1951.

 

NIEU-BETHESDA UITREIK 2016

Saterdag, 1 Oktober vertrek ons weer om Bybelskool aan die laerskool kinders van Nieu-Bethesda aan te bied.  Tieners wat in 2013 deel was van die uitreik vergesel ons weer.  Ons benodig asb gebruikte kinderklere en skoene (2 – 14jr), boeke, skryfbehoeftes en hulpmiddels t.o.v. kinderbediening. Vir navrae, kontak Adell by 082 925 7190.

 

ALGEMEEN

 

KLEINGROEPOPLEIDING

Daar vind kleingroepopleiding in Melkbosstrand plaas vanaf 17 – 18 Sept.  Vir enige navrae, kontak Barbara Rheeder by 081 354 2914.

EMBRACE

Dit is `n program wat op vroeë kindontwikkeling fokus, veral die eerste 1000 dae van `n kind se lewe – van bevrugting tot en met ouderdom 2.  In die program beoog ons om `n Omgee-mamma / ouma met `n minderbevoorregte swanger mamma te verbind.  Indien enigeen belangstel om `n Omgee-mamma / ouma te wees, skakel asb Eureka Smit by 021 873 5730 / 084 461 4028.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENIS

Indien u sou belangstel om te help kerskaartjies maak vir die gevangenes, kontak Lounette v Niekerk by 021 864 2175/082 774   9039.

 

DUVETPROJEK

Ons kort hulp met die stikwerk van duvetslope … klaar geknip, klaar gelas. Jy moet net bokante en onderkante aanmekaarstik. Indien jy kan help skakel Elsa Giliomee 021 8730110 of 082 3735853.

 

G-VOUCHER

Dit is weer vanaf 19 – 23 September NG Kerk Wellington-Oos se diensbeurt by die G-Voucher projek.  Indien u kan help gedurende hierdie tyd, kontak vir Jack de Jager by 0726092507.

 

 

In die Nuus