Deur : Skriba  /  May 5th, 2017

UIT DIE KANTOOR

 

PREDIKANTE

Jan is met verlof van 10 April – 14 Mei 2017

 

KINDERWERKER

Annelet Slazus is aangestel as kinderwerker en het op 2 Mei begin.  Haar selnr is 082 337 2161, indien u haar sou wou kontak.

 

FAMILIENUUS

Ons benodig redaksielede wat kan skryf, inligting kan versamel of net help dink wat om te plaas.  Skakel met NJ of Lindie Jansen van Rensburg (0823770278) indien jul van hulp kan wees.

 

PINKSTER 25 MEI – 4 JUNIE

Ds Jan lei vanjaar se pinkster.  Die kinderpinkster word aangebied deur Prop. Annelet Slazus van 28 Mei tot 1 Junie.

 

MAKHATHINI UITREIK

Die uitreik vind plaas vanaf 9-16 Julie 2017 en sal min of meer R 2 000-00 pp kos.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

GEMEENTE NAWEEK (8 – 10 SEPTEMBER 2017)

Die gemeente naweek vind plaas té Kampala naby Bonnievale.  Kom bly en kuier bietjie in luuksheid (sonder al die kamp fieterjasies) @ R200 per grootmens en R100 per kind vir die naweek (± 8 mense per eenheid).  Daar is slegs plek vir 60.  Elke gesin is verantwoordelik vir eie kos en vervoer.  Kontak die kerkkantoor vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

 

GEMEENTEROEI 2018 (ORANJERIVIER)

Datum: 2-6 April 2018, Kostes: R 3 490-00 pp en R 2 990-00 vir kinders jonger as 12.

Etes: Alle etes is ingesluit by die prys.  NB!!! Paspoort – Ons begin by  Noordoewer/Vioolsdrif aan Namibië se kant. Die rivier loop deur die Richtersveldberge. Ons eindig by Aussenkehr. Die totale afstand is 65km. Dit is egter ‘n maklike roei en enige persoon sal dit kan doen.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

 

JEUG – JUMP AROUND

Op Vrydag 12 Mei gaan die hoërskoolleerders bietjie spring en baie moeg word.  Kostes beloop R165, vervoer ingesluit.  Kontak Ansa Oosthuizen by 021 864 2565 / 082 562 3604.

 

ALGEMEEN

 

KERRIE EN RYS WEGNEEM ETE

Op 12 Mei bied die vreugdediens kerrie en rys wegneem-etes @ R25 en kan afgehaal word vanaf 12:00 – 14:00. Vir bestellings kontak Hetta Cloete by 082 717 3062 / 021 873 3158.

 

SNOEKFEES MIDDELBURG – 23 & 24 JUNIE 2017

Ons het weer ’n aantal helpers nodig vir ons Snoekfees in Middelburg. Dit sal u R250 kos vir vervoer en ons ry Donderdag 22 Junie en kom Saterdag 24 Junie terug. Skakel Danie Theart 084 5172610 indien u kan saamgaan.

 

NOODKAS

Baie dankie vir al die gereelde bydraes (finansieël en produkte).  Enige bydrae is altyd welkom.

 

BREIPROJEK

Indien u kan help met die brei van kindertruie, mussies of bedsokkies, kontak asb vir Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

WIT OLIFANTTAFEL

Enige goeie, bruikbare artikels kan na die kerkkantoor gebring word of skakel Suzanne Fabricius by 021 864 1122 / 072 244 3931 vir alternatiewe reëlings.

In die Nuus