Deur : Skriba  /  September 28th, 2018

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan Grobbelaar sal met verlof wees vanaf 1-3 Oktober

Ds NJ Van As sal met verlof wees vanaf 3-6 Oktober

 

PLAASMARK !!!!!!!!

Op 27 Oktober hou ons heerlik plaasmark / basaar te Linton Park. Ons diakens en ouderlinge is tans besig om in hul wyke om te gaan met die lyste. Baie dankie vir elke liewe een se bydrae. Ons waardeer dit opreg. Ons is vreeslik opgewonde. Dankie vir almal wat nou reeds besig is om iets op die tafel te sit of bereid is om êrens te help. Skakel gerus met kerkkantoor of Herman Le Roux (083 441 9455) vir enige navrae.

EREDIENSTYE

Vanaf volgende Sondag 7 Oktober begin Oggenddienste weer om 09:00

GOSPEL “SHOW”

Gospelsanger Dewald Gouws kom tree op by Wellington-Oos op Vrydag 12 Oktober om 18:00. ‘n Man met ‘n ongelooflike sangtalent. Toegang is gratis (donasies is welkom) Moet dit nie misloop nie.

MIGHTY MEN CONFERENCE

5-7 Oktober kom al die manne van mighty men weer bymekaar by Môreson Plaas in

Malmesbury. Enige een is welkom. Vir verdere inligting kan u die volgende nommer skakel:

082 850 4559 / Epos: mmc.wc@hotmail.com (Sien ook alle inligting op ons facebook blad.)

KERKRAADSVERKIESING  (22 OKTOBER)

Na aanleiding van die nuwe goedgekeurde kerkraadstruktuur versoek ons graag nominasies wat die volgende groepe op die kerkraad kan verteenwoordig:

 

  1. 5 Leiers uit die VAT-5 VERTEENWOORDIGERS
  2. 2 Leiers wat die KLEINGROEPE verteenwoordig
  3. 1 persoon elk uit SENIOR BURGERS, MANNE, VROUE en JEUG om die groepering op die Kerkraad te verteenwoordig
  4. Die verskillende BEDIENINGE/KOMMISSIES nomineer ook ‘n verteenwoordiger vir die

kerkraad uit eie geledere.

Nominasies (geskrewe of per e-pos) met die naam van die genomineerde sowel as die nomineerder, moet die kerkkantoor bereik voor of op 17 Oktober.

NUWE LIDMATE

Op Maandag 29 Oktober om 19:00 is daar ‘n inligtingsgeleentheid in die Sentrum wat u asb moet bywoon as u by die Gemeente wil inskakel.

JONG VOLWASSENES

Jong Volwassenes ontmoet 10 Oktober om 19:00 in die Sentrum. Bring iets lekker saam om te eet. Skakelpersone: HJ Hickman sel nommer (084 202 1184) / Ds NJ Van As of

Ds Annelet Slazus.

BASAAR KOELDRANK STALLETJIE

Ons is tans opsoek na ’n  persoon wat vir ons die koeldrank stalletjie kan beman by die basaar op 27 Oktober 2018. Die kerkkantoor doen self die aankope van die koeldranke

In die Nuus