Deur : Skriba  /  March 3rd, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE NUUS

NJ is Maandag, 6 Maart betrokke by `n Ringleiersforum.

NJ en Jan is Dinsdag, 7 Maart en Woensdag 8 Maart betrokke by die Moderamen.

 

GEMEENTE ETE

Gemeente ete kaartjies is nog beskikbaar tot Dinsdag by die kerkkantoor. Kerkraad moet asb op die laatste Maandag getalle inhandig.  Kaartjies kos R70 p/p, Spyskaart:  Vars gebakte brood, 250g Sirloin steak met monkey glandsous, Warm aartappelgebak, Vars slaai, Malvapoeding met vla en `n sout karamelsous.

FAMILIENUUS

Alle bydraes kan na die kerkkantoor gestuur word.

 

OUDERLINGE

Kom na vanoggend se erediens vir 10 minute in die konsistorie bymekaar.

 

 

VERKOSE KERKRAAD

OUDERLINGE  Die volgende persone word voorgestel:  Wyk 22 – Ansie Rossouw, Groenberg – JC Muller en Stefan Viljoen as Geestelike versorgers, Uitsigpark – Olivia Keyser  DIAKENS  Die volgende persone word voorgestel:  Wyk 7 – Ruani Visser, Onder Berg en Dal – Danie Blom DIENSWERKERS Die volgende persone word voorgestel:  Onder Berg en Dal – Eileen Abrahams, Spruitrivier – Fienie Buys, Wyk 21 – Elsabe Paxton.

 

NUWE LIDMAATSKAP ONTVANG (JAN – FEB’17)

Toit & Mien du Toit (Krommerivier), Johan & Soritha Kloppers + kinders, George & Lindi du Toit + kinders, Petrus & Cecile Nel + kinders, Pieter & Marthie Baard + kinders (Groenberg), Christo & Junanda Carstens + kinders, Marius & Marga Laubscher + kinders (O.B&D), Johanna Rheeder + Seuns (Albatros), Johan & Cheryl v Schalkwyk + kind, Christopher & Marelise Droomer + kinders (Richelieu), Dirk & Raché Groenewald (Bordeaux) + kinders, Hennie Broodryk (Patatskloof), Hugo en Zelda Hanekom (Hertzog), Wimpie & Tina Erasmus (wyk 24), Elizna Slabber (wyk 29), Hennie & Johanda Pienaar + kinders (wyk 20), Riaan & Suzette Booysen + kinders (wyk 26), Pieter & Elzette Theron (Les Hug), Ruani Visser (wyk 7), Jaco & Sonja Griesel + kinders (wyk 15)

 

JEUG AKTIWITEITE

YSSKAATS VIR TIENERS

Ons gaan DV Vrydag, 24 Maart ysskaats. R65p/p (Vervoer & ysskaats). Meer inligting volg. Vir navrae, kontak Charl Marais 0824217921 of Ds NJ 084 584 1331.

 

KINDERBEDIENING

Die volgende persone neem die kinderbediening waar totdat ons weer iemand aanstel:

WOENSDAE:

KIX (Gr.1 – 3)                                         16:00 – 17:00          Mareli Coetzee (084 919 2734)

TEKKIES (Gr.4 – 6)                               17:30 – 18:30           Karen van As (082 446 7002)

GR.7                                                           17:30 – 18:30           Issie Hugo (084 678 7809)

SONDAE:

PEUTERKERK (2 – 3 jr)                        09:00                      Marina Botha (079 938 4396)

Nina Osche

KLEUTERKERK (4 – 5jr)                      09:00                      Aletha Hugo (083 280 3398)

KINDERKERK (Gr.R – 3)                     09:00                      Ronél Grobbelaar (060 525 3096)

 

 

BYBELSTAP

ATKV Bybelstap 8 Maart om 17:30. Ons stap vir Bybels om die Perdeskoen 5 en 3km. Donasie R25 en almal ontvang ’n medalje! Skakel Danie 084 517 2610.

 

HERFSVREUGDE KOOR

Al die koorlede wat nog togas in hul besit het, moet dit asb. Maandagaand na die oefening bring.  Ons is dringend op soek na nog manne vir die koor.  Dames is natuurlik ook baie welkom. Onthou, jy hoef nie note te kan lees nie, jy moet net kan sing!!

 

BASAAR

Groep 5 vra enige bydrae t.o.v goeie gebruikte & sagte speelgoed wat hul benodig vir die tombola-tafel.

 

WINTER STRAATMARK

Die Barmhartigheidsbediening hou DV 6 Mei `n straatmark.  Goeie, gebruikte klere en ander artikels kan by die kerkkantoor afgegee word of kontak Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.  Fondse gaan vir doeke.

 

WESSEL EN LOMÉ

Indien u hul gebedsversoeke wil ontvang, stuur u e-pos adres na Lona Liebenberg liebies4@absamail.co.za – sy het al haar kontakte verloor.

 

In die Nuus