Deur : Skriba  /  October 6th, 2017

BASAAR ELEKTRONIESE INBETALINGS

Indien u’n elektronie inbetaling doen vir die Basaar, moet u asseblief duidelik op die verwysing sit waarvoor die inbetaling is. BV : Basaar Brood & Beskuit ens. Indien u nie seker is nie kan u gerus die kerkkantoor skakel

MOSLEMBDIENING

Moslembediening is ‘n olifant bediening en ons het jou regtig nodig in hierdie saak.  Dalk lê die Here ‘n Moslem persoon op jou hart en voel jy dat jy nie altyd weet wat om te sê nie?  Ons wil graag met jou hande vat en daarom nooi ons jou uit na die volgende geleentheid:
DATUM:    SONDAG 15 Oktober 2017
PLEK:    Klein Saaltjie Paarl Vallei Gemeente
TYD:      15H30 tot 17h30
ONDERWERP:Kom leer hoe om vriendskapsbande met Moslems te vorm / Engage Muslims into
Christian conversations.
SPREKER:  Rodney Adonis Lektor Bybel Instituut Kalkbaai

WIT OLIFANT TAFEL (BASAAR)
Ons soek nog baie artikels vir die wit olifant tafel. Indien u enige goeie bruikbare artikels het kan u dit by die kerkkantoor afgee.

MARKTAFEL (BASAAR)
Ons soek mense wat vir ons die volgende artikels kan maak of skenk: gevriesde bobotie, hoenderpasteie, spaghetti bolognaise, macaroni & kaas of wildspasteie. Vir meer inligting kontak vir Gerda Smit by 076 601 7921

KERSKAARTJIES
Ons maak nog kerkskaartjies bymekaar vir Hawequa gevangenes en omliggende gevangenisse. Ons sal baie bly wees indien u vir ons nog kaartjies kan maak vir diegene wat alleen is oor die feestyd. Ons kan nog tot einde Oktober kaartjies maak en moet dit teen middle November gaan aflewer. Elkeen wat ’n kaartjie maak vra ons om sommer te bid vir die gevangenisse terwyl u die kaartjie maak. Bid dat hulle deur die kaartjie Jesus se liefde sal ervaar. (Kontak Lounette van Niekerk 021 864 3175/082 774 9039)

SENIOR KOORFEES

Op Woensdag 18 Oktober is dit weer tyd vir ons jaarlikse Senior Koorfees in ons kerk.  By daardie geleentheid soek die besoekende en plaaslike koorlede altyd ietsie om te koop.  So daar is nou geleentheid vir ons gemeetefees groepe om gou vir oulaas ietsie by jul neseier vir die basaar te voeg.  Julle kan enigiets verkoop, dit moet net in redelike klein verpakkings wees, want die seniors wil verskillende items koop, maar nie baie van ‘n soort nie.  Kontak die kerkkantoor of vir my (*tel. 021 873 3158) indien jy wil deelneem, sodat ons oorvleueling kan voorkom.( Hetta Cloete)
KERKRAADSVERGADERING
Daar sal ‘n spesiale kerkraadsvergadering gehou word op Sondag die 22ste Oktober in die konsistorie, na afloop van die erediens.

ONTHOU GEMEENTEFEES : 27 & 28 OKTOBER 2017 !!!!!

In die Nuus