Deur : Skriba  /  June 1st, 2018

JEUG

GRAAD 7 KATEGESE LEIER

Die Gr.7 kategese groepe kort ‘n fasiliteerder om die res van die jaar saam met hulle te reis. As die Here dit op jou hart druk om ook op hierdie manier betrokke te raak, kontak asb. vir Annelet by 082 337 2161 of kinders@wellingtonoos.co.za

  WIT OLIFANT TAFEL.

Dit is winter en alle dames kry mos dan sommer lus om bietjie goedjies uit te sorteer. U is baie welkom om alle artikels van meubels tot boeke, tydskrifte, breekware, elektroniese toebehore, gordyne, beddegoed, sportartikels, klere, skoene en selfs ou tuinpotte ens na die kerkkantoor te bring. Ons kan dit baie nuttig gebruik vir ons wit olifant tafel tydens die gemeentefees. Enige iets is welkom

 

 

 

 

 

 

In die Nuus