Deur : Skriba  /  October 12th, 2018

EREDIENSTYE

 Let asseblief daarop dat ons Oggenddienste nou weer om 09:00 in die oggende begin.

 

PREDIKANTE NUUS

Ds Jan Grobbelaar se afskeidspreek sal op 11 November plaasvind en sy bevestiging op Prins Alfred’s Hamlet is op 18 November.

Op 25 November hanteer Ds Jan steeds die Belydenis van Geloof.

 

NUWE LIDMATE

 Op Maandag 29 Oktober om 19:00 is daar ‘n inligtingsgeleentheid in die Sentrum wat u asb moet bywoon as u by die Gemeente wil inskakel.

JONG VOLWASSENES

Jong Volwassenes ontmoet 17 Oktober om 19:00 in die Sentrum. Bring iets lekker saam om te eet. Skakelpersone: HJ Hickman sel nommer (084 202 1184) / Ds NJ Van As of Ds Annelet Slazus.

 

KERKRAADSVERKIESING  (22 OKTOBER)

 Na aanleiding van die nuwe goedgekeurde kerkraadstruktuur versoek ons graag nominasies wat die volgende groepe op die kerkraad kan verteenwoordig:

 

  1. 5 Leiers uit die VAT-5 VERTEENWOORDIGERS
  2. 2 Leiers wat die KLEINGROEPE verteenwoordig
  3. 1 persoon elk uit SENIOR BURGERS, MANNE, VROUE en JEUG om die groepering op die Kerkraad te verteenwoordig
  4. Die verskillende BEDIENINGE/KOMMISSIES nomineer ook ‘n verteenwoordiger vir die

kerkraad uit eie geledere.

 

Nominasies (geskrewe of per e-pos) met die naam van die genomineerde sowel as die nomineerder, moet die kerkkantoor bereik voor of op 17 Oktober.

 

FIETSTOER (UITSLAE)

Ons wil baie dankie sê aan elke liewe een wat ‘n bydrae gemaak het tot ons fietstoer van 2018. Alles het baie goed afgeloop en almal het hulle gate uit geniet. Ons het ‘n wins gemaak van R4525.30. Dankie weereens aan almal se toewyding en hulp.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Soos in die verlede wil die Vrouediens (Getuienis)   baie graag  weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing, ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur  Ons tyd raak nou baie kort en daarom sal ons dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons weer te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.  Die Kerskaartjies kan heel eenvoudig gemaak word deur bv. ‘n A4 vel papier in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.   Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb. ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie, baie dankie by voorbaat!!!  Kontak: Kerkkantoor of Lounette van Niekerk,  Tel nr. 082 7749039 / 021864 3175   of Ingrid van Deventer 021 873 7914  of  084 882 6445

 

LIGGIEBOOMFEES (JAN KRIEL SKOOL)

Jan Kriel skool hou liggiefees saam met die “band” TWEE. Ingang vir volwassenes is R100 en kinders R20. Vir enige navrae kontak (021) 903 0434

SENIOR KOORFEES

Op Donderdag 18 Oktober om 09:00 sing ons senior Herfsvreugdekoor in ons eie kerk. Almal is baie welkom om te kom luister. Indien enige navrae kontak vir Hetta Cloete by (021) 873 3158 / 082 717 3062

 

JEUG

 Woensdag: 16:00-17:00 KIX

                        17:30-18:30 Tekkies

Donderdag: 18:30-20:00 Muurprop (Alle Gr.7’s is ook welkom)

 

Gr.1-3 Oorslaap Kamp 19-20 Oktober

Is jy reg vir baie lag, speel en gesels? Skryf dan in vir die Gr.1-3 oorslaap 19-20 Oktober by die kerksaal. Bring jou tent, matras en beddegoed en kom kuier lekker saam. Kostes beloop R50 per kind. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Ds. Annelet of by die Kerkkantoor.

NB: Enige tieners wat wil help met die kosspan of as groepleiers by die oorslaap moet asb. vir Annelet kontak voor Woensdag 17 Oktober

 

GLASBOTTELS

 Ons is opsoek na 750ml skroefdeksel mayonnaise glasbottels vir die inmaak van produkte vir die snoekfees 2019.

