Deur : Skriba  /  July 20th, 2018

 

UIT DIE KANTOOR

DANKDAG VIR REEN

Op Dinsdag 24 Julie om 19:00 kom ons in die kerk bymekaar in plaas van in die wyke om dankie te sê vir die reën.

ALGEMEEN

BASAAR

Ons skep die jaar ‘n nuwe tafel by die basaar, waar ons baie goeie 2de handse klere wil verkoop. Maak asseblief julle kaste skoon en bring daai nommertjies wat te groot of te klein is. Asook artikels soos serpe,hoede, handsakke en skoene wat in ’n baie goeie toestand is, maar wat u nie meer gebruik nie. U kan dit enige tyd by die kerkkantoor kom afgee.

WIT OLIFANT TAFEL

Ons wil die jaar ‘n uitsonderlike lekker tafel maak. Bring al die artikels wat in u pad staan vir ons. Enige iets is welkom. Van die kleinste artikel tot die grootste meubelstuk is welkom. Sportartikels, breekware, fietse, boeke & tydskrifte. Dit gaan ’n besonderse wit olifanttafel wees die jaar. Ons is opgewonde om te sien wat u vir ons bring. Kontak gerus die Mariska by kerkkantoor. Of kom lewer dit sommer by die kerkkantoor af of ons kom tel dit op by u huis.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes voel tydens die Kerstyd baie broos en afgesonder van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur . Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak. Die Kerskaartjies kan heel eenvoudig gemaak word deur bv. ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.   Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb. ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!! Kontak: Kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Tel nr. 082 7749039 / 021864 3175

ONS VRA HULP MET VERBLYF

Alta van Dalen is op soek na verblyfplek. Sy is selfstandig, maar is afhanklik van ‘n rystoel as gevolg van ‘n beroerte. Navrae kan gedoen word by Ds NJ Van As.

 

WILDSFEES – 24 & 25 AUGUSTUS 2018

U het die geleentheid om wildsvleis vooraf te bestel.Sommige snitte soos heel springbokke (in-die-boks) en heel springbokboude sal net op bestelling beskikbaar wees.Die gewone snitte en produkte soos braaiwors, biltong, droëwors en ander sal steeds te koop wees, Vir volledige pryslys kan u ons webbladsy besoek. Skakel Danie Theart, 084 517 2610.

VRYDAG : Vleisverkope & stalletjies

SATERDAGAAND: ‘n Heerlike steakete teen R100p/p

 

2018 WILDMARK TE WELLINGTON

WELLINGTON OOS/ MIDDELBURG KAROO NG GEMEENTES

BESTELVORM: MOET MIDDELBURG BEREIK @ 1 AUGUSTUS ASB.

 

PRODUK VERPAKKING PRYS HOEVEELHIED
Biltong Gekerf en verpak 250g vakuum R80
Biltong Heel – per biltong R310/kg *
Biltongstof 250g vakuum R80
Droëwors Verpak in 500g “lunch box” bakkies R100
Braaiwors 500g vakuumverpakking R45
Sirloins en fillets Vakuumverpak R130/kg *
Salamis Vakuumverpak R180 elk
Gaar wildsvleis 1kg: tinfoelie bakkie met deksel R100 elk
Wildspastei 1kg: tinfoelie bakkie met deksel R110 elk
Maalvleis 500g vakuumverpakking R40
Patties 500g in foamalite bakkies (4 patties) R50/bakkie
Heel boude Vakuumverpak R90/kg  *
Heel springbokke Boude heel, sirloins en fillets heel, skenkels opgesny, maalvleis en braaiwors: alles vakuumverpak  

R750 elk

Skenkels 1kg vakuumverpakking R50/kg

 

Naam: ————————————–    Kontaknommer: ……………………………………………………………

E-posadres: …………………………………………………………………..

 

  • Hierdie produkte moet geweeg en dan geprys word.  Totale bedrag vir u bestelling sal na u gestuur word sodra die bestelling verpak is en u kan by die Wildsfees daarvoor betaal.

 

Wellington Gebedsimfonie

Die Gebedsimfonie (gebedsgroep vir herlewing en sendelinge) ontmoet weer op Sondag 15 Julie om 15:30 by Eerste laan 22, Wellington. Vars gebedspunte van ons sendelinge oor die hele wêreld. Bring jou eie ook saam. Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 55 7979 6.

DIE LIG

In LiG se Augustus-uitgawe vrolik Tracey Lange ons lewe op! Ons vertel van ‘n vrou se rommelterapie na haar kinders se dood. En skryf ‘n huldeblyk aan Annalise Wiid, geliefde woordkunstenaar.Sukkel jy om te bid? Ons gee wenke uit Bybel. Lees ook die artikel oor hoe om ‘n betroubare Bybelvertaling te kies.
Agt vroue vertel hoe hul woorde die wêreld ‘n beter plek maak. En ons gee raad oor wanneer om stil te bly en wanneer om te praat as frustrasies jou huwelik tref.Vir ouers gee ons raad oor hoe om kinders sonder vrese groot te maak. En kundiges gee agt wenke om jou kind se woordeskat te ontwikkel – dis boustene vir sukses

40 DAE

Die 40 dae reeks begin op 5 Augustus en handel oor die rol van die gewone lidmaat. Ons gaan onder andere kyk na die rol wat lidmate soos ‘n dokter, ‘n onderwyser, ‘n vrou en ‘n boer gespeel het. Boekies met dagstukkies, verhale en groepbesprekings is beskikbaar teen R40 en ‘n DVD waarna groepe kan kyk teen R60 en ‘n Leiersgids teen R20 by ons en Moeder se kerkkantoor.

 KLEINDGROEPE

Ons wil u aanmoedig om in die 40 dae saam met ander groepe te vorm en die boekie deur te werk. Vul asb u naam in op die lysie wat in  die kerk beskikbaar is.

REUNIE FIETSTOER 28-30 SEPTEMBER

Ons nooi almal oud en jonk wat al deel was van ‘n fietstoer oor die afgelope 30 jaar om saam te kom

 

In die Nuus