Deur : Skriba  /  May 30th, 2018

 

UIT DIE KANTOOR

VERGADERINGS

Daar sal op 28 Mei 2018 ‘n visionerings beplanningsvergadering (wat voorstelle aan

kerkraad sal maak) plaasvind om 19:00  en ook ‘n spesiale kerkraadsvergadering (Bedieningstruktuur) op 11 Junie om 19:00 in die sentrum .

 

NUUT VERKOSE KERKRAADSLEDE

Marius Aylward   (Wyk – Uitsig Suid)  (Ouderling)

Johan Dreyer      (Wyk   04)                Ouderling)

Jacques Theron  (Wyk – 01 Suid)       (Ouderling)

Giel Haasbroek   (Wyk  – 12)              (Ouderling)

Sarinda Skinner   (Wyk  – Bordeax)    (Diaken)

 

TENTE VIR EVANGELISASIE IN MOSAMBIEK

Ds. Khoza vir wie ons gemeente in Mosambiek ondersteun met die evangelisasie en kerkplanting, benodig twee tente vir evangeliste wanneer hulle na dorpies uitreik waar daar geen gelowiges is nie. Hulle het groot probleme met huisvesting indien hulle vir langer tye daar wil oorbly.  U kan die Getuienisbediening op een van volgende maniere help om hierdie tente te help voorsien:

  1. U het dalk doelmatige tente wat u kan skenk of teen ’n billike prys beskikbaar kan stel;
  2. U weet waar ons goeie tente – ook tweedehands- teen billike pryse kan koop;
  3. U kan help met die fondse om die tente te koop;
  4. U weet van ’n wyse waarop ons die tente in Tête in Mosambiek kan kry.

 

Indien u op enige van bovermelde wyses kan help, kontak asb. die kerkkantoor of vir Ryk van Velden (0828574368).

 

In die Nuus