Deur : Skriba  /  March 23rd, 2018

 

Ds NJ sal met verlof wees vanaf 29 Maart tot 03 April 2018

 

HERFSVREUGDE KOOR SE BRING & BRAAI

Ons koorlede hou Maandagaand 26 Maart ‘n Bring & Braai aand in vierkant by kerk

om 17:30. Bring eie eetgerei saam asseblief. Indien enige navrae kontak:

Hetta Cloete by 082 717 3062

 

DIE KERKKLOK
Die Kerkklok sal in die Lydenstyd tot Paasnaweek gedurende weeksdae om 12:00 lui om ons te herinner om te bid en ons self voor God te verootmoedig.

 

DONDERDAG  29 MAART  –  AANLOOP TOT GOEIE VRYDAG

Drie vertonings van skilderye wat die visuele boodskap “Duister tot Lig”, begelei met ‘n klankbaan van gedigte en musiek uitbeeld, open 29 Maart om 18h00 in NG-Oos Wellington. Die vertoning duur ‘n uur.  Die tweede vertoning begin 19.10 en die derde vertoning begin 20.20 en duur tot 21.20. Mense kan kom en gaan op eie tyd.  Die vertoning kan moontlik deur die Paasnaweek herhaal.

Aangrypende uitbeeldings deur die geskiedenis oor die wêreld heen, van oorloë en groot rampe tot jubelende gebeure word vertoon. Die klem val op Christus, die Middelaar, Redder, Versoener en Heiligmaker deur die eeue heen.Toegang is gratis. Daar sal ook ‘n houer wees vir bydraes om die onkoste te dek. Navrae kontak Mariëte Van Velden / 0798816861

 

VLEISVERKOPE

Daar sal op Maandag 26 Maart & 27 Maart weer vleisverkope wees in die Sentrum tussen 18:00 en 19:00. So ook Woensdagaand die 28ste Maart tussen 17:30 en 18:30. Almal is

welkom om vleis te kom koop. Bekostigbare pryse: Mince: R65 per kg, Wors:  R70 per kg, Patties: R35 vir 4 in ‘n pak, Sosaties:R60 vir 4 in ‘n pak.

 

 SPELETJIES: GROEP 5

Indien u enige ou speelgoed en klere het wat nie meer in gebruik is nie ,sal ons dit so vreeslik waardeer indien u dit aan ons kan skenk ten bate van die basaar. U kan vir Lara Smith kontak by  0725996840

DIENSSENTRUM

Wellington Dienssentrum hou basaar op DV Saterdag 7 April 2018 in die kerksaal van die Moedergemeente Kerkstraat. Die verrigtinge begin om 08:00. Almal is baie welkom.

MAAK HIERDIE PAASGEEES ‘N FEES VAN LIEFDE

Badisa beliggaam baie van die NG en VG Kerk se barmhartigheid. Ons leef heeljaar dié Jesus-liefde uit teenoor meer as ‘n miljoen mense wat nie op hulle eie die mas kan opkom nie: Verwaarloosde bejaardes, onbeskermde kinders, middel-afhanklike uitgeworpenes. Sal jy asseblief in hierdie Paastyd help om ons hande sterk te maak deur te gee – soveel as wat jy kan?

Kontak ons by 021-957 7161 of info@badisa.org.za of besoek ons webtuiste, www.badisa.org.za indien u ‘n donasie wil maak.

HERWINNING

U kan gerus u ou koerante, papiere en kartonne in die houer voor die kerkkantoor kom ingooi. Dit word herwin en die gemeente herwin finansies ten bate van sending.

 

KERKKANTOOR URE

Maandag – Vrydag 8:00 -14:00

Woensdae aande  17:30 -18:30.

 

 

 

 

In die Nuus