Deur : Skriba  /  October 21st, 2016

UIT DIE KANTOOR

 

VERKOSE KERKRAADSLEDE

OUDERLINGE:

Wyk 21 – Henk Paxton, Laer Uitsig – Drikus Kotzé

 

DIAKENS:

Wyk 4 – Johan Labuschagne, Uitsig-Noord – Hendri van Loggerenberg

 

GEMEENTE BASAAR, 5 NOVEMBER 2016

Kom ons vier fees tot eer van die Here.  Indien u wil help, skakel asseblief met u sameroepster van u groep se tafel – u kan die inligting op die kalender onder gemeentefees kry.  U Ouderling sal/het u besoek met `n basaarlys, waarop u `n kontantbydrae kan gee of bestanddele vir `n tafel.  Die aand se hoenderbraai kaartjies is beskikbaar by u Diaken of die kerkkantoor.

 

LEKKER FILTERKOFFIE TYDENS AANDDIENS

Kom geniet `n heerlike koppie filterkoffie vanaf 18:30 in die kerk. Ons sal dit waardeer indien u `n donasie van R5 kan gee om die onkoste te dek.

 

FAMILIENUUS

Alle bydrae tot die familienuus moet asb die kerkkantoor teen 6 November bereik.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

TEKKIES EN KIX

Woensdag 26 Oktober 2016

KIX           16:00 – 17:00 (Daniël)

TEKKIES 17:30 – 18:30 / GR 7’S       17:30 – 18:30 (Elke keuse is het `n gevolg!)

 

GEMEENTE BASAAR

 

KONSERT

Alle grootmense en kinders – indien u sou belangstel om in die verskeidenheid gemeente konsert deel te neem of `n item wil lewer, kontak Adell by 082 925 7190.

 

OLIFANTTAFEL

Indien u bruikbare items en tuintoerusting het waarvoor daar nie plek is, bring dit gerus na die kerkkantoor vir ons Olifanttafel tydens ons gemeente basaar – kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 vir verdere inligting.

 

GEMEENTE BASAAR – KINDERTAFEL

Alle produkte vir die kindertafel kan reeds Vrydag, 4 Nov. om 16:00-17:30 afgegee word by die Sentrum.  Ons benodig asb. kondensmelk & versiersuiker vir die maak van fudge.  Kontak Veronica Basson by 0846643895 vir enige navrae.

 

ALGEMEEN

 

TOMMY OLIVER KONSERT

Tommy Oliver hou weer `n optrede op 11 November om 19:00 in die Kerksaal – verdere inligting sal volg.

G-VOUCHER

Baie belangrike vergadering Woensdagaand 26 Oktober om 6nm op die terrein langs Moederkerk   Kom vergewis u van die feite sodat u konstruktief en gemotiveerd kan saamwerk en opbou i.p.v emosioneel te reageer op koerantberigte.  Vir verdere inligting, kontak    Clifford Asia   –   Sel: 078 866 2439      e-pos: clifford.asia@yahoo.com

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Ons wil vriendelik vra of u asb. weer sal help om ‘n kaartjie of twee te maak deur bv. ‘net n gewone (A4) velletjie papier in vier te vou en dan net die voorblad op enige manier te versier bv. met ‘n prentjie of ‘n strikkie of deur iets te teken of te verf of op enige ander manier.  Ons sal ook dankbaar wees vir koeverte en seëls as u nie ‘n kaartjie kan maak nie.  (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175 / 082 77 49039)

 

KURSUSSE

NG Kerk Moedergemeente bied `n Huwelikskursus op 3 & 4 Nov van 19:00 – 21:00, asook `n Leef 2/20 kursus op 10, 11 & 12 November.  Vir verdere navrae kontak Liezl by

021 873 1561.

FREE TO SERVE

Dr. Johan Snymann en ander lede van Free To Serve in Thailand het pas teruggekeer van ’n baie suksesvolle opleidingsprogram in China by die kerkie wat hulle gestig het onder ’n onbereikte groep mense. Dank die Here vir sy bewaring en die groei van die kerk in China en gaan asb. voort om te bid vir die bediening van Free To Serve wat ons gemeente deur die Geloofsoffer steun. Indien jy die nuusbrief van Free To Serve wil ontvang, skryf na: office@freetoserve.co.za Baie dankie aan almal wat deur die Geloofsoffer uitreik na die onbereikte groepe in die wêreld.

 

In die Nuus