Deur : Skriba  /  August 10th, 2018

 

WILDSFEES – 24 & 25 AUGUSTUS 2018 

U het die geleentheid om wildsvleis vooraf te bestel.Sommige snitte soos heel springbokke (in-die-boks) en heel springbokboude sal net op bestelling beskikbaar wees.Die gewone snitte en produkte soos braaiwors, biltong, droëwors en ander sal steeds te koop wees, Vir volledige pryslys kan u ons webbladsy besoek.

VRYDAG : Vleisverkope

SATERDAGAAND: ‘n Heerlike steakete teen R100p/p

Kaartjies is beskikbaar by kerkkantoor.

NOTA: 

Middelburg het ekstra Springbokke ingekry en hulle wil dit almal “heel” pak teen ’n spesiale prys; R650 PER BOK! Jy gaan dit nêrens goedkoper kry nie! Bokke is netjies bewerk, boude heel, res in braaiwors, maalvleis, skenkels. Skakel Danie Theart, 084 517 2610 vir bestellings en navrae .

  AKKOMODASIE MIDDELBURGERS

Ons soek weer oorblyplek vir ons Middelburg vriende. Kom ons toon dieselfde hartlikheid teenoor hulle as waarmee hulle ons daar bederf het. Sommige sal

Donderdagaand 23 Aug. arriveer en die meeste sal Sondag 26 Aug. terugkeer. Ons probeer sovêr moontlik gesamentlike etes reël vir die gerief van die gashere(vroue). Skakel asseblief Danie Theart by 084 517 2610. Baie dankie.

 

WELLINGTON DUVETPROJEK

Dis weer tyd dat die drie NG gemeentes saamspan om 200 “duvets & inners” bymekaar te maak wat aan behoeftiges uitgedeel sal word.

Aan die bestuur van die projek is Marlene Meintjes.

Ons wil graag hand bysit om die projek moontlik te maak. Hoe kan jy help? Indien jy bereid is om ‘n “duvet & inner” wat ons teen R100.00 kan bekom te borg, betaal asb. die geld in ons rekening met verwysing: “duvet” of bring na die kerkkantoor. Ons is ook op soek na stiksters vir finale afronding van hierdie duvets.

Skakel gerus vir Marlene Meintjes indien jy bereid is om te help.

Haar nr.:  083 231 2568.

 

PANNEKOEKVERKOPE

Die vreugdediens verkoop Vrydag 17 Augustus pannekoek teen R5 ‘n pannekoek vanaf Wellington-Oos kerk. Ons hou die pannekoek verkope  ten bate van Sunfield en die senior burgers. Jy kan jou betelling plaas by kerkkantoor of Hetta Cloete by 082 717 3062 / 021 8733158. Hulle doen ekstra moeite en lewer af, indien u dit nie self kan kom optel nie.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID

Augustus maand is “Diens van barmhartigheids maand. Daar is koevertjies beskikbaar voor in die voorportaal vir diegene wat ‘n bydrae wil maak.Ons sê byvoorbaat baie dankie vir u ondersteuning.

 

 

GEBEDSIMFONIE

Die Gebedsimfonie (interkerklike bidgroep vir herlewing en sendelinge) vergader hierdie maand op 12 Augustus om 3:30 nm by Eerste laan 22, Wellington. Vars gebedsonderwerpe van ons sendelinge sal beskikbaar wees. Almal welkom! Vir meer

inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

 

SLIMFOON VIR KERKKANTOOR

Ons benodig ‘n slimfoon wat in onbruik geraak het wat  whatsappgroepe en krediekkaarttransaksies  sal kan hanteer.  Indien daar so ‘n foon in onbruik by u is , sal ons dit nuttig kan gebruik in kerkkantoor en by funksies. Skakel kerkkantoor .