KOORFEES IN CENTURION

Hugenote Hoërskool se koorkompetisie is op 21 Oktober op kanaal 146, van 17:00-19:00. Hulle is heel eerste op die program. Ons vra dat julle voorbidding sal doen vir hulle. Ons wil vir hulle sterkte en voorspoed toewens vir die kompetisie.

 

SKILDER VIR KERSFEES

Mariette Van Velden soek nog 2 kinders wat iets oor die kersfees wil skilder om gedurende kerstyd in die kerk te hang. Julle kan haar kontak by: 079 881 6861.

ONDERSTEUNINGSGROEP (ANGS & DEPRESSIE)

Bring ‘n vriend of vriendin saam na ons praatjie oor dimensie op 30 Oktober 2018 by die Marthasaal. Almal welkom. Vir verdere inligting kontak kerkkantoor.

 

NG GEMEENTE WELLINGTON-OOS

 Vakante Pos: Finansiële Beampte (08:00 tot 14:00)

 Die ideale kandidaat is pro-aktief, akkuraat,  syfervaardig  en is bogemiddeld bekwaam om die finansiële aspekte van die gemeente te bestuur tot op oorhandiging aan die ouditeure. Goeie menseverhoudinge, die vermoë om onafhanklik en verantwoordelik te werk, asook die effektiewe bestuur van tyd is ononderhandelbaar. Uitstekende vaardigheid van Excel en Pastel is noodsaaklik. Lidmaatskap van ons gemeente en enige vorige ondervinding in ’n boekhou of finansiële hoedanigheid word vereis.

Die pligte behels onder andere:

  • Hantering van alle inkomste hetsy kontant of elektronies. Sluit in alle lidmaat betalings, kollektes, alle kerk aktiwiteite soos bv die basaar, fietstoere, bybelskool, kampe, ens asook alle rekordhouding wat daarmee saamgaan.
  • Personeel aangeleenthede mbt betaling van salarisse en lone tesame met die statutêre betalings op SARS e-filing, asook hantering van verlof en die bestuur van die byvoordele.
  • Voorbereiding van alle begrotings asook maandelikse finansiële state aan al die relevante partye.
  • Bankrekonsiliasies
  • Hantering van die krediteure, maandelikse sinodale betalings, ongevalle versekering en ander betalings aan bv Silwerkruin, ACVV, ens.
  • Tree op as skriba van die finansiële kommissie.
  • Alle ander take verwant aan die pos.
  • Rig u gedetaileerde CV aan: margaux@ulumahr.co.za teen 12h00 op Vrydag 26 Oktober 2018

GROEP 6: POEDINGTAFEL

  • Al die dames van Groep 6 vergader asseblief Dinsdag, 16 Oktober, 18:30, in die konsistorie.
  • Ons sal dankbaar wees vir enige iemand wat kans sien om poeding, boksies vla of jellie vir ons te skenk. Dit kan, soos in die verlede, die oggend voor die basaar kerk toe gebring word (of die Vrydagaand tussen 17:30 en 19:00). Ons sal dit plaas toe vervoer. Kontak gerus vir Amanda Anker by 082 3271 102 of 021 873 7263 indien u enige navrae het.
  • Ons benodig ook 2L-roomysbakke, asseblief. Dit kan by die kerkkantoor of by Sarembockstraat 10 afgelaai word.

 

ONS PROGRAM VIR DIE NAWEEK

Vrydagaand 26 Okt

18:00   Treintjie loop vir die kinders

              Boereworsrolle en koeldranke te koop

19:00 Gemeentekonsert in die kerksaal – Moet dit nie misloop nie.  Sommige het natuurlike talent, ander slaan sommer hul naam met ʼn plank ….. en die beste van alles…. dit is gratis!

 

Saterdag 27 Okt

09:00 Plaasbasaar by Linton Park

Die bussie loop vanaf 08:45 vanaf die Sentrum

Kom kuier, koop na hartelus, proe wyn en bier, luister na die beste plaaslike sangtalent ….. en geniet die pragtige natuurskoon.

14:00 Plaasbasaar loop ten einde

17:30         Treintjie loop vir die “kiddies”

18:00 Wellington-Oos se alombekende HOENDERBRAAI word aangebied op die kerkterrein. Kaartjies volwassenes R75 / kinders R30 te koop by u ouderling / diaken of kerkkantoor.

                  

Sondag 28 Okt

09:00 Sondag erediens (Hervormingsdiens)

 

 

 

 

 

 

In die Nuus