Deur : Skriba  /  September 17th, 2016

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE

NJ is met verlof van 6 tot 26 Sept’16.

 

NUWE OGGENDDIENS TYD

Neem asseblief kennis dat die oggenddiens tyd verander na 09:00 vanaf 2 Oktober 2016.

 

OUER-KIND BEGELEIDING KURSUS

Ons begin DV hierdie week met ons Immergroen Ouerskapkursus.  Daar sal twee groepe wees.  Dinsdagoggend om 9:30 – 11:30 en Donderdagaand om 18:00 – 20:00. Inskrywingsvorms en volledige inligting by Adell Erasmus beskikbaar. 082 925 7190

 

SPESIALE KERKRAADVERGADERING

Daar sal Sondag, 25 September, `n spesiale KR vergadering wees direk na die oggenddiens in die Konsistorie.

ALLE DIAKENS EN DIENSWERKERS

Die gemeentefees ete kaartjies is gereed vir afhaal na die oggenddiens by Carien in haar kantoor langs die Sentrum.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

TEKKIES EN KIX

Woensdag 21 September 2016

KIX           16:00 – 17:00 / TEKKIES  17:30 – 18:30 (Om so te leef)

GR 7’S       17:30 – 18:30

 

FIETSTOER 30 SEPT – 2 OKT 2016

Ons ry vanjaar van Gansbaai tot by L’Agulhas.  Indien jy belangstel om deel te neem –daar is inskrywingsvorms by die 3 kerkkantore en hoërskool beskikbaar.

 

NIEU-BETHESDA UITREIK 2016

Ons vertrek oor net 3 weke! Ons benodig nog gebruikte klere en boeke asb.  Indien u ‘n briefie, geskenk of bydrae vir Ds Charl Marais en Belinda wil stuur kan u dit by die kerkkantoor afgee. Navrae Adell 082 915 7190.

 

FLIEKAAND

Graad 4 Kategeetklasse bied `n gratis fliekaand aan op 23 September om 19:00 in die Sentrum.  Lekker popcorn, chips, koeldrank en worsbroodjies sal te koop wees.

Almal is welkom – oud en jonk!

 

KINDERDANKOFFER SONDAG

Herinnering dat al die kinders op Sondag, 25 September ‘n dankoffer tot Eer van die Here kerk toe bring!  Koevertjies is in Kinderkerk en kategese klasse uitgedeel.

 

BEDIENING VAN GEMEENSKAP

 

G-VOUCHER

Dit is weer vanaf 19 – 23 September NG Kerk Wellington-Oos se diensbeurt by die G-Voucher projek.  Indien u kan help gedurende hierdie tyd, kontak vir Jack de Jager by 0726092507.   Die vge voorrade word benodig:  hoendervleis, rys, gevriesde groente, wortels, brood, aartappels en tamatiesous.

 

ALGEMEEN

 

40 DAE

Kleingroepe het `n gesamentlike afsluiting van die 40 dae reeks op 22 September!

 

WILDSFEES 2016

Die Reëlingskomitee sê baie dankie aan almal wat saamgewerk het om die 2016 Wildsfees ’n sukses te maak. Baie dankie aan die wat besoekers gehuisves het – die Middelburgers is beïndruk met die gasvryheid wat hul hier beleef het – baie baie dankie.  Die datums vir volgende jaar is reeds vasgestel op 25 en 26 Aug. 2017 en ons sien die gemeente weer daar! Intussen verkoop ons reeds kaartjies vir die 2017 Jagkompetisie en dink reeds aan die Snoekfees in Junie 2017, daar in Middelburg.

 

DANIËL KONFERENSIE

Die konferensie vind plaas op 23 – 24 Sept’16 by NG Gemeente Porterville. Vir verdere navrae, kontak Braam Grobbelaar by 082 923 9182.

 

GALA KONSERT

Hugenote Hoërskool se Galakonsert vind plaas op 27 Sept’16 om 19:00 in Moedergemeente se kerksaal. Vir navrae kontak Johan Enslin by 074 359 8069.

 

KERSSANGDIENS 2016

Soos verlede jaar, gaan ons weer ‘n koor saamstel vanuit die hele dorp.  Ons benodig weer vrywilligers wat op Maandae-aande sal kom saam oefen vir die jaar se kerssangdiens.  Die eerste oefening sal plaasvind vanaf 10 Oktober tot en met die kerssangdiens.  Stuur asb vir Johann Enslin ‘n e-pos/sms/whatsapp om jou naam op die lys van lede te voeg:  074 359 8069 of jenslin@hugenoteskool.co.za

 

In die Nuus