Deur : Skriba  /  November 6th, 2017

 

 

VERLOF

Ds Jan Grobbelaar is met verlof vanaf 13-17 November 2017

Ds NJ Van As sal is met verlof vanaf 6– 26 Desember 2017.

KERKKANTOOR

Die kerkkantoor sal weer oop wees op Woensdae aande van  18:00-19:00

VROUEKUIERAAND

Op 30 November 2017 om 18:30  by Lintonpark- Wellington. Gasspreker is Karien Schoeman. Kom ontspan en geniet die aand saam met ons. . Moet dit nie misloop nie.

AMANZI TRAILS (ROEI)

GEMEENTEROEI 2018 (ORANJERIVIER)

Datum: 2-6 April 2018, Kostes: R 3 490-00 pp en R 2 990-00 vir kinders jonger as 12.

Etes: Alle etes is ingesluit by die prys.  NB!!! Paspoort – Ons begin by  Noordoewer/Vioolsdrif aan Namibië se kant. Die rivier loop deur die Richtersveldberge. Ons eindig by Aussenkehr. Die totale afstand is 65km. Dit is egter ‘n maklike roei en enige persoon sal dit kan doen.  Indien u belangstel om saam te gaan, skakel Jan by 084 585 3531 of die kerkkantoor 021 873 2690.

VROUEDIENS

Indien enige iemand sal belangstel om betrokke te raak by Spyseniering en kreatiwiteit kan u enige tyd die kerkkantoor skakel by (021) 8732960.

BARMHARTIGHEID  (GESKENKPAKKIES)

Die barmhartigheidsbediening beplan om weer vanjaar vir behoeftige inwoners van Silwerkruin en Huis Lizelle toiletware en sagte lekkers te skenk, asook sagte lekkers vir die ander inwoners van Silwerkruin. Daar is 7 mans en 22 dames vir toiletware. Ons benodig lyfseep,tandepaste,

Toiletpapier, sjampoe, skeermesse, handeroom, Acqueasroom, aanrol en lyfsproei. Enige bydrae sal welkom wees en baie waardeer word. Kontak Suzanne Fabricius: 021-8641122 / 072 244 3931 of lewer af by die kerkkantoor.

KATTEBAK VERKOPE    

Die barmhartigheidsbediening beplan ‘n kattebak verkoping vir Saterdag 2 Desember 2017 ten bate van die noodfonds.

Waar: Parkeer terrein voor die sentrum, agter die kerk.

Tyd: 08:00-12:00

Koste: Geen stalletjiekonste, maar 10% van totale verkope gaan na die Noodfonds.

Bring saam: Eie tafel, stoele en gazebo’s.

Navrae en stalletjie besprekings: Suzanne Fabricius (021) 864 1122 / 072 244 3931

Re#IMAGINE MATRIEKFEES HEROLDSBAAI

Alle Skoolverlaters!!!!!! Kom deel in die vakansie-avontuur en wegbreek na die groot eksamen.

Wanneer? 29 Nov tot 6 Des 2017

Waar?  Heroldsbaai – 300m vanaf die mooiste strand.

Koste?  R1000 pp vir die hele week!! Sluit in kos, verblyf en ‘n rits “wegbreek” aktiwiteite.

Jy moet net self daar kom! Ons sal jou op Goerge lughawe of by die bushalte kom optel.

Kontak ons : Albé Theunissen by albetheunissen@gmail.com of 082 928 3561.
Of:  Johan Engelbrecht by johan@ngkhartenbos.co.za of 082 372 672 9.
Of besoek ons facebook blad vir ‘n promo-video en inskryfvorm:  www.facebook.com/matriekfees

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In die Nuus