Deur : Skriba  /  November 23rd, 2018

NUWE KERKRAAD

Voorsitter – Herman Le Roux

Onder Voorsitter – Pieter Du Toit

BEDIENINGE

Omgeebediening (Barmhartigheid ens): Du Toit Fourie (0823753244)

Gemeentebediening (Erediens, geestelike opbou van die gemeente, ens) : Roelof Prins  0824148338
Getuienis ( Uitreike en getuienis na buite, ondersteunig aan sendelinge ens): : Ryk van Velden 0828574368
Jeug ( kinderbediening, tienerbediening, jong volwassenes, kampe, kategese ens) : Kobus Oosthuizen 0824922022
Eiendom (Geboue, tuin, klankstelsel, rekenaars): Drikus Kotze 0768109276
Finansies (Begroting en bestuur van kerkfinansies) : Pieter du Toit  0836389823
Vrouebediening ( Bedienng en geestelike versorging aan vroue) : Karen van As  0824467

DEELNAME AAN DIE BEDIENINGE

Skakel asb met die voorsitter indien u betrokke wil raak by een van die bogenoemde bedieninge

DAGBESTUUR: Herman Le Roux

Pieter du Toit

Kobus Oosthuizen

Roelof Prins

Ronél Van Wyk

Danie Theart

Jannie Fourie

Ds NJ Van As

Ds Annelet Slazus

VAT 5 LEIERS :Tinus Broodry,Gordon Johnston, John Smith, Du Toit Fourie,

Ronél Van Wyk

 

VERTEENWOORDIGERS VIR DIE VOLGENDE GROEPE:

Senior Burgers:  Jannie Fourie

Jongvolwassenes:  Nicole Rautenbach

Manne:  Herman Le Roux

Vroue:  Antonette O’ Ehley

 

VAT 5 INLIGTINGSAAND

Al die vat 5’ers ontmoet hul vat 5 leiers op Sondag 02 Desember om 18:15 in die kerk en daarna vier ons saam nagmaal.

 

VERLOF:

Ds Annelet is met verlof van 10-17 Desember en van 27 Desember  –  06 Januarie .

Ds NJ  is met verlof van 18 Desember  – 06 Januarie

Indien u ‘n Leraar benodig van 27 Desember-06 Januarie skakel asb vir Dr Eddie Orsmond by 084 580 3013.

 

KERKKANTOOR

Die kerkkantoor sluit 21 Desember en heropen op 07 Januarie 2019.

 

GEMEENTEFEES

 Die gemeentefees se inkomste is tans R  306 673.00

 

FINANSIELE BEAMPTE

6 Aansoeke is ontvang. Die DVK het besluit om nie nou ‘n aanstelling te maak nie. Grieta Van Zyl los nou af as Finansiële beampte.

 

BELYDENIS VAN GELOOF

Al die graad 10’s wat volgende jaar belydenis van geloof wil aflê ontmoet Ds NJ na die oggenddiens in die konsistorie. Sondag 02 Desember ontmoet ons julle saam met die ouers onder die gallery.

 

BEDIENING IN DIE GEMEENTE

 Ons wil u aanmoedig om betrokke te raak by die bedieninge in die Gemeente. Skakel asseblief met die voorsitters.

 

JEUGBAND VIR MUSIEKBEDIENING

Indien jy ‘n musiekinstrument kan bespeel of wil sing skakel asseblief met Christiaan Schoonbee by 082 567 7055

 

VLEISVERKOPE

Daar sal vleisverkope wees Woensdagaand vanaf 17:30-18:30 in die Sentrum

 

KATEGESE AFSLUITING

Sondag 2 Desember 2018 is dit die afsluiting van die kategese.  Daar word wors gebraai vir die kinders en hul kategete.  Ons nooi al die ouers ook uit,  om direk na kerk, saam met die kinders te kom piekniek. Braaidromme sal daar wees, so bring jou vleis, piekniekmandjie en kombers en kom geniet ‘n  lekker saamkuier!! Vir enige navrae kontak asb vir Annelet.

