Deur : Skriba  /  February 26th, 2018

UIT  DIE KANTOOR

 

VERLOF
Ds Jan Grobbelaar neem verlof vanaf 26 Februarie tot 2 Maart 2018

VERWELKOMING BY DIE DEUR

Ons benodig  mense/gesinne om mense by kerkdeure te verwelkom. As  u of u gesin bereid is om te help skakel asb met Susna du Toit sel : 0846641665
KUIERAAND VIR DIE HELE GEMEENTE

Wellington – Oos is 45 op 13 Maart. Van  18:30- 20:00  kuier ons saam as gemeente. Ons nooi in besonder ons nuwe lidmate en intrekkers : Ons wil u graag ontmoet waar ons saam waatlemoen en druiwe gaan geniet. U is welkom om ‘n piekniekmandjie te
bring en selfs te braai. Die vure sal brand en die treintjie gaan loop vir die kinders.

 

DIE KERKKLOK
Die Kerkklok sal in die Lydenstyd tot Paasnaweek gedurende weeksdae om 12:00 lui om ons te herinner om te bid en ons self voor God te verootmoedig.

 

KINDERHUIS INKOPIE DAG

Die jaarlikse Kinderhuis (Huis Mopanie) inkopie dag word gehou op Vrydag 2 Maart. Twaalf kinders word vergesel deur gemeentelede wat hulle bystaan met hulle aankope. Ons fondse is baie beperk en ‘n beroep word gedoen op gemeentelede vir ‘n finansiële bydrae om die fondse aan te vul. Indien u ‘n bydrae wil maak, kontak asseblief vir : Ansa Oosthuizen by (082 562 3604). Baie dankie.

 

 

GEMEENTEROEI

Daar is nog plek beskikbaar vir diegene wat graag saam wil gaan roei.

KOSTE
R3490 per volwassene;
R2990 per kind (Graad 12 en jonger)
Die koste sluit in:
– kampering op die eerste in die basiskamp;
– alle etes van aandete op die dag van aankoms tot ontbyt op die dag van vertrek (drinkgoed en peuselgoed uitgesluit).
.
BESPREKING
– die deposito van 1050.00 per persoon
– die vorms en bewys van betaling moet ge-epos word na info@amanzitrails.co.za. Bevestiging van jul bespreking gaan dan ge-epos word saam met ‘n lys van benodigdhede en aanwysings na die basiskamp.

 

Kontak die kerkkantoor  vir inskrywingsvorm. (021 8732690)


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In die Nuus