Deur : Skriba  /  June 2nd, 2017

UIT DIE KANTOOR

PREDIKANTE NUUS
Ds Jan is volgende week met pinksterverlof.

DANKOFFERMAAND
Junie is dankoffermaand. Dan fokus ons op ons finansiële bydraes wat ons uit dankbaarheid vir die Here gee om die bediening in en buite die gemeente moontlik te maak. Die kerkraad wil u ook bedank vir u bydraes wat die bediening moontlik maak. Normaalweg dra ons maandeliks per debietorder of met ‘n kontantbydrae by, maar gedurende Junie gaan u diaken of dienswerker u nie besoek nie. ‘n Dankofferkoevertjie sal aan u uitgedeel word waarin u dan ‘n jaarlikse offer of ‘n addisionele bydrae kan insit en gedurende eredienste die hele Junie, in die kollektebordjie kan plaas. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. (2 Kor 9:7)

GEMEENTE NAWEEK (8 – 10 SEPTEMBER 2017)
Daar is nog paar plekke beskikbaar vir die gemeente naweek. Kontak die kerkkantoor so spoedig moontlik om jou plekkie vas te maak. Diegene wat reeds bespreek het moet asseblief teen einde Julie inbetaal om sodoende hul plek te verseker.

40 DAE REFORMASIE
Vanaf Augustus gaan ons weer `n preekreeks en kleingroepbyeenkomste hê n.a.v. die Reformasie. (Net die Skrif, Net Jesus, Net Genade, Net Geloof en Tot Verheerliking van God). Ons wil gemeentelede aanmoedig om nog kleingroepe te vorm.

BYBELSTUDIE RIGLYNE
Junie 2017 riglyne vir huiskerke en selgroepe is op ons webtuiste beskikbaar onder Algemeen.

KLANK REDIGEERDER
Ons is op soek na iemand om ons te help om die preke te redigeer wat ons dan op ons webtuiste wil beskikbaar stel. Indien u belangstel, kontak NJ by 021 873 5222/084 584 1331.

NG GEMEENTE WELLINGTON-OOS
Vakature: Skriba
Die ideale kandidaat het bogemiddelde administratiewe, kommunikasie, korrespondensie en organiseringsvaardighede. Aandag aan detail en uitstekende rekenaarvaardighede is belangrike kriteria. Vorige administratiewe ondervinding van ongeveer 5 jaar word vereis. Goeie menseverhoudinge, die vermoë om onafhanklik en uiters akkuraat te werk en bogemiddelde tydsbestuur is ononderhandelbaar. Lidmaatskap van ons gemeente word ook vereis en enige ondervinding in ’n gemeente opset sal voorkeur geniet.
Die pligte behels onder andere:
• Administratiewe bestuur van alle gemeente aktiwiteite en kerkraadsvergaderings (insluitend kerkraadsvoorbereiding)
• Administratiewe bestuur van die jaarlikse kalender en kommunikasie aan die gemeente
• Akkurate rekordhouding en die bestuur van gemeente databasisse en inligtingsbestuur
• Administratiewe ondersteuning aan die Leraars
• Algemene administratiewe bestuur en ondersteuning aan die Finansiele Beampte
• Alle ander take verwant aan die pos
Rig u gedetaileerde CV met verwysings aan: margaux@ulumahr.co.za of faks: 086 630 4284 voor of op Maandag 12 Junie 2017 teen 17h00. Navrae kan ook gerig word aan die kerkkantoor: 021 873 2690

JEUG AKTIWITEITE
LEË “KOO” BLIKKIES
Die Jeugbediening glo aan “up-cycling” en benodig leë “Koo” blikkies wat se rante nie skerp is nie om van hulle skryfbehoeftes in te sit. Blikkies kan by die kerkkantoor afgegee word.

RUGBY TOKSE
Kinders by Bovlei skool benodig tokse (nr 5 – 9). Indien u tokse het wat in onbruik is, bring asb na die kerkkantoor of skakel Tina Erasmus by 083 978 4138.

ALGEMEEN
SNOEKBRAAI
Getuienisbediening hou `n snoekbraai op 10 Junie om 18:00 in die kerksaal teen R50 wat gebraaide snoek, gebakte patat, roosterkoek, gebakte poeding en ‘n glasie wyn insluit. Beperkte aantal kaartjies is beskikbaar by kerkkantoor, lede van Getuienisbediening of kontak u Kerkraadslid. Etes kan ook weggeneem word.

BASAAR
Daar word dringend suiker, koejawels, boontjies en flesse benodig vir inlê vir die marktafel tydens die basaar of indien u enige ander produkte wil skenk wat ingelê kan word, sal dit waardeer word. U kan dit by die kerkkantoor afgee.

Indien u enige tweedehandse klere, goeie gebruikte huisraad en speelgoed het wat aangewend kan word ten bate van die basaar se poedingtafel, wit olifanttafel en tombola tafel, sal dit waardeer word indien u dit kan afgee by die kerkkantoor. Spesifiseer asb vir watter tafel u die skunking doen.

TUISVERSORGER
Indien u `n tuisversorger benodig of weet van iemand wat een benodig, skakel Christa de Beer by 0829568788.

MEDELYE:
Adri Swart se ma en Antoinette O’Ehley & Angelique Goosen se pa is oorlede.

KOM ONS BID VIR:

SIEKELYS: Sarie Nolte (wyk 10), Magriet Truter se broer (wyk 28), Edmund O’Ehley (Patatskloof), Tinnie Broodryk (Wyk 1), Henk Groenewald (wyk 10), Sandra Coetzee (Uitsig), Santa Marais (wyk O B&D) , Marina Neethling (Les Hug A), Helmien vd Merwe (Blouvlei), Dawid Lombard (Wyk 32), Mariana Geldenhuys(wyk 12), Etrecia Mostert (01 Noord)

In die Nuus