Deur : Skriba  /  August 3rd, 2018

 

SOPAAND VIR OUERS MET KINDERS (0-5JAAR)
Julle word uitgenooi  om op Maandag 27 Augustus 18:30 in die Sentrum rondom ‘n koppie sop en broodjie mekaar en die predikante te ontmoet. Bring die kinders saam en kom kuier lekker saam. Ons wil ook hiermee vir u die geleentheid skep om deel van ‘n kleingroep te word indien u belangstel.

 

 FIETSTOER 28-30 SEPTEMBER

Ons nooi almal oud en jonk wat al deel was van ‘n fietstoer oor die afgelope 30 jaar om saam te kom  trap.Ons ry die Vrydag van Wellington tot op Riebeek – Kasteel. Die Saterdag tot op malmesbury en terug tot Riebeek – Kasteel en die Sondag tot op Wellington. Ons ry ten bate van Smart Start vroeë kind ontwikkeling om ons projek op Wellington te ondersteun. Borgvorms sal binnekort beskikbaar wees. Die bedrag wat elkeen wat saamgaan moet insamel is R450. Die vorms is reeds beskikbaar by die kerkkantoor, Annelet & Theo.

TIENERKAMP 24-26 AUGUSTUS @ KLEINMOND R450 p/p.

Skakel Annelet vir navrae: 082 337 2161

 

WIT OLIFANT TAFEL

Ons wil die jaar ‘n uitsonderlike lekker tafel maak. Bring al die artikels wat in u pad staan vir ons. Enige iets is welkom. Van die kleinste artikel tot die grootste meubelstuk is welkom. Sportartikels, breekware, fietse, boeke & tydskrifte. Dit gaan ’n besonderse wit olifanttafel wees die jaar. Ons is opgewonde om te sien wat u vir ons bring. Kontak gerus vir Mariska by (021)8732690 of kom lewer dit sommer by die kerkkantoor af.

 

BASAAR

Ons nuwe  “Fishy Fashion Botique “open tydens die basaar. Ons vra dat u baie goeie hedendaagse moderne 2de handse klere vir ons sal bring wat u dalk nie meer dra of wat dalk nie meer pas nie.Dit kan kinder, mans en dames klere wees. Maak asseblief julle kaste skoon en bring daai nommertjies wat te groot of te klein is. Asook artikels soos serpe,hoede, handsakke, jasse en skoene wat in ’n baie goeie toestand is, maar wat u nie meer gebruik nie.  U kan dit enige tyd by die kerkkantoor kom afgee.

 

WILDSFEES – 24 & 25 AUGUSTUS 2018

U het die geleentheid om wildsvleis vooraf te bestel.Sommige snitte soos heel springbokke (in-die-boks) en heel springbokboude sal net op bestelling beskikbaar wees.Die gewone snitte en produkte soos braaiwors, biltong, droëwors en ander sal steeds te koop wees, Vir volledige pryslys kan u ons webbladsy besoek.

VRYDAG : Vleisverkope & stalletjies

 SATERDAGAAND: ‘n Heerlike steakete teen R100p/p

 Kaartjies sal beskikbaar wees vanaf Maandag 30 Julie by die kerkkantoor.

 NOTA: 

Middelburg het ekstra Springbokke ingekry en hulle wil dit almal “heel” pak teen ’n spesiale prys; R650 PER BOK! Jy gaan dit nêrens goedkoper kry nie! Bokke is netjies bewerk, boude heel, res in braaiwors, maalvleis, skenkels. Skakel Danie Theart, 084 517 2610 vir bestellings en navrae .

40 DAE KLEINDGROEPE

Ons wil u aanmoedig om in die 40 dae saam met ander groepe te vorm en die boekie deurte werk. Vul asb u naam in op die lysie wat beskikbaar is in die voorportaal van  die kerk.

Daar sal Dinsdagoggende om 10 :00 en Woensdagaande 19:00(behalwe Dinsdag
7 Augustus) byeenkomste in die Sentrum wees waar ons saam na ‘n DVD kyk
en in klein groepe saam gesels. U kan op enige stadium inskakel.

 

40 DAE

Die 40 dae reeks begin op 5 Augustus en handel oor die rol van die gewone lidmaat. Ons gaan onder andere kyk na die rol wat lidmate soos ‘n dokter, ‘n onderwyser, ‘n vrou en ‘n boer gespeel het. Boekies met dagstukkies, verhale en groepbesprekings is beskikbaar teen R40 en ‘n DVD waarna groepe kan kyk teen R60 en ‘n Leiersgids teen R20 by ons en Moeder se kerkkantoor.

40 Dae Tema : Wat ek kon ,het ek gedoen ( amp van die gelowige)
5 Augustus : Gesalf tot priester, profeet en koning: Joh 12:1-7

12 Augustus : So sê die Here : Heb 1:1-2

19 Augustus: Priester 1 : 1 Pet 2:4-9

26 Augustus : Priester 2: Num 6:22-27

2 September: Koning 1 : Ps 24

9 September : Koning 2 : Mat 13:31-33;44-46

 

In die Nuus