 

 

VERBLYF

Ons is dringend opsoek na ‘n baie bekostigbare verblyf, woonstel in Wellington vir ‘n enkel ma met 3 kinders. U kan die skakelpersoon kontak indien u van enige iets weet.  Marina Botha: 079 938 4396 / 021 873 7399

 

40 DAE KLEINDGROEPE

Ons wil u aanmoedig om in die 40 dae saam met ander groepe te vorm en die boekie deur

te werk. Vul asb u naam in op die lysie wat beskikbaar is in die voorportaal van  die kerk.

Daar sal Dinsdagoggende om 10 :00 en Woensdagaande 19:00(behalwe Dinsdag
7 Augustus) byeenkomste in die Sentrum wees waar ons saam na ‘n DVD kyk
en in klein groepe saam gesels. U kan op enige stadium inskakel.

 

40 DAE

Die 40 dae reeks begin op 5 Augustus en handel oor die rol van die gewone lidmaat. Ons gaan onder andere kyk na die rol wat lidmate soos ‘n dokter, ‘n onderwyser, ‘n vrou en ‘n boer gespeel het. Boekies met dagstukkies, verhale en groepbesprekings is beskikbaar teen R40 en ‘n DVD waarna groepe kan kyk teen R60 en ‘n Leiersgids teen R20 by ons en Moeder se kerkkantoor.

 

40 Dae Tema : Wat ek kon ,het ek gedoen ( amp van die gelowige)

5 Augustus : Gesalf tot priester, profeet en koning: Joh 12:1-7

12 Augustus : So sê die Here : Heb 1:1-2

19 Augustus: Priester 1 : 1 Pet 2:4-9

26 Augustus : Priester 2: Num 6:22-27

2 September: Koning 1 : Ps 24

9 September : Koning 2 : Mat 13:31-33;44-46

 

SOPAAND VIR OUERS MET KINDERS (0-5) JAAR
Julle word uitgenooi  om op Maandag 27 Augustus 18:30 in die Sentrum rondom ‘n koppie sop en broodjie mekaar en die predikante te ontmoet. Bring die kinders saam en kom kuier lekker saam. Ons wil ook hiermee vir u die geleentheid skep om deel van ‘n kleingroep te word indien u belangstel.

 

FIETSTOER 28-30 SEPTEMBER

Ons nooi almal oud en jonk wat al deel was van ‘n fietstoer oor die afgelope 30 jaar om saam te kom  trap.Ons ry die Vrydag van Wellington tot op Riebeek – Kasteel. Die Saterdag tot op malmesbury en terug tot Riebeek – Kasteel en die Sondag tot op Wellington. Ons ry ten bate van Smart Start vroeë kind ontwikkeling om ons projek op Wellington te ondersteun. Borgvorms sal binnekort beskikbaar wees. Die bedrag wat elkeen wat saamgaan moet insamel is R450. Die vorms is reeds beskikbaar by die kerkkantoor, skool,  Annelet , & Ds NJ

BASAAR

Ons nuwe  “Fishy Fashion Botique “open tydens die basaar. Ons vra dat u baie goeie hedendaagse moderne 2de handse klere vir ons sal bring wat u dalk nie meer dra of wat dalk nie meer pas nie.Dit kan kinder, mans en dames klere wees. Maak asseblief julle kaste skoon en bring daai nommertjies wat te groot of te klein is. Asook artikels soos serpe,hoede, handsakke, jasse en skoene wat in ’n baie goeie toestand is, maar wat u nie meer gebruik nie.  U kan dit enige tyd by die kerkkantoor kom afgee.

 

 

TIENERKAMP 24-26 AUGUSTUS @ KLEINMOND R450 p/p.

Skakel Annelet vir navrae: 082 337 2161

 

Hugenote Hoërskool Markdag 16 Augustus tafel t.b.v Smartstart

Kyk uit vir dié tafel by die Markdag wat deur die gemeente se tieners geïnisieer is en behartig word. Kom spandeer gerus al jou geld daar! Al die winste gaan vir die

regmaak van tannie Katrina se vroeë kind ontwikkeling Smartstart groepie se klaskamer in Carterville. Gaan ondersteun hulle gerus… Lekker Pizza, brownies en ‘n Hot Chocolate bar.

 

 

In die Nuus