Deur : Skriba  /  June 23rd, 2017

UIT DIE KANTOOR

PREDIKANTE NUUS
NJ is betrokke by die Middelburg Snoekfees vanaf 21 – 25 June’17.
Jan is met verlof vanaf 24 Junie – 2 Julie en sal 3 Julie weer beskikbaar wees.
NJ is vanaf 14 Julie – 20 Julie met verlof.

DANKOFFERMAAND
Junie is dankoffermaand. Dan fokus ons op ons finansiële bydraes wat ons uit dankbaarheid vir die Here gee om die bediening in en buite die gemeente moontlik te maak. Die kerkraad wil u ook bedank vir u bydraes wat die bediening moontlik maak. Normaalweg dra ons maandeliks per debietorder of met ‘n kontantbydrae by, maar gedurende Junie gaan u diaken of dienswerker u nie besoek nie. ‘n Dankofferkoevertjie sal aan u uitgedeel word waarin u dan ‘n jaarlikse offer of ‘n addisionele bydrae kan insit en gedurende eredienste die hele Junie, in die kollektebordjie kan plaas. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. (2 Kor 9:7)

40 DAE: 6 AUG – 10 SEPT
Ons gaan 6 Donderdae preek oor die Solas : (1 Net geloof, 2 Net genade, 3 Net Jesus, 4 Net die Skrif en 5 tot eer van God) en dit in kleingroepe bespreek. Boekies sal beskikbaar wees met dagstukkies, materiaal en `n DVD vir kleingroepe. Daar sal weer geleenthede in die kerk gereël word vir mense wat nie deel van `n kleingroep is nie. Ons wil gemeentelede aanmoedig om in hierdie tyd nuwe kleingroepe te vorm. Skakelpersoon is Pieter du Toit (083 638 9823)

KLEINGROEPE
Kleingroepbyeenkoms vir leiers en almal wat belangstel om deel van ‘n kleingroep te wees. Kom geniet ‘n beker sop by die Sentrum op Maandag 26 Junie om 19:00 waar o.a. die 40 dae in Aug + Sept se tema bespreek sal word. Skakelpersoon Pieter du Toit 083 638 9823

PEUTER (-2JR) EN KLEUTERKERK (3-5JR)
Ons benodig tans iemand wat hier kan leiding neem. (Kom ons help mekaar om ook ‘n slag rustig in die kerk te sit en luister) Indien u bereid is om hier te te help tydens oggend-eredienste, skakel asb met Annelet Slazus sel 082 337 2161.

VEELDOELIGE AFDAK:
Die Eiendomskommissie beoog om ‘n veeldoelige afdak aan te bring waar die prieël tans is. (Tussen die kerk en die kombuis, langs die saal.) Die afdak sal dan dien as staanplek vir ons bussie en sal ook ‘n gerieflike ruimte skep vir sosiale geleenthede soos die basaar, gemeente etes, senior burger etes ens. Die koste beloop R40 000. Indien u ‘n bydrae wil maak om dit moontlik te maak, kan u inbetaal by kerkkantoor of elektronies. Vir enige navrae, kontak Johan Labuschagne by 083 592 8709.

JEUG AKTIWITEITE

BYBELSKOOL 3-7 JULIE 2017
Daar is nog `n laaste paar dae oor om in te skryf vir Bybelskool 3 – 7 Julie. Inskrywingsvorms is beskikbaar by http://www.wellingtonoos.co.za/afkondigings/ of e-pos Annelet by kinders@wellingtonoos.co.za.
Volwassenes – ons kort nog `n paar hande by die speletjies, bybelavonture en kunsstasies – kontak Annelet indien u `n handjie kan kom bysit. Al die voorbereiding vir die stasies sal vooraf gedoen word, jy hoef net die betrokke stasie op die betrokke dag te hanteer.
Die Gr 7 – 12 Kleingroepleier opleiding / voorbereiding vind plaas op:
Dinsdag 15:00 – 18:00 / Woensdag 15:00 – 18:00 en Saterdag 09:00 – 13:00! Laat weet asb indien jy nie daar kan wees nie.

ALGEMEEN

BASAAR POEDINGTAFEL
Ons wil graag ‘n verkoping van tweedehandse klere en huisraad hou ten bate van die basaar se poedingtafel. As jy dalk enige iets het wat jy nie gebruik nie en kan afstaan, bring dit asseblief na die kerkkantoor of kontak Amanda Anker by 0823271102 of 021 873 7263.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES
Getuienis wil vanjaar vroegtydig begin om vir elke gevangene in die gevangenisse van die omgewing, ‘n kerskaartjie gee wat hul oor Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur. Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv. ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier. Indien u dalk iets soek om die kinders in die koue winter vakansie tuis besig te hou of saans voor die kaggelvuur ‘n tydjie kan afknyp om ‘n Kerskaartjie of meer te maak om ons daarmee te help, sal ons dit baie waardeer. Ons kon verlede jaar 1000+ kaartjies vir hulle gee. Ons wil ook asb vra dat u, indien dit moontlik is, ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.

HELMIEN VAN DER MERWE FONDS
Die mediese fonds het ‘n koglieêre inplanting goedgekeur, maar sy moet nog self R58 000 inbetaal. Indien u ‘n bydrae wil maak kan u dit by kerkkantoor inbetaal of Bankbesonderhede soos hier onder met verwysing Helmien vd Merwe fonds.

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE
Wellington gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en ons sendelinge) vergader hierdie maand op So 25 Junie om 15:30 saam met die voorbidders van Hugenote Kollege, Bybel-Media en SIM in die Martasaal. Vars nuus uit die verskillende bedienings is beskikbaar. Kom bid saam! Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk, 082 557 9796.

BASAAR TOMBOLA TAFEL
Indien u enige bruikbare speelgoed het wat nie meer `n plekkie in die huis het nie, kan u dit gerus by die kerkkantoor afgee vir ons tombola tafel tydens die basaar.

In die Nuus