Deur : Skriba  /  January 27th, 2017

WEEK VAN VERNUWING 29 Jan – 1 Feb om 19:00

 

Die drie NG gemeentes fokus vanjaar op gebed vir ons dorp, ons land en die wêreld en nooi u uit om saam met ons te bid vir:

 

MAANDAGAAND

ONS BID VIR ONS DORP

 

DINSDAGAAND

ONS BID VIR ONS LAND

 

WOENSDAGAAND

ONS BID VIR ONS WÊRELD

 

Die kerkgebou sal soggens oop wees tussen 10:00 – 11:00 vir dié wat op hul eie wil stil word.  Daar sal `n brosjure beskikbaar wees, wat u as handleiding kan gebruik.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

GR 4 – 7 KAMP

VIS & BROOD-kamp vir alle Graad 4 – 7’s!  Kom jy saam kamp?

Vrydag, 10 Februarie en Saterdag, 11 Februarie.  Dis ‘n een nag kamp in jou tent, slaap onder die sterre plaaservaring rondom die Woord van God.  Kostes: R200 per kind Volledige inligting vandag by kategete beskikbaar, asook in die Sentrum by tannie Adell of maak ‘n draai by die kerkkantoor. Alle navrae kontak Adell Erasmus

 

BELYDENISKAMP

Vind plaas té Drie Kuilen naby De Doorns van 17 – 19 Februarie.  Nodige inligting word deurgegee aan belydenisklas.

 

IMAGINE TIENERKAMP

Vind plaas vanaf 18 – 20 Maart.  Inskrywingsvorms is by skool en kerkkantoor beskikbaar.  Navrae kan gerig word aan Ds Theo van Zyl – sel 071 363 9446.

 

MUURPROP

Begin Do. 2 Febr 18:30 – 20:00 in die Sentrum en  is `n geleentheid vir tieners tussen 14 en 18, (maar almal is welkom) om saam te groei, leer en God te ervaar.  Ons gaan speletjies speel, praise en worship en `n kort boodskap deel!

 

OUER-KIND BEGELEIDING KURSUS

Immergroen Ouerskapkursus word vanaf die eerste week in Februarie vir 7 opeenvolgende weke aangebied. Die kursus hanteer o.a. waardes, norme, gesagstrukture, persoonlikheid van kinders, asook dissipline en gedrag.  Dinsdag of Donderdagaande vir 2 ure. Kostes: R600 per persoon / R1100 per ouerpaar.  Sluit werkboek en persoonlikprofiele in.

Kontak Adell (0829257190) vir volledige inligting en inskrywingsvorm. Inskrywings sluit Donderdag, 2 Februarie.

 

VREUGDEDIENS

Vreugdediens vergadering op Dinsdag 31 Januarie om 10:00 by Sarembockstraat 12. Let asb. op die veranderde datum !!

 

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING

Op Saterdag, 25 Februarie hou ons DV `n straatmark.  Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

KLEINGROEP VIR ENKELLOPENDES

Indien u sou wou inskakel by `n kleingroep vir enkellopendes, skakel Johan Carstens by 083 234 5703.

In die Nuus