Deur : Skriba  /  August 17th, 2018

 

PREDIKANTEBEGELEIDING

Dii Jan en NJ is van Dinsdag  – Donderdag by Volmoed naby Hermanus besig met ‘n

predikantebegeleiding.

AUGUSTUS: DIENS VAN BARMHARTIGHEIDMAAND

Koeverte is in u kalender en daar is ook in die voorportaal beskikbaar. Dit is ten bate van ons noodfonds en sinodale bydrae vir o.a. kinderhuise en outehuise.

WILDSFEES – 24 & 25 AUGUSTUS 2018 

U het die geleentheid om wildsvleis vooraf te bestel.Sommige snitte soos heel springbokke (in-die-boks) en heel springbokboude sal net op bestelling beskikbaar wees.Die gewone snitte en produkte soos braaiwors, biltong, droëwors en ander sal steeds te koop wees, Vir volledige pryslys kan u ons webbladsy besoek.

VRYDAG : Vleisverkope (vanaf 14:00 in kerksaal)

SATERDAGAAND: ‘n Heerlike “steakete” teen R100p/p (Bees / Eland)

Kaartjies is beskikbaar by kerkkantoor en na kerk.

 

  AKKOMODASIE MIDDELBURGERS

Ons soek weer oorblyplek vir ons Middelburg vriende. Kom ons toon dieselfde hartlikheid teenoor hulle as waarmee hulle ons daar bederf het. Sommige sal

Donderdagaand 23 Aug. arriveer en die meeste sal Sondag 26 Aug. terugkeer. Ons probeer sovêr moontlik gesamentlike etes reël vir die gerief van die gashere(vroue). Skakel asseblief Danie Theart by 084 517 2610. Baie dankie.

 

SLIMFOON VIR KERKKANTOOR

Ons benodig ‘n slimfoon wat in onbruik geraak het wat  whatsappgroepe en

krediekkaarttransaksies  sal kan hanteer.  Indien daar so ‘n foon in onbruik by u is , sal ons dit nuttig kan gebruik in kerkkantoor en by funksies. Skakel kerkkantoor

 

VERBLYF

Ons is dringend opsoek na ‘n baie bekostigbare verblyf, woonstel in Wellington vir ‘n enkel ma met 3 kinders. U kan die skakelpersoon kontak indien u van enige iets weet. Marina Botha: 079 938 4396 / 021 873 7399

 

WELLINGTON DUVETPROJEK

Dis weer tyd dat die drie NG gemeentes saamspan om 200 “duvets & inners” bymekaar te maak wat aan behoeftiges uitgedeel sal word. Aan die bestuur van die projek is Marlene Meintjes. Ons wil graag hand bysit om die projek moontlik te maak. Hoe kan jy help? Indien jy bereid is om ‘n “duvet & inner” wat ons teen R100.00 kan bekom te borg, betaal asb. die geld in ons rekening met verwysing: “duvet” of bring na die kerkkantoor. Ons is ook op soek na stiksters vir finale afronding van hierdie duvets. Skakel gerus vir Marlene Meintjes indien jy bereid is om te help.Haar nr.:  083 231 2568.

TIENERKAMP 24-26 AUGUSTUS @ KLEINMOND R450p/p

Laaste paar dae om in te skryf vir die jaar se tienerkamp! Die inskrywings is oop tot Dinsdag 21 Augustus. Moenie uitmis nie. Inskrywings is beskikbaar by Annelet of by Hoërskool Hugenote. Kom gesels saam oor hoe ons roeping om Jesus te volg soos skoene is. Almal se voete lyk anders, en almal se skoene lyk anders. Tog is ons elkeen dié skoene gegee om te dra. Kom gesels saam oor wat ons met hierdie skoene moet doen. Navrae: Annelet 0823372161

SOPAAND VIR OUERS MET KINDERS (0-5) JAAR
Julle word uitgenooi  om op Maandag 27 Augustus 18:30 in die Sentrum rondom ‘n koppie sop en broodjie mekaar en die predikante te ontmoet. Bring die kinders saam en kom kuier lekker saam. Ons wil ook hiermee vir u die geleentheid skep om deel van ‘n kleingroep te word indien u belangstel.

FIETSTOER 28-30 SEPTEMBER

Ons nooi almal oud en jonk wat al deel was van ‘n fietstoer oor die afgelope 30 jaar om saam te kom  trap.Ons ry die Vrydag van Wellington tot op Riebeek – Kasteel. Die Saterdag tot op malmesbury en terug tot Riebeek – Kasteel en die Sondag tot op Wellington. Ons ry ten bate van Smart Start vroeë kind ontwikkeling om ons projek op Wellington te ondersteun. Borgvorms sal binnekort beskikbaar wees. Die bedrag wat elkeen wat saamgaan moetinsamel is R450. Die vorms is reeds beskikbaar by die kerkkantoor, skool,  Annelet , & Ds NJ

BASAAR

Ons nuwe  “Fishy Fashion Botique “open tydens die basaar. Ons vra dat u baie goeie hedendaagse moderne 2de handse klere vir ons sal bring wat u dalk nie meer dra of wat dalk nie meer pas nie.Dit kan kinder, mans en dames klere wees. Maak asseblief julle kaste skoon en bring daai nommertjies wat te groot of te klein is. Asook artikels soos serpe,hoede, handsakke, jasse en skoene wat in ’n baie goeie toestand is, maar wat u nie meer gebruik nie.  U kan dit enige tyd by die kerkkantoor kom afgee.

 

WIT OLIFANT TAFEL

Ons wil die jaar ‘n uitsonderlike lekker tafel maak. Bring al die artikels wat in u pad staan vir ons. Enige iets is welkom. Van die kleinste artikel tot die grootste meubelstuk is welkom. Sportartikels, breekware, fietse, boeke & tydskrifte. Dit gaan ’n besonderse wit olifanttafel wees die jaar. Ons is opgewonde om te sien wat u vir ons bring. Kontak gerus die kerkkantoor. Of kom lewer dit sommer by die kerkkantoor af of ons kom tel dit op by u huis.

DIS TYD OM TE SING: LOFSANG EN DANK MET ’N NUWE KLANK

Op 8 September om 19:00 in die Kaapstadse stadsaal sing ons met begeleiding van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, ʼn massakoor van ongeveer 500 lede, ʼn kontemporêre orkes en ʼn pyporrel.  Dis Tyd Om Te Sing: Lofsang en dank met ʼn nuwe klank.Bybel-Media in samewerking met die NG Sinode van die Wes-Kaap nooi jou uit na ʼn unieke saamsing-geleentheid. Ons glo edere uit ons kerk se liedereskat.

Dit gaan ʼn onvergeetlike aand wees. Moet dit nie misloop nie!

 

GEMEENTE NAWEEK (7-9 SEPTEMBER 2018) TE KAMPALA BONNIEVALE

 Ons het die jaar weer ’n groot opgewondenheid vir ons gemeente naweek te Kampala. Kostes is R250 p/volw en R200 p/kind. Indien u lus het vir ‘n lekker wegbreek kan u die kerkkantoor skakel (021 873 2690). Beperkte plek is beskikbaar, so spring gou vir u plekkie. Gaan besoek hul Facebook blad  of die  Website : (www.kampala .co.za).

 

AANDDIENS 2 SEPTEMBER

Dr Braam Hanekom besoek ons met die ringsitting en sy tema met die aandiens is:

“ Die rol van die kerk in ‘n veranderende Suid– Afrika”

 

 

In die Nuus