Deur : Skriba  /  September 4th, 2017

UIT DIE KANTOOR

NJ is met vakansie: 13-29 September 2017

WILDSFEES ARTIKELS
Ons is nog opsoek na die volgende artikels van die kerk wat by die wildsfees gebruik is:
2 baymarine deksels & afdroogvadoeke (kan u dit asseblief so spoedig moontlik terug besorg aan die kerkkantoor)

JOHANN BRAND OPTREDE
Op Sondagaand 10 September tree Johann tydens die aanddiens op met sang en getuienis.

GEMEENTE NAWEEK (8 – 10 SEPTEMBER 2017)
TE KAMPALA BONNIEVALE
Ons het nog 2 plekke beskikbaar vir die gemeente naweek te Kampala. Indien u lus het vir ‘n lekker wegbreek kan u die kerkkantoor skakel. (021 873 2690) Gaan besoek hul Facebook blad of die Website : (www.kampala .co.za)
MOSLEMBDIENING
Moslembediening is ‘n olifant bediening en ons het jou regtig nodig in hierdie saak. Dalk lê die Here ’n Moslem persoon op jou hart en voel jy dat jy nie altyd weet wat om te sê nie? Ons wil graag met jou hande vat en daarom nooi ons jou na die volgende geleent- heid: 16 Oktober 2017, Klein saaltjie Paarl Vallei Gemeente, 15h30 tot 17h30. Kom leer hoe om vriendskapsbande met Moslems te vorm. Spreker Rodney Adonis Lektor Bybel instituut Kalkbaai.

BEDANKING AAN GEMEENTELEDE & LEERAARS

Liewe Gemeente & Leraars—Ons  het gesien dat julle die reuse bedrag van R3 000   oorbetaal het aan FTS…Ons kan maar net sê: baie, baie, baie dankie vir hierdie groot inbetaling ter ondersteuning van ons werk! Ons waardeer dat julle bereid is om soveel van julle finansies in te sit in God se koninkryk in Indië & Indochina. Ons bid dat El Shaddai, ons Almagtige, Algenoegsame, Voorsienige God ook vir julle op ‘n daaglikse basis sal voorsien op geestelike sowel as fisiese & finansiële terrein. Mag julle (indiwidueel & as gemeente) in geen opsig kortkom nie…ons vou julle toe in  Jesus se liefdevolle hande! Groete Johan & Elna van “Free to Serve”

SKEPPINGSTOER NA SUTHERLAND EN FRASERBURG
Op 6-8 Oktober het ons ‘n skeppingstoer waarvan daar net 8 plekke oor is van 60. Dit gaan handel oor: Die Genesis vloed van Noag; Fossiele bekyk, Dinosourus voetspore en fossiele opgrawings bekyk en bespreek, ons gaan sterre kyk en daar gaan ’n lesing wees oor vloed en dinosourusse asook Tekens soek dat die aarde 6000 jaar oud is. Die laaste dag gaan ons bespreek “Orde in skepping en hoe God dit geskep het” Navrae kan gedoen word by: tasforumsa@gmail.com, Basie Basson / 083 230 5467 & Stephan Joubert / 082 788 9341.
LET DAAROP DAT BASIE BASSON SE BOEK “EVOLUSIE’” (WETENSKAP OF GELOOF) VRYDAG 8 SEPTEMBER VRYGESTEL WORD

In die Nuus