Deur : Skriba  /  March 19th, 2018

VLEISVERKOPE

Daar sal op Maandag 26 Maart & 27 Maart weer vleisverkope wees in die Sentrum tussen 18:00 en 19:00. So ook Woensdagaand die 28ste Maart tussen 17:30 en 18:30. Almal is

welkom om vleis te kom koop. Bekostigbare pryse: Mince: R65 per kg, Wors:  R70 per kg

Patties: R35 vir 4 in ‘n pak, Sosaties:R60 vir 4 in ‘n pak.

 

DONDERDAG  29 MAART  –  AANLOOP TOT GOEIE VRYDAG

Drie vertonings van skilderye wat die visuele boodskap “Duister tot Lig”, begelei met ‘n klankbaan van gedigte en musiek uitbeeld, open 29 Maart om 18h00 in NG-Oos Wellington. Die vertoning duur ‘n uur.  Die tweede vertoning begin 19.10 en die derde vertoning begin 20.20 en duur tot 21.20. Mense kan kom en gaan op eie tyd.  Die vertoning kan moontlik deur die Paasnaweek herhaal.

Aangrypende uitbeeldings deur die geskiedenis oor die wêreld heen, van oorloë en groot rampe tot jubelende gebeure word vertoon. Die klem val op Christus, die Middelaar, Redder, Versoener en Heiligmaker deur die eeue heen.Toegang is gratis. Daar sal ook ‘n houer wees vir bydraes om die onkoste te dek. Navrae kontak Mariëte Van Velden / 0798816861

 

MAKHATHINI  –  UITREIK

Ons het ‘n uitreik na Makhathini 23-30 Junie 2018. Ons gaan fokus op die versorging van sendelinge, tentveldtog by Ophansi (Jeuguitreik), kraalbesoeke in namiddae, instandhou –

dingswerk en begeleiding van Sorgwerkers (fisies en emosioneel). Enige persoon is welkom om saam te kom. Kostes is R1500-00 per persoon. Kontak vir Ds Jan.

 

 SPELETJIES: GROEP 5

Indien u enige ou speelgoed en klere het wat nie meer in gebruik is nie ,sal ons dit so vreeslik waardeer indien u dit aan ons kan skenk ten bate van die basaar. U kan vir Lara Smith kontak by  0725996840

DIENSSENTRUM

Wellington Dienssentrum hou basaar op DV Saterdag 7 April 2018 in die kerksaal van die Moedergemeente Kerkstraat. Die verrigtinge begin om 08:00. Almal is baie welkom.

 

 

DEPRESSIE & ANGS ONDERSTEUNINGSGROEP

20 Maart 2018 se Depressie- en angsondersteuningsgroep se byeenkoms behels ‘n eenmanvertoning  en nie ‘n poppekasteater nie. Johan Laten se eenmanvertoning handel wel oor

depressie!  Ons vergader in die Marthazaal, Wellington, oorkant die landdroskantoor om

19:15. Hierdie aanbieding is nie net vir depressievegters nie, dis ook vir diegene wat saam met mense leef wat teen die nare siekte baklei. Is dit net vir volwassenes? Nee, kinders en jongmense is welkom om die aand by te woon. Kom gerus en gaan met kennis huistoe

 

 

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE

Die Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sendelinge) ontmoet weer op Sondagmiddag 18 Maart om 3:30 nm by Eerste Laan 22. Vars gebedsonderwerpe van ons sendelinge beskikbaar. Almal baie welkom by hierdie ondersteuningsaksie. Vir meer besonderhede, bel Ds Attie van Wijk 082 557 9796.

MAAK HIERDIE PAASGEEES ‘N FEES VAN LIEFDE

Badisa beliggaam baie van die NG en VG Kerk se barmhartigheid. Ons leef heeljaar dié Jesus-liefde uit teenoor meer as ‘n miljoen mense wat nie op hulle eie die mas kan opkom nie: Verwaarloosde bejaardes, onbeskermde kinders, middel-afhanklike uitgeworpenes. Sal jy asseblief in hierdie Paastyd help om ons hande sterk te maak deur te gee – soveel as wat jy kan?

Kontak ons by 021-957 7161 of info@badisa.org.za of besoek ons webtuiste, www.badisa.org.za indien u ‘n donasie wil maak.

DIE KERKKLOK
Die Kerkklok sal in die Lydenstyd tot Paasnaweek gedurende weeksdae om 12:00 lui om ons te herinner om te bid en ons self voor God te verootmoedig.

BIBLEGIVERS

Ek was onlangs in ‘n geslote land waar ons 13 spesiale Bybelaflewerings gedoen het. Ons kon egter baie meer aflewerings gedoen het, as ons net meer Bybels beskikbaar gehad het. Dit het my net weer opnuut geinspireer om meer as die gewone te doen om ‘n verskil te maak. Ek het nog net een vol maraton (42km) gehardloop en dit was dan ook sommer my kwalifiserende maraton vir die Twee Oseane. Ek rig dan aan julle as Gemeente ‘n uitnodiging om in vennootskap met my te gaan sodat ons saam ‘n verskil kan maak. Nooi julle Gemeente uit om ‘n paar Bybels te borg – prys van ‘n standard Bybel is omgeveer R60. Alle fondse sal 100% vir Bybels en Bybelverspreiding aangewend word. Aangesien dit tydens Paasnaweek gebeur, kan dit sommer ‘n spesiale Paasgeskenk aan vervolgde Christene wees.

Indien julle besluit om deel te wees hiervan, kan julle die volgende bankbesonderhede gebruik of skakel vir Thys Visser by 084 553 2335.

Rekeninghouer: Geopende Deure-Open Doors, Absa

Tipe Rek: Spaar

Rek no: 9172174758

Takkode: 632 005

Verw: BG1 (Indien die gemeente ‘n Geopende Deure nr het,

kan julle dit ook byvoeg  – bv. BG1 / 344654 of Gemeente naam)

 

In die Nuus