Deur : Skriba  /  September 7th, 2018

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING (10 SEPTEMBER)
‘n Nuwe kerkraadstruktuur vir meer effektiewe gemeentebediening word Maandagaand aan die kerkraad voorgelê vir goedkeuring. Die gemeente sal volgende Sondag ingelig word hoe die nuwe kerkraad saamgestel word.

FIETSTOER 28-30 SEPTEMBER
Die eerste fietstoer was in 1987 na Citrusdal. Vanjaar is die 31ste fietstoer ten bate van Smart Start (Vroeë Kind Ontwikkeling). Elke trapper en helper samel ten minste R450 in. Kinders gaan in die tyd met kollekteerlyste rond beweeg en dit sal waardeer word as u hul kan ondersteun. U kan self ‘n trapper borg. Kon trap gerus saam. Ons rus elke 10km anders hou die dominees nie by nie. Ons ry vanjaar van Wellington via Riebeek Kasteel en Wes na Malmesbury tot weer op Wellington. Vorms beskikbaar by die kerkkantoor, skool, Ds Annelet en Ds NJ.

PLAASMARKBASAAR KOEKBAKKOMPETISIE
Inskrywingsvorms is nou beskikbaar. Vir verdere navrae kontak Marietjie Geldenhuys te
083 270 9651. Kom deel in die pret, bak ’n koek en kyk of jy die jaar weer die dominees kan uitklop.

PLASTIEK PLANTBAKKIES
Ons is opsoek na enige tweede handse plastiek plantbakkies vir die plaasmarkbasaar. Indien u ons kan help kan u gerus vir Hennie Engelbrecht skakel te 076 606 6038.

BOEKETAFEL
Baie dankie vir almal se wonderlike bydrae in die ongelooflike baie boeke wat ons ontvang het vir die plaasmarkbasaar. Ons waardeer dit opreg baie. Ons het baie
christelike boeke ontvang en wat vir ons tans genoeg is op die stadium. Ons kort nog baie kinderboeke,storieboeke, kinder dvd’s, christelike dvd’s, musiek dvd’s, cd’s en tydskrifte. U kan dit enige tyd by die kerkkantoor gaan aflewer. Baie dankie

KOORFEES 2018
Op Donderdag 27 September hou ons weer ons jaarlikse koorfees in die stadsaal. Die toegang is gratis, maar u is welkom om vir ons ’n donasie te gee. Vir meer inligting kan u vir Hetta Cloete skakel te (021)873 3158 / 082 717 3062

WIT OLIFANTTAFEL
Baie dankie vir elkeen wat toegevoeg het tot die witolifanttafel. Ons is baie dankbaar en vra sommer in dieselfde asem dat u vir ons nog enige goedere sal bring wat in u pad staan. Enige iets is welkom wat bruikbaar is. Kontak gerus die kerkkantoor vir enige
navrae.

FISHY FASHIONS
Ons sê baie dankie vir elkeen wat vir ons klere gebring het. Ons waardeer dit opreg en vra dat ons nog mooi bruikbare klere benodig. Veral nog netjiese skoene, handsakke, oorbelle, krale, beursies ens. Dankie vir almal se bydrae. Kontak kerkkantoor vir verdere navrae.

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENIS

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur . Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak, miskien voor die kaggel  gedurende die vakansie!! Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb. ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!

Kontak: Kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15 Tel nr. 082 7749039 /
021864 3175

In die Nuus