Deur : Skriba  /  February 24th, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

KANTOOR URE

Vanaf 1 Maart 2017 sal die kerkkantoor nie meer oop wees op Woensdagaande vanaf 18:00 tot 19:00.  Kantoorure is dus van Maandag tot Vrydag van 08:00 – 14:00.  Die Finansiële Beampte se kantoorure is Maandag tot Vrydag van 08:00 – 13:00.

 

KOPIEËR WERK

Die kerkkantoor sal slegs tydens kantoorure oop wees vir kopieërwerk – Maandag tot Vrydag van 08:00 – 14:00.

 

G-VOUCHER

Indien u belangstel om namens Wellington-Oos die G-Voucher projek te verteenwoordig, kontak Suzanne Fabricius by 072 244 3931 / 021 864 1122.

 

POWERPOINT AANBIEDINGS

Indien daar iets is wat tydens `n erediens vertoon moet word, moet dit die kerkkantoor nie later as die vorige Donderdag om 12H00 bereik, om sodoende vooraf gelaai te word.

 

JEUG AKTIWITEITE

 

KINDERHUIS UITSTAPPIE

Op Vrydag, 3 Maart van 16:00 – 18:00 neem ons Huis Mopanie se kinders vir inkopies na Paarl Mall.  Persone wat wil help en saamkom, kontak Ansa Oosthuizen by 082 562 3604.  Enige finansiële bydrae sal waardeer word om sodoende die uitstappie vir die kinders spesiaal te maak.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

 

KINDERBEDIENING

Die volgende persone neem die kinderbediening waar totdat ons weer iemand aanstel:

 

WOENSDAE:

KIX (Gr.1 – 3)                                        16:00 – 17:00          Mareli Coetzee (084 919 2734)

TEKKIES (Gr.4 – 6)                             17:30 – 18:30          Karen van As (082 446 7002)

GR.7                                                         17:30 – 18:30          Issie Hugo (084 678 7809)

SONDAE:

PEUTERKERK (2 – 3 jr)                      09:00                      Marina Botha (079 938 4396)

Nina Osche

KLEUTERKERK (4 – 5jr)                   09:00                      Aletha Hugo (083 280 3398)

KINDERKERK (Gr.R – 3)                   09:00                      Ronél Grobbelaar (060 525 3096)

 

IMAGINE TIENERKAMP

Vind plaas vanaf 18 – 20 Maart.  Inskrywingsvorms is by skool en kerkkantoor beskikbaar.  Daar is vervoer beskikbaar – navrae kan gerig word aan Ds Theo van Zyl – sel 071 363 9446.

 

MUURPROP

Vind plaas op Donderdae vanaf 18:30 – 20:00 in die Sentrum en is `n geleentheid vir tieners tussen 14 en 18, (maar almal is welkom) om saam te groei, leer en God te ervaar.  Ons gaan speletjies speel, praise en worship en `n kort boodskap deel!

 

WÊRELD BIDDAG VIR VROUE

Vind plaas op Donderdag 2 Maart om 19:00 by Wellington-Oos.  Proponent Jacobie Visser is die spreekster en gaan praat oor die onderwerp “My genade is vir almal”.

 

Daar sal ook op Vrydag, 3 Maart om 09:00 `n geleentheid vir saam bid, onder leiding van Suzanne Fabricius, in die konsistorie wees.  Sy behandel ook die onderwerp “My genade is vir almal”  `n Kollekte vir bybelverspreiding sal opgeneem word.

 

MANNE ONTBYT (WÊRELD BIDDAG VIR MANS)

Vind plaas op 4 Maart om 07:00 by die Wimpy.  Spreker: Conrad Pool, Koste is R50 p/p.  Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en lede van gemeentebediening.

 

VRYWILLIGERS VIR HUIS ANDREW MURRAY

Vrywilligers word benodig om te help met huiswerk by Huis Andrew Murray. Vir een uur ‘n week kan jy die kinderversorgers se hande versterk.  Hulp word benodig 14:45-15:45 per graadgroep vir die laerskoolkinders. Of 19:00-20:00 vir individuele hulp vir die hoёrskool kinders. Skakel asb vir Liezel 083 291 7228 vir verdere navrae.

 

BYBELSTAP

ATKV Bybelstap 8 Maart om 17:30. Ons stap vir Bybels om die Perdeskoen 5 en 3km. Donasie R25 en almal ontvang ’n medalje! Skakel Danie 084 517 2610.

 

SILWERKRUIN BASAAR

Silwerkruin se basaar vind plaas op Vrydag, 10 Maart 2017 van 16:00 – 21:00.  Skenkings van koekies en beskuit sal baie waardeer word.

 

BAINSKLOOF SKOONMAAK – 4 MAART 2017

Daar is `n projek geloods vir die skoonmaak van Bainskloof op 4 Maart vanaf 07:30 tot 13:00.  Almal wat belangstel om te help kom by NG Kerk Wellington-Oos se parkeerterrein bymekaar om 07:30 en sal van daar beweeg.

 

BASAAR

Groep 5 vra enige bydrae t.o.v goeie gebruikte speelgoed wat hul benodig vir die tombola-tafel.

In die Nuus