Deur : Skriba  /  August 7th, 2017

DIENS VAN BARMHARTIGHEID
Die gemeente fokus jaarliks gedurende Augustus op Barmhartigheid. U Diaken/Dienswerker sal vir u ‘n koevert bring waarin u ‘n bydrae kan maak vir die Alimantasiefonds(vir mense in nood). Die fonds word aangewend vir kospakkies, krag en finansiële nood van gemeentelede. Maandelikse bydraes word ook gemaak aan die ACVV, Silwerkruin en die dienssentrum. Op 27 Augustus kan u die koevert (u bydrae )kerk toe bring. Baie dankie vir al die bydraes, finansieel en ook voorraad vir die noodkas. Dankie aan elkeen wat help met die brei van sokkies, mussies, truitjies en kombersies, Dit word opreg waardeer.

40 DAE: 6 AUG – 10 SEPT
Ons gaan 6 Donderdae preek oor die Solas (1) Net geloof,(2) Net genade, (3) Net Jesus,(4) Net die Skrif (5) tot eer van God (6) om gestuur te wees) en dit in kleingroepe bespreek. Boekies sal beskikbaar wees met dagstukkies. Daar sal weer geleenthede in die kerk gereël word vir mense wat nie deel van `n kleingroep is nie. Ons wil gemeentelede aanmoedig om in hierdie tyd nuwe kleingroepe te vorm. Skakelpersoon is Pieter du Toit (083 638 9823) Die boekies sal ook voor in die kerk beskikbaar wees by Pieter du Toit na die erediens vandag.

WILDSFEES

WELLINGTON WILDSFEES 2017: Na’n uiters geslaagde Jagkompetisie en Snoekfees vind die derde been van ons verhouding met Middelburg op 25 en 26 Augustus 2017 hier plaas. Wildsvleisverkope begin Vrydag om 14:00 – 21:00; die TENT,STALLETJIES en VERMAAK vir kinders skep ‘n feestelikheid. Reël met Roné Sills vir ‘n stalletjie(062 053 3114). Saterdagoggend begin ons 8:30 met Ontbyt ; gaan voort met WINTER VROLIKHEID van kuier en leer tot 14:00; sluit af met ‘n STEAK ETE Saterdagaand.Kom raak betrokke: (1)Huisves van ons gaste uit Middelburg (2) Bied hulp aan Woekergroepe (3) Bring u vriende van vêr – DIS FEES IN WELLINGTON!!!!!!
NAVRAE KAN GEDOEN WORD BY – TINUS BROODRYK (082 920 22900) & DANIE THEART(084 517 2610

KERRIEAFVAL/HOENDER ETE
Ons hou op 11 Augustus ‘n heerlike kerrieafval/hoender ete in die kerksaal vir fondsinsameling ten bate vir die Quasar (Huis vir Kwadropleë). Kaartjies te koop teen R100 by kerkkantoor ( 021 873 2690) en by Grieta Van Zyl (084 245 1695) Wegneem etes ook beskikbaar.

BUSSIE PROJEK
Skaapstertjies – R65 per pakkie , Skilpadjies – R50 per pakkie, Wilds-patti’s – R45 per pakkie,Skoongemaakte droë bokkoms – R20 per porsie by die kerkkantoor te koop, ten bate van bussie projek. Skakel Tinus Broodryk (tel no 082 920 2290) vir verkope na ure.

VERKIESING VAN KERKRAAD
Nominasie vir vakante wyke kan by kerkkantoor ingedien word voor 8 Augustus 2017

VKO AFKONDIGING
Die volgende behoeftes is geidentifiseer deur Nal’i Bali (VKO):
• Papier vir kinders om te teken
• Leesboekies vir klein kinders – Afrikaans, Engels en Xhosa
• Tydskrifte
Kontak persoon is Emmalina Gerber: 084 673 3296

JEUG AKTIWITEITE
Daar sal Woensdag geen midweek bediening wees nie.
Sportdiens is 13 Augustus 2017 om 19:00 / 7 & 8 Augustus om 18:00 by H/S Hugenote saal

KERK-(2JR)
Ons benodig tans iemand wat hier kan leiding neem. (Kom ons help mekaar om ook ‘n slag rustig in die kerk te sit en luister) Indien u bereid is om hier te te help tydens oggend-eredienste, skakel asb met Annelet Slazus sel 082 337 2161.

In die Nuus