 GLAS MAYONNAISE BOTTELS

Indien u enige glas mayonnaises bottels het wat u nie gebruik nie, kan u ditenige tyd by die kerkkantoor gaan aflewer.Ons benodig heelwat van dit.

OMGEE GROEP SOEK HULP!!!

Daar is tans 25 behoeftige mense in ons gemeente. Ons kort asseblief DRINGEND onbederfbare kos en toiletware, sowel as skoonmaakmiddels,sodat ons die las oor die feestyd kan verlig.Bring na die kerkkantoor voor of op 7 Desember. Vir navrae, of indien u meer betrokke wil raak by die projek, kontak asseblief vir Helandie Smith (083 548 0757) of die kerkkantoor.

 

 

JEUG

Kinderkerk gaan vandag by Sliwerkruin kersliedjies wees. Ons sal om 10:00 terug wees.

Na die erediens gaan die Gr.4-7 groepe by Huis Lizelle kuier. Ons sal om 10:45 terug wees.

Gr.4-7 Kuierkamp 7-9 Desember

Die Tekkies en # groep nooi alle Gr.4-7 om saam met hulle te kom kamp op Hermanus 7-9 Desember. Op hierdie Kuierkamp gaan ons tonne pret hê, lekker kuier en sommer net die jaar saam vier. Kostes beloop R250 p/p en almal moet hul eie tent, matras en al die gewone kamp dinge saambring. Inskrywingsvorms is aanlyn beskikbaar op Facebook of kontak vir Annelet by 082 337 2161

Blikkies vir Kersfees

Dit is Kerstyd en ons almal is opgewonde oor die vakansie en al die lekker eetgoed en geskenke wat saam met hierdie feestyd kom. Ongelukkig is daar mense wat NIE so bevoorreg is nie, wat nie eers KOS het om te eet nie. Jesus se opdrag aan ons was dat ons Sy liefde ORAL moet uitdeel.

Ons wil julle dus vra om op 2 Desember enige nie-bederfbare kos kerk toe te bring. Al bring elkeen net EEN item, gaan dit ‘n reuse verskil aan hierdie mense maak.

Julle kan dit die oggend voor kerk in die Sentrum kom uitpak. Ons sal na die tyd ‘n foto op ons facebook blad plaas sodat julle kan sien wat ons alles ingesamel het. Asseblief help ons dat dit nie net een sakkie goed is nie!!!

Kersliedpiekniek 9 Desember 19:00

9 Desember se aanddiens gaan ons heerlik piekniek hou in die vierkant terwyl ons kersliedere sing. Bring gerus jou piekniek, kombers, kampstoel en al jou vriende saam.

Tiener Koffie en kuier by Silwerkruin 29 November 

Donderdag 29 November, net na 10:00 nooi ons alle tieners om saam te gaan kuier by Sliwerkruin. Die kerk se bussie sal julle net na 10:00 oplaai by Hoërskool Hugenote en ons sal net so na 11:00 almal aflaai by hulle huise. Laat weet vir Annelet (082 337 2161) teen Woensdag 28 November of jy wil saam gaan.

R5-Basaar 1 Desember 08:00-10:00 in die Sentrum

Op 1 Desember het ons ‘n R5-basaar in die Sentrum. Daar gaan ‘n verskeidenheid van items te koop wees vanaf klere tot speelgoed. Kom maak jou kerskouse vol…alles items slegs R5. Verkope is t.b.v Jeuguitreikaksies

2 Desember Kategese Afsluiting en Plakkies en kortbroek diens

Sondag 2 Desember sluit die jeug hulle jaar af met ‘n worsrolbraai. Kom gerus met julle plakkies en kortbroeke na die diens en dan kuier ons lekker saam na die tyd. Ons nooi alle ouers om ook saam te kom bring-en-braai. Daar sal braaidromme beskikbaar wees. Vir meer navrae kontak gerus vir Annelet (082 337 2161)

 

In die Nuus